kategorieë: Dekor

Houthuisie 1: Leeshoekie

Met die gebrek aan genoeg ruimte het ek die hulp van ’n Wendy-huisie ingespan om my nessie groter te maak. Ek het ’n behoefte gehad aan ’n plekkie waar ek kan lees of ’n vriendin vir ’n koppie tee nooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Voorbereiding
Dit is belangrik om die area voor die tyd goed gereed te kry. Alle gras en klippies is verwyder en met ’n dik laag swart plastiek bedek voor die huisie geïnstalleer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die struktuur is redelik grof, so dit is eers sorgvuldig afgeskuur en met ’n goeie onderlaag geverf. Daarna het ek pastelkleure gekies om by die atmosfeer van die kuierhoekie te pas. Kies ’n goeie buiteverf om die struktuur teen wind en weer te beskerm. Die binnekant van die huisie is met wit bedek om ’n gevoel van ruimte te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dekor
Die huisies kom in verskillende groottes en die moontlikhede is eindeloos. Ek het op wit rottangstoele besluit en van geblomde kussings gebruik gemaak. Die huisie spog ook met twee vensters wat met gordyntjies die area warm en vrolik maak.

Omdat hierdie spesifieke huisie twee groot waenhuisdeure bevat, kan jy die area vergroot deur die deure oop te maak en die kuier-area met tuinmeubels te verleng. Ek het op ’n fyn ysterstelletjie besluit omdat dit by die grootte van die huisie pas. Laastens het ek ’n klein paadjie van sementblokke en klippies gebou om die hoekie mooi af te rond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nou vir daardie koppie tee …

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.