kategorieë: Ontspanning

Hello Beneco!

Toe ek by die vertrek instap, kon ek dadelik sien daar is iets anders aan hierdie groep. Daar was blomme en feetjieliggies aan die instrumente vasgemaak, met klein portrette van Frida Kahlo en persiese matte oral op die vloer. Dit het gelyk asof almal op die mat gaan sit en hul harte vir mekaar uitstort, so rustig was die atmosfeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Een vir een stap die groep op die verhoog en twee jong dames neem beheer. Die klanke wat hul instrumente verlaat het, is vanuit ’n tegniese oogpunt meer as wat van so ’n jong groep verwag kan word. Ek was nie verbaas om te hoor dat Bye Beneco op die verhoog by OppiKoppi gesien was en dadelik deur Just Music opgeraap is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is altyd bevredigend wanneer ’n groep se “live” optredes en studio-album presies dieselfde klink, geen wankeling in kwaliteit nie. Die groep noem dat hulle in die opname alles probeer het, elke idee het aandag gekry, dus is Space Elephant iets uniek. Dit is Bye Beneco se eerste album. Moeilik om te kategoriseer, maar maklik om na te luister. Met baie meer instrumente as ’n gewone musiekgroep, is dié groep vol speletjies. Hulle ruil plekke en probeer nuwe klanke, maar die stemme bly hipnoties. Die liedjies wissel tussen vinning en ritmies na stadig en emosioneel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met ’n lied in my hart en ’n glimlag op my gesig was ek daaraan herinner dat Suid-Afrikaanse musiek werklik van puik gehalte kan wees.

Ons gunsteling liedjie op die album is Overwhelm. Met klanke van Indie, folk en ’n bietjie björk is die Space Elephant-album iets anders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir meer oor Bye Beneco gaan na www.justmusic.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.