kategorieë: WenkeSkoonheid

Hennepsaadolie-velsorgprodukte wat jy nou moet probeer

Hennepsaadolie-velsorgprodukte wat jy nou moet probeer deur Corné Greeff. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is hennepsaad en hoe word hennepsaadolie gemaak?

Hennepsaad is afkomstig van die Cannabis sativa-plant en is volgens The Body Shop een van die oudste gesaaide oeste ter wêreld. Nadat die hennepsaad geoes is, word ’n koudgeparste proses gebruik om die olie uit te pers. Dit is ’n natuurlike bron van gamma-linoliensuur (GLA) wat help met die bevogtiging van jou hare en vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Moenie bekommerd wees nie, jy sal nie “hoog” word as jy ’n room wat hierdie olie bevat aan jou gesig smeer nie – die kommersiële gebruik van hennepsaadolie bevat nie die THC-bestanddeel wat jou kan “hoog” maak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is die voordele van hennepsaadolie?

  • Dit help die vel om te herstel wanneer dit deur stresfaktore beskadig is.
  • Dit bevat anti-oksidante en help met teenveroudering.
  • Dit is hoog in omega-3, -6 en -9 wat die vel bevogtig en teen omgewingsfaktore beskerm.
  • Dit dien as ’n anti-inflammatoriese middel.
  • Die vetsure daarin is belangrik vir die vel se balans.
  • Sjampoe en opknappers wat hennepsaadolie bevat, verbeter die tekstuur van jou hare en help met die voorkoming van skilfers en infeksie op die kopvel. Die olie help ook om haarverlies te voorkom en verbeter die gesondheid van die hare.

Hoe gebruik jy dit?

  • Smeer die hennepsaadolie aan jou lyf ná jy gebad of gestort het en masseer dit in. Dit bevogtig jou vel en help met bloedsomloop.
  • Kies ’n skoonheidsproduk wat die olie as bestanddeel bevat.
  • Maak jou eie afskilferaar met die olie en bestanddele wat jy in die kombuis het.
  • Jy kan die olie ook gebruik om jou grimering te verwyder.
  • Gebruik dit om taai produkte soos gom van jou vel af te kry.
  • Smeer aan jou bene of onderarms voor jy skeer en  jy hoef nie ’n skeerroom te gebruik nie.

Soil Organics se doen-dit-self resep vir jou eie afskilferaar

Bestanddele:

  • ½ koppie suiker
  • ½ koppie hennepsaadolie
  • 1 teelepel heuning
  • 20 druppels van jou gunsteling- essensiële olie.

Meng die bestanddele saam en hou dit in ’n glasfles. Gebruik soos benodig.

#rrWenk: Wanneer jy jou bene afskilfer voor jy skeer, maak die dooie velletjies nie jou lemmetjie stomp nie!

Verwyder grimering so met hennepsaadolie

  • Gooi 1 teelepel hennepsaadolie op ’n lappie.
  • Druk die lappie saggies om die dele om jou oë om die grimering te verwyder.
  • Spoel die lappie uit en drup ’n halwe teelepel hennepsaadolie daarop.
  • Vryf in die lappie in en druk die oortollige water uit.
  • Was nou jou gesig soos gewoonlik en verwyder jou grimering.
  • Spoel jou gesig af.

Probeer die volgende produkte

The Body Shop

The Body Shop gebruik al dekades lank hennepsaadolie in hul produkte en die Hemp-reeks is tans een van hulle beste verkopers.

Soil

Die Soil Organic Hemp Seed Oil (Cannabis sativa) (R100 vir 100 ml aanlyn beskikbaar by soil.co.za en Dis-Chem) is ryk aan anti-oksidante en vetsure, ideaal vir lyfsorg. Nadat jy dit aangesmeer het, word die olie vinnig geabsorbeer en laat nie jou vel olierig voel nie. Dit bevat bestanddele van die Cannabis-plant wat geen nadelige newe-effekte het nie. Dit kan ook gebruik word om grimering te verwyder.

TheraVine

Die TheraVine Clarifying Mango Face Balm (R448 aanlyn beskikbaar by theravine.co.za) se twee hoofbestanddele is mangobotter en hennepsaadolie en die room bevat ook ilang-ilang en laventelolies. ‘n Luukse, sagte room vir die nag wat nie net die vel reinig nie maar ook dien as ’n anti-inflammatoriese middel. Dit bevogtig die vel en help met die verligting van aknee.

COWSHED

Die COWSHED Bullocks Muscle Rub Body Oil (R399 beskikbaar aanlyn by beautifulage.co.za) is geskik vir mans en vroue. Masseer in jou vel in ná jy gebad of gestort het. Dit bevogtig die vel en laat die vel sag en glad nie olierig voel nie. Dit help ook met die verligting van seer spiere.

Dr. Organic

Dr. Organic het ‘n groot aantal produkte wat onder hul hennepsaadolie-reeks val. Daar is van velsorg- tot haarsorgprodukte en help met bevogtiging en beskerming.

Produkte beskikbaar aanlyn by drorganic.co.za en TakeAlot

Hempy

Foto: Corné Greeff

Die Hempy Natural Body Oil (R143,95, beskikbaar by wellneswarehouse.com) is ‘n natuurlike bevogtiger en hoog in vetsure. Dit help met die behandeling en herstel van ‘n baie droë vel.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.