kategorieë: BlogsOntspanning

In ander nuus … deur Ilse Salzwedel

In ander nuus … deur Ilse Salzwedel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In ander nuus … deur Ilse Salzwedel

As jy soos ek is, voel dit seker nou al of jy ‘n oordosis van Covid-19 gehad het.

Nie net al die feite waarmee ons gepeper word nie, maar ook die nimmereindigende fopnuus, grappies (gelukkig is die meeste nogal snaaks!) en al die raad wat oral rondvlieg oor alles van kinders besig hou tot kophou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Terloops, my enigste wenk om kop te hou is eenvoudig: vermy sosiale media, of filter dit baie goed – op die manier vermy jy negatiewe mense, al die beterweters én fopnuus, drie goed wat nie een van ons op hierdie stadium nodig het nie.

Hierdie blog gaan nie nóg raad vir lockdown uitdeel nie.

Maar maak beslis seker dat jy gereeld ‘n draai op ons webwerf maak vir goeie leesstof, lekker resepte en hope inspirasie tydens grendeltyd.

Vandag is dag 7 van lockdown, en ek dink nou al ses dae oor watter invalshoek die meeste aanklank sal vind by rooi rose-lesers.

Toe besluit ek om drie goed met julle te deel wat my geïnspireer het en bietjie gedwing het om asem te skep die afgelope paar dae.

Want ja, as jy ‘n vrou en ‘n ma is, is lockdown beslis nie ‘n tyd vir leeglê op die rusbank nie. Dit voel eintlik of ek harder werk as voorheen, en ek is seker by jou is dit ook die geval.

Ek hoor by vriendinne hoe baie base die volle pond vleis verwag (en sommer ‘n ekstra paar gram, net om te verseker dat jy nie dalk verveeld is nie 🙄 ). Dan is daar kos om te maak, wasgoed om te was, huise om skoon te maak en tuine om in stand te hou – sonder hulp. Boonop is baie van ons nou skielik onderwyseresse ook!

Ek het nog altyd gespot dat ek nie tuisonderrig sal kan doen nie, want my kinders gaan dit dalk nie oorleef nie, en voila! Skielik besluit die universe ons almal moet dit minstens een maal in ons lewens probeer!

Gelukkig is my jongste in matriek en kan ek hom in elk geval met min help, maar my hart bloei vir ma’s met jonger kinders en skooltake en uitgewerkte lesplanne.

In ander nuus … deur Ilse Salzwedel iStock/Vivali In ander nuus … deur Ilse Salzwedel

Tussen al die honderde nuusbrokkies en WhatsApps en dinge deur was daar die afgelope week drie pragtige video’s wat my laat nadink het oor die “nuwe” normaal wat meer as die helfte van die mensdom tans beleef. Dit wys dat nie eens ‘n tyd soos wereldwye inperking en ‘n gevreesde virus  kreatiwiteit en vreugde kan keer nie. Ons het steeds baie om voor dankbaar te wees (‘n ordentlike  dak oor jou kop, kos in jou kaste, gesondheid, ‘n werk, familie en vriende, jou tuin), en daar gebeur steeds baie mooi en inspirerende dinge in die wêreld daar buite. Al gebeur dit ook nou op nuwe maniere (dankie tog vir slimfone!)

Musiek bly vir my een van die lekkerste maniere om van die alledaagse te ontsnap, en hierdie musiek is nie net mooi om na te luister nie – kyk gerus ook na al die verskillende gesigsuitdrukkings van die kunstenaars in isolasie.

En as jy kan, luister met oorfone, wat jou boonop ‘n lekker verskoning gee oor hoekom jy nie kon hoor wat jy van plan is om te maak vir ontbyt/middag/aandete nie.

(Terloops, nog ‘n uitstekende rede om sommer heeldag oorfone in jou ore te hê, is ons lekker podsendings – gaan loer gerus hier ).

Die Internasionale Operakoor (Coro Internazionale Lirico Sinfonico) van Italië was een van die eerstes wat besluit het om hulle musiek digitaal op te neem om die wêreld te inspireer. Soos jy waarskynlik weet, is Italië een van die lande wat die swaarste getref word deur COVID-19 (met 13 155 sterfgevalle en meer as 110 000 infeksies terwyl ek hier skryf).

Medici is in ‘n styd teen lewe en dood gewikkel, en die land se mense is sedert 9 Maart in nasionale kwarantyn (wat basies op dieselfde neerkom as ons inperking.)

La Scala, die wêreldberoemde operahuis in Milaan, was een van die eerste openbare plekke in die land wat reeds voor inperking gesluit is nadat personeellede positief getoets het vir die virus. Vir die passievolle Italianers moes dit ‘n swaar slag wees – opera en musiek is so eie aan hul leefstyl soos pasta en goeie wyn.

Nadat die inperking aangekondig is, het gewone Italianers hulle deure oopgegooi en vir mekaar Everything will be alright (Andrà tutto bene) gesing as teenvoeter vir die swaarmoedigheid.

Die operakoor moes ook noodgedwonge al hulle repetisies en optredes staak, maar het besluit om die wêreld as’t ware na hulle huise te nooi om ‘n bietjie hoop en vreugde te bring. Die Slawekoor uit Verdi se Nabuco is ook nie om dowe neute gekies nie, aldus die beskrywing by die video.

Va’ pensiero, soos dit in Italiaans heet, is ‘n belangrike deel van die Italiaanse geskiedenis en word deur baie Italianers beskou as ‘n soort nie-amptelike volkslied. In die huidige stryd om lewe en dood waarin die land gewikkel is (wat ook ‘n reuse impak op die ekonomie gaan hê) is die lied ook simbolies van die verlies aan vryheid, nes dit die geval was vir die Joodse slawe in Verdi se beroemde opera. Ek hoop jy geniet die video.

Plaaslik het die Roedean Skool in Parktown, Johannesburg – onder leiding van koormeester Ralf Schmitt – Leonard Cohen se bekende Hallelujah virtueel opgeneem. En as Ralf se naam vir jou bekend klink, hy is ook die man onder wie se aanvoering die Ndlovu Youth Choir tot in America’s Got Talent se eindrondte gevorder het.  Lees gerus ons artikel oor hulle hier )

En as jy meer hou van die klank van ‘n simfonie-orkes, is hierdie opname van Ravel se Bolero deur die Franse Simfonie Orkes nogal iets om na te kyk:

Nou ja, vanaand eet ons sop en brood, en die brood gaan homself nie bak nie – dankie tog vir kollega Vickie de Beer se heerlike maklike broodresepte

Intussen, hou moed – this too shall pass!

Of soos die immer positiewe eienaar van die aftreeoord in die wonderlike rolprent The Best Exotic Marigold Hotel altyd gesê het: “Everything will be alright in the end. And if it is not alright, it is not the end.”

Groete van huis tot huis! (Ek dink nie daar was onlangs ‘n tyd wat hierdie woorde so letterlik toegepas kon word nie.)

Ilse

In ander nuus … deur Ilse Salzwedel
Foto: Andrea Caldwell

As jy In ander nuus … deur Ilse Salzwedel geniet het, gaan jy beslis hierdie gesprek tussen haar en Erns Grundling geniet! Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.