kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 25

Dubbele visie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Johan! Ja, ons is darem al anderkant Barberton. O so? Jy lieg! Regtig? Ek sê jou, dis regtig Isa wat op die lughawe was. Het jy Isa se foto vir die nurses gewys? Wragtag? Hier is iets vreemds aan die gang.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Emily laat Johan aanhou sodat sy die nuus aan Liesl en die kinders kan oordra dat die vrou in die hospitaal ook Isa is! Johan se kontak daar het Isa se foto aan die verpleegsters gewys en haar naam staan op die leggers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié inligting laat almal in die kar se koppe spin van verwarring.

“Toemaar, Johan-hulle gaan bietjie in Isa se herkoms ingrawe. Hier is iets vreemds aan die gang!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy hervat haar gesprek met Johan.

“En die fluitjieblaser? Lana Victor? Nog nooit van haar gehoor nie. O, Gerben se side kick? Wil jy vir my sê die ou nerd word ook by die bedrog betrek? Ag, ek glo dit nie!”

Na die gesprek rapporteer sy die brokkies aan haar reisgenote. Die fluitjieblaser is die vrou wat onder Gerben werk, maar Gerben se beeld is glo silwerskoon.

“Dis nou aldus sy vriendin, die fluitjieblaser. Ek wonder darem oor daai ou. Ek het nog nooit van sy gesig gehou nie. Hy kyk mens mos nie by die oog nie. Nietemin, Johan sal terugbel as hy die misterie rondom die twee Isa’s opgelos het.”

Harry se plaas is tussen Malelane en Komatipoort. ’n Veldwagter wag hulle in Malelane in en ry vooruit om seker te maak hulle verdwaal nie in die donker nie. Hulle is ook maar dankbaar want die kronkelende grondpad van sowat dertig kilometer vanaf die N4 tot by die plaas is baie sleg na die milde reën van die seisoen.

Vanaf die naambordjie, Renostervallei, is dit ’n verdere vyf kilometer tot by die hoofopstal. Talle wildsbokkies en hasies skarrel voor die motorligte verby. ’n Hele paar vlieënde uile mis die Jeep rakelings.

Liesl voel hoe haar gemoed effens begin lig. Die kinders se opgewondenheid oor die wild en ruigheid van die bos herinner aan lekker vakansies in die wildtuin en daar heers ondanks die onderliggende kommer oor Konrad tot ’n effense vakansieluim in die Jeep.

Toe die reuse grys lyf van ’n olifant die pad stadig kruis, heers daar ’n paar minute stilte in die kar.

“Wow! Dis frieken amazing!” laat Ludwig van hom hoor. Hy het as klein seuntjie ’n boek met lyste van al die wild in die wildtuin saamgevat en elkeen sorgvuldig afgemerk. Hy kon baie omgekrap raak as hy na ’n besoek aan die wildtuin nie genoeg van sy gunstelinge soos olifante en renosters kon sien nie.

“Ek dink ek is in die hemel,” sug hy toe die bosreus weer in die ruigte verdwyn. Liesl is in ’n mate bly Ludwig kan die renosterprojek beleef. Dit sal hom goed doen en kan sy aandag van sy pa en die rugbytoer aftrek, glo sy.

Voor die imposante opstal brand ’n vuur in ’n reuse konka om hulle te verwelkom. Harry en ’n trop honde wag hulle in.

“Lekker moeg nê? Julle bagasie sal afgelaai word en by die kothuisies ingedra word. Liesl, jy en die kinders en Emily se kothuise is langs mekaar. Em, gee die Jeep se sleutel dat Jakob en sy helpers julle goed kan gaan aflaai. Ek sal julle later soontoe vat. Kom, laat ons eers ’n dop gaan drink!”

Hy gryp Emily en Liesl elk om die skouer en gee hulle ’n dubbele drukkie.

“Julle twee gedra julle hier op die plaas hoor!”

“Harry, dis nou die twee punte van my hart, Erna en Ludwig. Wees net versigtig, jy gaan dalk nooit weer van Ludwig ontslae raak nie. Hy is van kleins af ’n olifant en renoster freak!”

Sy het die kinders al vertel hoe Harry haar bygestaan het met Maks se besering en herstel. Sy het liefs nie genoem dat dié vriendelike man hulle pa al tot binne in die koidam gemoker het nie.

In die sitkamer wag ’n knetterende kaggel en ’n lang skraal rooikopvrou hulle in.

“Hallo julle! Liesl? Ek is Heila. Harry het al baie van jou en jou hond gepraat!”

Met haar vonkelende groen oë en krullerige rooi hare weet Liesl dadelik die Heila waaroor sy so gewonder het, is Harry se suster. Heila bestuur die plaas terwyl haar broer in Johannesburg praktiseer.

“Hallo, Emily! Uiteindelik gebeur die renosterprojek! Ek hoor jou kameraspan kom môre? Hulle en die ander veeartse wat deelneem gaan in ’n ou plaashuis nader aan die terrein bly. Dan is hulle naby as die renosterhorings behandel word.”

Harry skink vir hulle elkeen ’n glas wyn in en Heila beduie na die snoepgoed eenkant op ’n tafel.

Emily se foon lui. Dis weer Johan. Sy gaan staan op die stoep en praat sodat sy beter ontvangs kan kry. Liesl sluk byna haar hele glas wyn in afwagting af.

Emily is skoon uitasem van opgewondenheid toe sy terugkom.

“Wat? Wat?” por Liesl ongeduldig. Emily trek haar eenkant.

“Liesbet, jy sal nie glo wat ek nou vir jou gaan vertel oor Isatjie nie! Daar is inderdaad twee van haar! Identiese tweeling! Is dit op aarde moontlik dat daar twee van haar soort kan wees?”

Liesl voel of al die inligting van die afgelope weke haar kop gaan laat bars. Wat nog?

“Johan vertel Isa en haar suster, Bella… hoe onoorspronklik van die ouers? Ek meen Isa en Bella? Die ma se naam is glo Isabella en … wag tot jy dit hoor… die pa was ’n spioen in die veiligheidspolisie. Bellatjie is skynbaar die een van die twee met die breins want sy is glo ’n rekenaarspesialis.”

“Emily, ek sê nou vir jou die vrou op die lughawe was Isa. Ek weet dit vir ’n feit. Dit moet Bella in die hospitaal wees!”

“Miskien? Dan is die twee sussies besig met ’n knoeispul. Die naam op die passasierslys is Bella Conradie, Isa se tweelingsus se naam, maar Johan vermoed ook die twee het tydelik identiteit omgeruil en dit is sweerlik Isa wat op pad is Dubai toe.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: verhale

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

19 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.