Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die nuwe kykNET-reeks, Mooiweer en warm-aktrise Carla Smith

By ’n doodgewone kerk in die Hoëveld sukkel dominee Issie om die kerk se koffers vol te kry. Om hierdie rede stem sy in om ’n gereelde Saterdag-mark op die kerk se gronde te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In kykNET se nuwe kleindorpiedrama, Mooiweer en warm, volg ons die lewe van hierdie naweeksmouse en kry ’n blik tot in die diepste hoekies van hul binnewêreld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos die reeks van 13 episodes vorder en ons die aweregse karakters leer ken, vind ons uit die dam wat reg bokant hierdie gemeenskap sit, gaan bars … en al wie hiervan weet, is die wetenskaplikes wat oor min tot geen mensekennis besit nie.

Gaan die dam dit hou? Wat as die groot storm kom?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling sluit onder andere die talentvolle aktrise Carla Smith in. Jy sal haar vir haar toneelspel in veral Tydelik terminaal en Troukoors herken. Sy het ook laas jaar die goedvoel-Kersfliek Desemberdiewe geskryf en die regie daarvan behartig.

In Mooiweer en warm vertolk sy die rol van Cezanne Dippenaar, die einste geoloog wie se verslag die moontlike ramp voorspel. Sy volg in haar oorlede geoloog-pa se voetspore en is passievol oor haar werk by Geo Solutions, al word sy nie altyd ernstig opgeneem nie …

Karlien Meiring het meer oor hierdie nuwe reeks by die veelsydige Carla gaan uitvind.

Foto: Astrid Jamois

Wat kan jy vir ons van jou nuwe reeks, Mooiweer en warm, en die karakter wat jy daarin vertolk vertel?

Die reeks is deur Paul C Venter geskryf, Ephraim Gordon en Zandré Coetzer het die regie behartig en ek was in die geselskap van mense wat ek net te dankbaar was om te kon leer ken. Die reeks vat ’n mens tot binne in jou buurman se sitkamer, na die kerk en in die kloof. Dit is ’n heerlike blik op die tipe mense in ons land. Dit bied ’n merkwaardige karakterstudie vergesel met ’n skietstyl wat diemilieu goed vasvang. Alles in Afrikaans. My karakter is effens buite die kerk se wêreld en beweeg eerder in ’n wêreld van haar eie. Sy is hardkoppig, eiesinnig en doelgerig – en sy skrik regtig vir niks nie.

Wat geniet jy meer: Om toneel te speel, te skryf of self in die regisseurstoel te sit?

Skryf is definitief die tydrowendste. Dit vat die meeste energie en is baie eensaam omdat dit net jy jou en jou skootrekenaar is. Regie en teater is my gunstelinge. Albei verg jou volledige aandag en al jou energie, en omdat jy konstant tussen spelers en departemente rond bons, is jy nooit alleen nie – dis meer van ’n spansport. Dis vir my lekker om toneel vir ’n rolprent of vir TV te speel, maar die “hurry up and wait” is weer vir my frustrerend. Dit voel asof ’n mens maar net ’n klein deeltjie doen, in plaas van dat jy ’n aktiewe rol in die hele proses speel.

Wat is jou droomrol wat jy nog eendag sal wil vertolk?

Ek het nie verskriklike droomrolle nie, maar eerder droommense met wie ek sal wil werk. ’n Goeie kreatiewe span lok my na enige projek. Die mede-spelers, regisseurs en skrywers waarna ek opkyk, maak enige projek ’n leerproses, ’n ervaring en ’n fees. Ek hoop om altyd nuuskierig te bly, nuwe genres en onderwerpe aan te pak en om nooit ooit verveeld te raak nie.

Foto: Christine de Coning
Foto: Christine de Coning

Watter reekse geniet jy om op die oomblik te kyk?

Ek hou meer van rolprente as reekse, maar ek het onlangs met my aanstaande skoonfamilie Downton Abbey gekyk. The Crown, Frasier en Call my Agent is ook gunstelinge. En dan is Ally McBeal ’n heerlike plesiertjie om mee af te skakel.

Met watter karakter wat jy al vertolk het, identifiseer jy die meeste en hoekom?

Seker met Renske van Laastes. Haar impulsiwiteit, energie en eenvoud hou ek van. Tog identifiseer ek ook met haar teenpool, Emma van Terminaal 3 (’n teaterproduksie). Ek hou van hoe kompleks sy is, haar binnewêreld en hoe sy ’n balanseertoertjie tussen haar doodnormale lewe met ’n huis en kinders en haar werksloopbaan doen. Dis baie vreemd hoe die karakters wat jy vertolk dikwels so baie oor jou eie persoonlikheid verklap. Ek besef dit gewoontlik eers wanneer ek so halfpad deur is! Dis een van die lieflike reise van akteur-wees: Die konstante selfondersoek en dieper grou. En al het ek dalk niks met die karakter in gemeen nie, maak ek tog iets daarvan myne – ’n stemtoon, ’n mannerisme, ’n mening.

Foto: Nardus Engelbrecht

Mooiweer en warm wys Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar.


Lees ook: Nuwe kykNET-reeks verskaf klein dorpie drama & humor

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

1 hour Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

19 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

22 hours Gelede

My ma se appeltert

23 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.