kategorieë: OuerskapJou lewe

Hoekom stories lees goed vir jou en jou kind is

Hoekom stories lees goed vir jou en jou kind is  deur Mariette Snyman. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kom ons lees ’n storie!

In ons besige wêreld bly rustige saamweestydjies dikwels in die slag. Ouers moet skarrel om by te hou met werk, hul kinders se bedrywighede en behoeftes, sosiale aktiwiteite, en ‘n magdom ander eise. Soms wil hulle net ‘n rukkie sit en hul asem terugkry.

Die goeie nuus is dat die voorlees van ‘n storie vir jong kinders vir hulle én vir jou lekker kan wees. Dit bind julle saam en dit hou groot voordele vir kinders se intellektuele en skolastiese ontwikkeling in. Daarby maak die identifikasie met karakters en situasies hulle emosioneel slimmer – veral as jy tussendeur met hulle oor die storie gesels. En as jy styf teen jou kind sit, skei julle albei sommer ekstra goedvoelhormone af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jy kan jou kinders aan die lees kry

Dis nodig

  • ‘n Opname deur die South African Book Development Council wys dat slegs 35% van alle volwassenes met kinders in die huis vir hulle voorlees.
  • Terselfdertyd wys ʼn 2016 Progress in International Reading Literacy-studiestuk wat op leesbegrip gefokus het dat 78% van alle Suid-Afrikaanse graad 4-leerders nie doeltreffend vir betekenis kan lees nie.
  • Geletterdheidsvaardighede is ʼn sterk voorspeller van kinders se akademiese sukses in alle vakke; kinders wat gereeld stories lees en hoor waarvan hulle hou – in tale wat hulle verstaan – is beter toegerus en gemotiveer om te leer lees en skryf.
  • Onlangse navorsingstudies en opvoedkundekenners is besig om te bewys dat papier meer voordele vir leerders inhou as digitale toestelle, veral wat lees en begrip betref.

Lees ook: Help jou kind se leesvaardighede aan

Dis maklik!

Hier is vyf eenvoudige dinge wat jy kan doen om seker te maak dat storietyd meer gereeld gebeur

1. Skakel alles af en maak tyd om te lees

Skakel jou selfoon af en lees 15 tot 20 minute vir jou kind (klein of groot) voor. Jy is nooit te oud om dit te geniet wanneer iemand vir jou voorlees nie. Ouer kinders kan selfs vir jou voorlees!

2. Kies saam ’n storie

Soek die storie saam uit, op julle eie boekrak of in die biblioteek. Jy kan ook ʼn boekeruil met vriende organiseer.

#rrWenk: Onthou, jy kan gratis aansluit by jou plaaslike biblioteek

3. Kry ’n lekker leesplekkie

Soek ʼn stil, gemaklike hoekie vir saamlees. Maak ʼn tent met ʼn laken en kussings! Sorg dat daar nie speelgoed of toestelle is om die tydjie te bederf nie (maar dalk wil Teddie ook die storie hoor!)

4. Drama, drama, drama!

Dramatiseer die storie met verskillende stemme en aksente. Kry die kinders om klanke soos ʼn motor wat wegtrek, ʼn hoender wat kraai, of ʼn gil te verskaf. As daar ouer kinders is, kan elkeen ʼn sekere karakter se woorde lees.

5. Wees geduldig en geniet die oomblik

Moenie haastig wees nie. Vergeet ʼn rukkie van alles wat gedoen moet word, en sorg dat julle pret het.

Waar kan jy stories kry?

Elke jaar vier Nal’ibali World Read Aloud Day met ʼn splinternuwe storie in al elf amptelike tale. Jy kan jou verbind om die storie hardop te lees en dit aflaai by https://nalibali.org/WRAD-2020. Daar is ook ander hulpbronne op die webwerf

LitWorld verskaf hulpbronne, onder meer “activity guides”, by litworld.org/worldreadaloudday

World Read Aloud Day is ʼn inisiatief van LitWorld.

Loer ook by die READ educational trust om te sien wat hulle inisiatiewe is – jy kan ook ’n gratis storieboek aflaai om te lees!

Lees ook meer oor Book Dash wat poog om storieboeke in al ons amptelike tale (en nog meer!) by kinders te kry. Besoek hul webblad vir nog stories.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.