kategorieë: HareSkoonheid

Doen dit self: Romantiese haarstyle vir Valentynsdag

Doen dit self: Romantiese haarstyle vir Valentynsdag deur Corné Greeff. Hooffoto: ghd

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir lang hare: Sagte, romantiese krulle

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sagte krulle lyk altyd elegant en romanties en met ’n klein bietjie hulp van jou krultang kan jy in sewe maklike stappe hierdie mooie styl sommer by die huis skep. Dié voorkoms is perfek vir diegene wie se hare in ’n langer, of selfs ’n korter bob,  gesny is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die beste wenke vir sagter, soenbare lippe

Stap 1

Skep volheid met ‘n haarpoeier of sproei wat bedoel is om volume in jou hare te skep. Maak seker jy wend die produk net op die wortels van jou hare aan.

Stap 2

Berei jou hare voor deur ‘n mousse of haarsproei slegs van die middel van jou hare tot by die punte aan te wend. Dit sal help dat jou krulle langer hou.

Stap 3

Begin agter by die onderste hare net bokant jou nek. Vat ‘n klompie hare en plaas jou krultang horisontaal onder die gedeelte en hou die krultang se mond oop.

Lees ook: Maak só gereed vir jou spesiale afspraak

Stap 4

Vou die hare nou rondom die krultang en hou dit vir 5 tot 8 sekondes.

Stap 5

Werk nou stelselmatig boontoe tot by jou kroontjie gesien. Begin altyd onder en hou die krultang in die rigting weg van jou gesig af, soos jy op die foto kan sien.

Stap 6

Rond die voorkoms af deur van die korter gedeeltes of jou kuif ook te krul.

Stap 7

Kam die krulle liggies met ‘n borsel uit en skep volheid deur die krulle effens terug te kam.

Spuit laastens jou hare met ʼn haarsproei om seker te maak jou kapsel  bly die hele aand mooi.

#rrWenk: wil jy jou hare uit jou gesig hou, is ’n mooi knippie ’n blitsige oplossing.

Vir korter hare

1. Heerlike tekstuur

’n Kort snit met ’n effense tekstuur werk baie goed vir ‘n aandvoorkoms. Gebruik ’n tekstuursproei, of was om jou kuif ’n bietjie volheid te gee.

2. Teruggekamde bob

Hare wat in die klassieke bob gesny is, hoef nie vervelig te lyk nie. Klik hier om te sien hoe vinnig en maklik hierdie teruggekamde bob vir ons skoonheidsredakteur, Suzanne Kotzé, geskep is.

Lees ook: Vinnige vlegsel-bolla

Haarstyle vir fyn hare

8 dinge wat jy moet weet voordat jy jou hare blond kleur

6 wenke vir fotomooi hare

Doen dit self: Oulike haarstyl met vlegsels

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.