kategorieë: Blogs

Hier, net hier, is waar ek bly

Dis waarom ek net hier bly. ’n Polities-onstuimig-opwindende plek aan die suidpunt van Afrika waar winterkos soos winterkos proe, jy die Kaapse koue ysig-klam teen jou vel kan voel, mid-winter jou woltrui braaf kan ruil vir ’n kortbroek en plakkies op ’n Durbanse strand en op ’n Johannesburgse winteroggend met ’n lekker boek en stomende koffie ’n gebakte sonkol in die krioelende middestad kan soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar’s meer:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Die stories, o, die stories. Ons het só baie stories. Soos dié van ’n jong vrou wat die week tranerig vertel hoe haar oupa en ouma se liefde jare gelede die grootste toets kon deurstaan. Sy spierwit, hy pikswart. Vandag is hul kinders en kleinkinders suksesvol groot – en trots op die vryheidspad wat hul kon stap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Mense met hart. Ons frons toe die moeë Amerikaanse paar en hul jillende-ek-skat-eenjarige tweeling op die vliegtuig klim. Die kinders skree, die sittendes frons, skuif ongemaklik rond. Met die opstyg staan die oopgesig-boere-akademikus en sy bokstert-buurman nader. Agter is meer plek – julle kan ons sitplekke kry. Die sittendes straal. Die uitlanders ook. En in my kop sien ek hoe trots die manne se Afrika-ma’s blom.

3. Gé, Theuns, Steve, Valiant, Juanita en kie. Want wie, wie anders sing so, net so, oor Jerusalem of bloed of ’n sonvanger of ’n pampoen en Skarumba dan tot die son opkom?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. My mense. Hulle wat nie kan wag vir my huis toe kom nie. Wat in die week se verlang in my skoenekas gaan krap, my trappers aantrek en kleingrootmens laat weet: dis oukei, ons verstaan, ons stap so klein bietjie in jou skoene.

5. Pa, Ma, broers, susters, niggies, neefs en klompe bloedkleingoed. Hulle is hier, om die draai. Belangrikste vir my – hulle is hier.

6. Die berg, ja die berg. Enige berg. Tafelberg, Drakensberg, Magaliesberg, Overberg . . . plekke waar ons skelm skuil en skadu soek.

7. Woorde wat klink, en wink. Want wie anders op hierdie planeet ken ’n koeksister, koekmakranka, klitsgras en kierang so goed soos ons? Wie weet van koeterwaals, roesemoes, kafoefel en karnuffel? Of karnallie? Of pypkan?

8. As ek moeg word vir die lewe in SA. New York, Nairobi, Londen, Sydney, Singapoer en Shanghai. Rio, Washington, Dubai, Denver, Dar-es-Salaam. As ek wil kan ek in ’n oogwink daar wees. Méér nog: ek kan net so vinnig terug.

9. Vat die kans! Die wêreld se oë dwaal min, hulle kyk vir ons. Dié fokus bring kanse, baie kanse – vir jou en my. Maar moenie haastig wees nie – Afrika het sy eie tyd, aanvaar dit so.

10. Natuurlik, kerriekos en melksnysels. Trooskos, huiskos, hartskos. Nêrens smaak dit lekkerder as hier nie.

Ons trek, sê ’n vriendin-se-vriendin-se-vriendin op Facebook. Hoekom, waarom en wanneer vra ek lank meer nie. Dankbaar dat ek weet: hier, net hier, is waar ek bly.

Tot volgende week,

Marí

www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

11 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.