kategorieë: OuerskapJou lewe

Hoekom babas moet kruip

Het ’n dokter, onderwyser of terapeut al gevra of een van jou kinders gekruip het? In haar gebruikersvriendelike ouerskapgids Speel-speel slim: Geboorte tot 3, gee dr. Melodie de Jager inligting rakende kruip.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is kruip?

Vir die doeleindes van dié artikel is seil-kruip (creeping) om op die maag te beweeg. Kruip (crawling) verwys na ’n baba wat haarself van die grond af oplig en op albei hande en albei knieë vorentoe beweeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Is kruip belangrik?

Ja, dit is ’n belangrike mylpaal. Vir ’n baba se fisieke, emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling is dit beter dat sy kruip voor sy loop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Moedig kruip aan deur die loopring weg te pak en plat op die grond met jou baba te sit en speel. Magie- en rugtyd op ’n kombers moedig kruip aan. Waneer ’n baba gereed is om te beweeg, begin sy kla, stoot en vorentoe beur – dit beteken ’n nuwe neurale verbinding begin in die brein vorm. Jou kleinding gaan ’n ruk lank aanhou kerm, stoot en wikkel. Moenie tot haar redding kom nie, want so ontwikkel sy die spiere wat sy nodig het om haar op al vier ledemate op te stoot, en dit sinchroniseer ook haar sintuie en spiere. Gereedmaak vir kruip neem tyd. Gun haar die tyd wat sy nodig het.

Ontmoedig staan voor kruip, anders slaan sy dalk die kruipstadium oor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ontmoedig staan voor kruip

“Kamma”-kruip

Die volgende vorme van kruip hou nie dieselfde voordele in as “gewone” kruip nie:

  • Kommando-kruip

Baba sit sy elmboë op die grond, hou sy bene plat op die vloer en trek homself vorentoe asof hy ’n soldaat is onder aanval van die vyand.

  • Krap-kruip

Baba beweeg homself sywaarts deur een knie onder hom in te vou en die ander been uit te strek.

  • Beer-loop

Pleks daarvan om sy elmboë te buig terwyl hy gewig op sy knieë plaas, hou baba sy arms en bene reguit en beweeg op sy hande en voete vorentoe, soos ’n beer op jag.

  • Swem

Met sy magie plat op die vloer, beweeg baba homself vorentoe terwyl hy sy knieë en arms gebruik asof hy swem.

  • Boud-skoffel

Baba sit op sy boude en beweeg homself vorentoe in ’n rukkerige, springerige hop-beweging deur sy bene uit te strek en dan te buig.

Kruip ontwikkel postuurbeheer, balans, beweeglikheid en manipulasie

  • Postuurbeheer

Postuurbeheer verg spierkrag, om die posisie van al die liggaamsdele in plek te hou wanneer ’n baba of peuter stil is of beweeg.

  • Balans

Balans en postuurbeheer werk saam om die liggaam regop te hou, ongeag of dit stil is of beweeg. Met behulp van proprioseptore oral oor die liggaam, die balanssisteem in haar binne-oor (vestibulêre sisteem) en die oë, weet die brein waar die liggaam is en hoe om te beweeg om regop te bly.

Kruip laat ‘n baba se oë gewoond raak aan ’n nuwe posisie

Voor ’n baba begin kruip, staan sy op haar hande en knieë en wieg. Die wiegaksie sinchroniseer postuur, balans en spierkrag terwyl die baba se oë gewoond raak aan die nuwe posisie (sentimeters hoër as waaraan sy gewoond is.) As ’n baba kruip oorslaan, kry die verskillende liggaamsisteme waarskynlik nie genoeg geleentheid om geleidelik en progressief te leer om saam te werk en die baba se balanssisteem te help ontwikkel nie. Navorsing dui op ’n verband tussen genoegsame kruip en leerprobleme op skool.

  • Beweeglikheid

Dit beteken om van een plek na ’n ander te beweeg. Terwyl sy kruip, word jou baba bewus van die linker- en regterkante van haar liggaam en kruis sy die middellyn tussen die linker- en regterkante van haar brein. Kinders wat nie die middellyn kruis nie, sukkel om ’n dominante hand te ontwikkel; versit die potlood na die ander hand wanneer hulle in die middel van die bladsy kom; en is geneig om in die middel van die bladsy op te hou lees.

Om oor ’n verskeidenheid oppervlaktes te kruip, gee jou baba tas- en proprioseptiewe stimulasie. Dit help haar om te beweeg sonder om na die deel wat beweeg te kyk, en is belangrik vir alle verdere koördinasie.

As jou baba vorentoe, links en regs, en op en af kyk, beïnvloed dit ook visie. Om die fokusafstand tussen die hande en oë te oefen, bedraad die brein vir lees.

Kruip vergroot ’n baba se ruimtelike bewustheid wyer en verder as die beperkende ruimte van ’n stootwaentjie, eetstoeltjie en mat op die grond. Dit gee haar kans om uit te reik na mense en voorwerpe.

Kruip vergroot ’n baba se ruimtelike bewustheid wyer en verder as die beperkende ruimte van ’n stootwaentjie, eetstoeltjie en mat op die grond

As sy haar ervaring van ruimte uitbrei, leer sy van sosiale interaksie en reëls. ‘n Skoolgaande kind wat sukkel om afstand te skat, is geneig om te na aan ander te staan of letters te naby mekaar te skryf. Oogkontak ontwikkel ook in hierdie fase.

  • Manipulasie

Manipulasie behels die manier waarop jy gereedskap met jou hande hanteer, met ander woorde fynmotoriese ontwikkeling. As ’n baba kruip, veroorsaak haar liggaamsgewig dat haar hande oopstrek. Dit versterk die handspiere. Sterker handjies kan makliker akkuraat vat, een blokkie op ’n ander sit en met ’n lepel eet, en later jare ’n kryt vashou, met ’n skêr knip, en ‘n potlood in ’n driepuntposisie vashou.

Jou baba kruip amper wanneer …

Hy ’n paar weke lank op sy knieë gekniel het terwyl hy by ’n lae tafeltjie sit en speel. Kniel is ’n nuwe ervaring wat hom help verstaan hoe dit voel om sy gewig op sy knieë te dra. Dit ontwikkel ook sy beenspiere om sy gewig te dra wanneer hy homself eendag opstoot op sy hande en knieë. Hy oefen druk uit op die gewrigte van sy arms en bene, maar pleks daarvan om vorentoe te beweeg, stoot hy hom agtertoe; sy arms is sterker as sy bene. Die laaste stap word gekenmerk deur ’n paar dae wat hy hom in die kruipposisie instinktief vorentoe en agtertoe wieg.

Die oomblik wat jou baba begin kruip, moet jy almal daarvan vertel! Dis ’n groot prestasie. Vier die oomblik!

Lees ook: Hoe stimuleer jy jou voorskoolse kind?

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.