kategorieë: Skoonheid

Heuning se skoonheidsvoordele

Die vele voordele van heuning

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Bevogtig

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Heuning is ’n “humectant” wat water aantrek en binne hou. Dit help so dat jou vel meer elasties is en dit maak jou vel meer glansend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Anti-bakterieël

Heuning is ook helend en verhoed dat sekere bakterieë skadelike ensieme afskei en is hierom goed vir aknee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Hoog in anti-oksidante

… en neturaliseer vrye radikale sodat hulle nie elektrone by gesonde selle kan steel nie. So beveg dit ouderdom.

4. Ophelderrend

Dit maak jou porieë oop en keer só dat dit verstop raak.

Gebruik dit só…

Verwyder jou grimering, maak jou gesig klam, wend heuing aan jou vingerpunte en dan aan jou gesig. Jy kan ook ’n bietjie heuing in jou handpalm sit en ’n paar druppels water daarby meng. Maak jou vingerpunte nat en masseer die heuining in. Spoel af met louwarm water.

Ons het dit getoets…

Suzanne Kotzé, skoonheidsredakteur

Kyk, ek was maar taamlik skepties, maar was tog aangenaam verras. Ek het organiese rou heuning aan my gesig gesmeer. Dit was ’n taai affêre en ek het sommer dadelik gedink hiervan hou ek niks. Totdat ek my vingers met water natgemaak het en dit masseer het. Die volgende aand het ek (eers my grimering verwyder, want heuning verwyder nie grimering nie en ek wou dit nie aan my oog-area smeer nie), my gesig effens klam gemaak en toe die heuning aangesmeer. Dit het verseker baie beter gevoel as aand een. My vel het lekker sag en skoon gevoel. Sal ek dit gebruik in plaas van my gewone reinigers? Nee, ek het te veel kennis van jare se navorsing van skoonheidshuise om produkte te ontwikkel. Dis wel lekker om te weet as ek iewers is en ek het my reiniger vergeet, kan ek heuning gebruik.

Justine Kroes, skoonheidassistent en stilis

Ek het eers my grimering met ’n lappie afgevee voordat ek die heuning as reiniger gebruik het. Die eerste gevoel was baie taai, totdat ek ’n paar druppels warm water oor my gesig gevryf het. Ek moet sê, heuning is nie die beste reiniger om te gebruik as jy vals wimpers het nie, en ek het ’n paar wimpers tydens die wassessie verloor. My vel het beslis ná die tyd sag gevoel, maar ek weet nie of ek elke dag my gesig met duur heuning kan was nie!

Michelle Nortje, digitale redakteur

Ek het al probeer om my hare met ’n tuisgemaakte heuning-sjampoe te was en dit het soos ’n bom gewerk! Toe probeer ek heuning ook as ’n gesigwasmiddel. Let wel, ek het rou heuning gebruik. Ek het ’n sensitiewe vel en was daarom skrikkerig vir ’n uitslag of allergiese reaksie, maar die heuning het my vel bevogtig en sag laat voel.

Hoe het ek dit gebruik? Ek het ’n bietjie rou heuning op my hande gesit en ’n paar druppels warm water bygevoeg om die mengsel meer loperig te maak. Ek het dit vir ’n paar minute aangelos en daarna met louwarm water afgespoel. My vel was elke keer sag.

Doen-dit-self gesigskrob: Justine se keuse

Voeg een teelepel suiker by 1 eetlepel heuning. Sit dit op jou hand, meng met ’n paar druppels water om taaiheid te keer en vryf dit oor jou vel.

Ons wenk

Goeie kwaliteit, rou heuing word aanbeveel. Jy sal maar twee potjies heuing moet hê; een vir die badkamer en een vir die kombuis.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.