kategorieë: OuerskapJou lewe

Hiperaktiwiteit: daar’s ’n verskil

* Aandagafleibaarheid dui op ’n gebrekkige vermoë om te fokus en/of te konsentreer
* Aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteit behels gebrekkige fokus sowel as fisieke ooraktiwiteit
* ’n Kind kan net aandagafleibaar wees, of aandagafleibaar sowel as hiperaktief.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dr. Rykie Liebenberg, psigiater en sameroeper van die ADHD South African Special Interest Group, sê onderwysers moet bedag wees op die verskillende maniere waarop AA/HS in die klaskamer presenteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die toestand kom meestal verskillend na vore by seuns en dogters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Seuns se simptome is meer ‘uiterlik’. In die klaskamer is hulle geneig om weerbarstig en lawaaierig te wees. Onbeheersde gedrag soos fisieke aggressie – om voorwerpe rond te gooi, te spring en rond te hardloop – asook emosionele uitbarstings kom voor.

• Meisies met die sindroom se simptome is meer ‘innerlik’. Hulle mag hulle onttrek en baie dagdroom of kronies moeg voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die ontwrigtende optrede van die seuns maak dit makliker om te vermoed dat AA/HS betrokke is. Ongediagnoseerde dogters, aan die ander kant, gedra hulle dikwels ‘goed’ – maar hulle sukkel om te fokus en om te onthou wat vir hulle gesê is.”

Een eienskap van AA/HS wat seuns en meisies deel, is hiperfokus. “’n Kind wat met ongediagnoseerde AA/HS worstel sal tipies op een onderwerp of item fokus en die ander skoolwerk ignoreer.”

Hoewel die klaskamer ’n sleutelomgewing is waar AA/HS geïdentifiseer kan word, moet ’n kind die betrokke simptome by die skool sowel as tuis toon voor ’n amptelike diagnose gemaak kan word.

“As ’n onderwyser vermoed dat ’n kind AA/HS het, moet die ouers onmiddellik gekonsulteer word. Die eerste stap is om seker te maak dat die kind se gedrag nie toegeskryf kan word aan faktore soos ’n egskeiding, mishandeling, of ’n broer of suster wat ernstig siek is nie. As die toestande tuis egter relatief normaal is en die kind by die skool én tuis ’n gebrek aan aandag, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit toon, is dit die beste om ’n professionele mediese persoon te spreek.

“Die verstandige hantering van AA/HS kan ’n groot verskil maak. Dit kan ’n kind help om te fokus en sy of haar volle potensiaal te verwesenlik.”

Inligting verskaf deur Janssen Pharmaceutica

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.