6. Hoendernekkie-kerrie
6. Hoendernekkie-kerrie
Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• 30 g botter
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 1 kg hoendernekkies
• sout en swartpeper
• 30 ml (2 e) koekmeel
• 1 ui, fyn gekap
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 5 cm stukkie gemmer, fyn gekap
• 1 rooi brandrissie, fyn gekap
• 30 ml (2 e) koljandersaad, fyn gemaal
• 15 ml (1 e) komynsaad, fyn gemaal
• 15 ml (1 e) paprika
• 15 ml (1 e) garam masala
• 30 ml (2 e) fenegriek
• 2 x 400 g heel geskilde tamaties
• 1 x 400 g klapperroom
• hand vol koljander, gekap
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
1 Verhit die helfte van die botter en olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.
2 Geur die hoendernekkies met sout en swartpeper, bedek met die meel en skud die oortollige meel af.
3 Braai die hoender in sarsies tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant. Braai die ui, knoffel, gemmer en brandrissie vir 5-7 min. of tot goudbruin in die oorblywende botter en olie.
4 Voeg die koljander, komyn, paprika, garam masala en fenegriek by en braai vir nog 2 min.
5 Voeg die hoendernekkies en heel tamaties by en geur met sout en swartpeper.
6 Laat prut vir 20 min. oor lae hitte, of totdat die sous lekker verdik.
7 Voeg die klapperroom by en kook vir nog 5 min.
8 Sit voor met vars koljander en klapperskaafsels.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.