Resep: Vinnige hoenderkerrie
Genoeg vir 6

Bestanddele
- 45 ml (3 e) masala-kerriemengsel (of na smaak)
- 125 ml (½ k) koekmeel
- sout en gemaalde swartpeper
- 8 hoenderborsies, in repies gesny
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 2 grootuie, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 2 x 410 g–blikke heel, geskilde tamaties
- 250 ml (1 k) ongegeurde laevetjogurt
- vars koljanderblare
- 500 ml (2 k) gaar basmatirys
Metode
- Meng 30 ml van die masalapoeier met die koekmeel, sout en swartpeper.
- Rol die hoenderrepies in die meelmengsel en skud die ergste meel af.
- Verhit die olyfolie in ’n pan en verbruin die hoender daarin, verwyder en hou eenkant.
- Soteer die uie en die knoffel in dieselfde olie tot sag en deurskynend.
- Voeg die tamaties en die res van die masala-poeier by die uiemengsel.
- Voeg die hoender by en prut vir nog 15 min. of tot die hoender gaar is. Geur met sout en swartpeper.
- Roer die jogurt en koljanderblare deur en sit met basmati rys voor.
Lees ook:
