Hoekom die nuwe spoghotel, Bridgewater, ’n besoek werd is

Die nuwe hotel bied aan besoekers die beste van twee wêrelde. Dit is gebou in reaksie op die toename in die aanvraag na kamers as gevolg van die oorweldigende sukses en gewildheid van sy bestaande hotel, die Urban Square Hotel, en bykomende akkommodasie in die gebied wat nodig is om aan afgevaardigdes by die Century City-konferensiesentrum se behoeftes te voldoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die stylvolle eiendom met 80 kamers kyk uit oor ‘n rustige park van eilande en waterweë wat ses hektaar beslaan, maar tog is dit letterlik net ‘n stappie van die gewoel van Century City se lewendige Urban Square en ‘n hanetreetjie van die immergewilde Canal Walk-winkelsentrum af. Om die voordele van hierdie unieke ligging te vier, is die nuwe hotel ontwerp om ‘n sone van rustigheid in die hartjie van die aktiwiteit te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bridgewater Hotel, geleë op die kruising van natuurlike skoonheid en stedelike energie, bied aan gaste ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite om uit te kies, alles binne maklike stapafstand. Dit sluit in hardloop, fietsry, kanovaart en staan-roei op die waterweë van Ratanga Park en die Grand Canal.

Slim gasvryheid

Met innovasie en gerief in die kern van sy aanbod, is Bridgewater toegerus met die jongste neigings in gasvryheidstegnologie. Vanaf die opsie van ‘n digitale inboek en die deurdagte voorsiening van kragpunte, regdeur tot by die openbare gedeeltes, tot die gemak en spoed van die gratis hotelwye WiFi. Al die kamers het slim-TV’s, gerieflik gelaai met gewilde stroomprogramme soos Netflix en YouTube.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die hoofdoel: ontspanning

Elkeen van die 80 splinternuwe, ergonomies-toegeruste kamers bied ‘n vlak van gemak wat moeilik is om te definieer, maar onmoontlik is om mis te loop. Van die kalmerende, hand-gepoleerde middernagblou aksentmure tot die glimmende kopertoebehore, elke faset van die binnehuisontwerp is gekies om jou te laat ontspan.

Spesiale aanbiedinge

Van romantiese wegbreke tot naweekverblyf, Bridgewater Hotel bied ‘n reeks ekstra-spesiale bekendstellingsaanbiedinge aan. Moenie die geleentheid misloop om meer gasvryheid en gerief vir heelwat minder as wat jy sou verwag het, te geniet nie. Besoek die webwerf vir meer inligting oor die jongste aanbiedinge/spesiale aanbiedinge: www.cchotels.co.za

Bridgewater Hotel is die perfekte blyplek as jy in Kaapstad is om die verskeidenheid van die Moederstad se lekkernye en besienswaardighede te geniet. Of jy nou op soek is na kultuur, kookkuns, sport, fynbos, wyn, natuurlewe, berge of strande; die netwerk van snelweë wat Century City voed, sal jou binnekort by jou bestemming hê.

Vir meer inligting oor Century City Hotels en die opwindende nuwe ontwikkelings in die omgewing, besoek die webwerf: www.cchotels.co.za

Volg Century City Hotels op Facebook, Instagram, Twitter en LinkedIn.

Foto’s: Verskaf

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.