kategorieë: Nuut & NouKos

Hoe om vars blomme as versiering te gebruik

Hoe om vars blomme as versiering te gebruik deur Vickie de Beer. Foto’s: Lee Schwagele van CRPhotographic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vars blomme

Ons sien nou meer en meer dat troukoeke en spesiale koeke met vars blomme getooi word.

Blomkunstenaar Marida Steyn van Paradiso Flowers gee vir ons haar topwenke om koeke met blomme te tooi:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Jy hoef dit nie af te spoel nie

Blomme word nie regtig met gifstowwe bespuit nie so dit is nie nodig om dit af te spoel voor dit gebruik word nie.

Foto: Lee Schwagele

2. Gee dit vooraf genoeg water

Laat die blomme die vorige dag in diep water staan om goed te drink sodat hulle langer hou.

3. Moenie dat die stele aan die koek raak nie

Sny die stele kort en draai bloemisteband, kleefplastiek of foelie om die steel sodat dit nie met die koek in aanraking kom nie.

Foto: Lee Schwagele

4. Maak so om die blomme regop te laat staan

Druk baie dun bloemistedraad in die afgesnyde steeltjies as jy die blommetjies regop wil laat staan op die koek.

5. Pasop vir giftige blomme!

Maak seker jy gebruik nie giftige blomme nie (kyk op die Internet). Blomme met slymerige sap is dikwels giftig. Jy kan hulle steeds gebruik, draai net goed toe met kleefplastiek sodat dit nie aan die versiersuiker raak nie.

Probeer hierdie heerlike resep: Sitrus-amandel-en-lemoenbloeiselkoek met mascarpone

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.