kategorieë: VelsorgSkoonheid

Hoekom jy nou heuning vir ‘n sagte vel en hare moet probeer

Hoekom jy nou heuning vir ‘n sagte vel en hare moet probeer deur Corné Greeff. Hooffoto:  Steve Buissinne/Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die voordele van heuning in jou skoonheidsprodukte

Heuning is ’n natuurlike preserveermiddel en bederf  nooit, daarom word dit eeue lank al in skoonheidsprodukte en as geneesmiddel gebruik. Ons ken mos almal die boereraat van heuning vir keelseer, of as jy ’n seertjie in jou mond of op jou lippe het.

Heuning is ryk aan vitamiene, mikronutriënte, ensieme en anti-oksidante, en het antibakteriële en genesende eienskappe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nie net help die anti-oksidante om veroudering van die vel te voorkom nie, maar die antibakteriese eienskappe help met die verligting en genesing van aknee.

Heuning help ook om water aan te trek en binne te hou, wat help om die vel bevogtig en elasties te hou.

Oulik, nè!

Foto: Myriam Zilles/Pixabay

Heuningprodukte wat jy nou moet probeer

Aloe Unique

Hoekom jy nou heuning vir ‘n sagte vel en hare moet probeer

Die Aloe & Honey Gel Mask (R119) streel en helder die vel op. Dit help ook om die veltekstuur te verbeter sodat die vel minder moeg en meer bevogtig lyk.

LUSH

Gebruik LUSH Honey Trap Lip Balm (R110) om jou lippe te bevogtig en te beskerm. Dis veral uitstekend as jou lippe besonder droog is. Die salfie vorm ‘n beskermingslagie sodat die lippe kan herstel en meer bevogtig voel.

Die Sugar, Ah Honey Honey Lip Scrub (R115) is perfek vir wanneer jy van droë velletjies op jou lippe ontslae wil raak, en om die lippe weer sag te kry.

Die Fairly Traded Honey Shampoo (R145) help met pragtige, sagte en glansende hare. Meer as die helfte van die sjampoe bestaan uit heuning wat die hare  bevogtig en laat blink. Dit bevat ook byewas en essensiële olies. Heuning is ‘n natuurlike bevogtiger en seël die vog in die hare.

RAIN natural skincare

Hoekom jy nou heuning vir ‘n sagte vel en hare moet probeer

Die Bee Essential Remedies-reeks van RAIN benut die magiese eienskappe van heuning om die vel te herstel,  te bevogtig en te beskerm. Die reeks bevat produkte soos die Wild Honey Body Scrub (R165), Hand and Body Lotion (R199), Hand and Body Wash (R199) en die Body Butter and Lip Balm (R254).

Die twee hoofbestanddele in die produkte is heuning en byewas, en dit bevat ook minerale soos kalsium, magnesium en yster. Heuning neutraliseer vrye radikale en bevorder die gesondheid van die vel, verbeter bevogtiging, streel die vel en help dit om te genees en sag te laat voel. Byewas vorm ‘n ryk, romerige, bevogtigende basis vir die meeste van die produkte in die reeks en help om nutriënte en voedingstowwe in die vel te seël.

Burt’s Bees

Die Lip Balm (R99 vir ‘n blikkie en R75 vir ‘n stafie, beskikbaar by Takealot.com) word van natuurlike bestanddele soos byewas en kruisement gemaak. Alle botter, olie en was word op ‘n verantwoordbare wyse verkry, en die verpakking is boonop herwinbaar. Dit laat jou lippe sag en bevogtig voel, sonder om ‘n vetterige lagie te vorm.

Hey Gorgeous

Hoekom jy nou heuning vir ‘n sagte vel en hare moet probeer

Die Honey & Oatmeal Facial Scrub (R180) is soos kos vir jou vel. Dit verwyder dooie selle en help om grimering en ander vuiligheid te verwyder. Terselfdertyd voed en bevogtig dit die vel en help om jou vel sagter en jonger te laat lyk en te hou.

Victorian Garden

Honey & Propolis-ekseemroom (R160, beskikbaar by Faithful-to-nature) bevat onder meer byewas, propolis en organiese heuning. Dit help met die genesing en herstel van die vel en is perfek vir diegene wat sukkel met ekseem of ander geringe velafwykings.

Simply Bee

Die Honey & Rosemary Hair treatment (R135, beskikbaar by Faithful-to-Nature) is ‘n natuurlike haarmasker wat help met die herstel van baie droë en beskadigde hare. Dit bevogtig en beskerm die hare en help om dit blink te laat lyk. Die heuning help met bevogtiging en die byewas met beskerming.

Hoekom jy nou heuning vir ‘n sagte vel en hare moet probeer

Die Honey Face Scrub (R100, beskikbaar by Faithful-to-Nature) skilfer die vel sagkens af en raak ontslae van vuiligheid en droë velletjies sonder om jou vel droog te laat voel. Dit is ‘n natuurlike produk en kan op alle veltipes gebruik word.

Palmer’s

Die Palmer’s Coconut Milk & Honey Body Wash (R66,99 vir 400 ml, beskikbaar by Clicks) is ‘n kombinasie van ‘n bevogtiger en ‘n reiniger. Die seep wend maklik aan en was maklik af, terwyl dit jou vel sag en bevogtig laat. Palmer’s toets geen van hul produkte op diere nie.

The Body Shop

Die Body Shop Almond Milk & Honey Soothing & Caring Shower Cream (R110 vir 250 ml, beskikbaar by Clicks of The Body Shop) is ideaal vir mense wat met ‘n sensitiewe en droë vel sukkel. Dit bevat strelende en voedende bestanddele, soos organiese amandelmelk en heuning. Die room bevat ook geen kleurmiddels nie.

Vir nog goeie skoonheidswenke en raad, loer hier.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.