Internasionale Vrouedag: Die rooi rose-redaksie vertel wat vandag vir hulle beteken

Die rooi rose-redaksie bring hulde aan vroue deur te vertel wat Internasionale Vrouedag vir hulle beteken, waarom dit belangrik is om vroue vandag te vier en hoekom hulle trots is om in 2022 ‘n vrou te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Anlie Janse van Rensburg, rooi rose-redakteur

Vroue is nie sukkelaars nie. My ma was ’n goeie voorbeeld van ’n vrou wat haar staal kon wys en het haar huishouding én beroep as rekenmeester ewe goed bestuur. Haar ambisie het haar gedryf, en so ook myne. Vroue laat dinge gebeur, en daar is geen rede om vir enige uitdaging terug te deins nie. Glo aan jouself, hou uit en aan en jy sal die vrugte pluk. Met soveel vroue wat al berge versit het, is dit ’n inspirasie om ook hoogtes te wil bereik. Sterk vroue maak my trots omdat hulle wys waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

Hanlie Huisamen, kunshoof vir rooi rose

Die intensiteit van die lewe beteken dat ons meestal moet fokus op die dag wat voorlê en om die beste te wees wat ons kan vir ons geliefdes. Dit is hoekom Internasionale Vrouedag so belangrik is om ons te herinner om te vier wie ons is en diegene wat ons gevorm het. Vir my is dit my ma, my suster en ’n paar vriendinne wat my elke dag inspireer om as mens te groei en ‘n bydrae tot die samelewing te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }
Dit is ook ‘n oomblik om te besin oor hoekom ons sulke dae moet hê – om te fokus op vrouekwessies wat nog nie opgelos is nie. Kom ons hoop soos ons dogters grootword, sal vrouekwessies nie meer ‘n probleem wees nie en sal die nodigheid vir sulke dae verminder.

Rese van der Hoven, teksredakteur vir rooi rose

Vrouedag is vir my ’n dag om te besin oor wat dit beteken om ‘vrou’ te wees (hetsy jy so gebore is, of later in jou lewe besef het dis wie jy is), en om dankbaar te wees vir al die vroue in ons geskiedenis wat baklei het vir ons om vandag te kan wees waar ons is. In 2022 is ek trots om ’n vrou te wees omdat ons sterk is; ons skep vir mekaar ’n ondersteunende netwerk van susters; en ons het lief soos wat niemand anders kan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Stefanie Titus-Petersen, dekorassistent vir rooi rose

Terwyl ek dink vroue moet elke dag gevier word, is ek geneig om enige herinnering aan ander te omhels, en om te steun op die eindelose waarde wat vroue in die samelewing bring.

Samelewings word gebou en ondersteun deur vroue en ek is meer trots as ooit om, in 2022, tussen vroue te loop wat eienaarskap neem in elke ruimte wat hulle betree. Ons aanvaar nie meer verskonings en staan geen tyd af aan die idee dat ons op enige manier minder is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Amy-Lee Steenkamp, moderedakteur vir rooi rose

Vir my beteken Internasionale Vrouedag om vroue te vereer. Om die impak wat vroue het te verstaan en te vier en ons mag op te eis. Om die skoonheid wat vroue besit en ook my eie krag op te eis om die vrou te word wat ek wil wees. Vrouedag is ook ‘n platform om alle vroue te inspireer en op te hef.

Ek is trots om ‘n vrou in 2022 te wees, want ek het gegroei tot die vrou (wat ek net gedroom het om te word), en ek is mal oor die lesse en ervarings wat ek geleer het om my te help vorm. Ek is voortdurend verstom oor wat ek in staat is om te doen, hoe ek as vrou groei en ek is trots om te weet ek kan net nog verder groei.

Hunter Erlank, mode-assistent vir rooi rose

Internasionale Vrouedag verteenwoordig dit waarvoor vroue voor ons geveg het. Dit demonstreer die krag en vermoëns van ‘n vrou en die konstante stryde wat ons dag na dag moet voer en oorwin.

Vroue in 2022 veg steeds vir gelykheid en teen die patriargie. Ek is trots om deel te wees van die klein alledaagse treë vorentoe en die eenheid en vroulikheid wat ons bereik het. Vroue ondersteun altyd vroue.

Zerelda Esterhuizen, vryskutteksredakteur en -skrywer vir rooi rose

Ek dink sulke dae soos Internasionale Vrouedag is belangrik omdat dit ons herinner aan die pad wat vroue moes stap tot gelykheid en ook aan die feit dat vroue steeds in talle lande onderdruk word. Ons het ’n ver pad gekom sedert die dae waar vroue nie eens universiteit toe kon gaan nie, maar vroue word vandag steeds in baie gevalle minder as mans betaal en daar is steeds bedrywe waar vroue as die “swakker geslag” gesien word. Dan praat ek nie eens van die geweld teen vroue nie …

Ek is trots om ’n vrou te wees en dit gaan nie daaroor om bra’s te verbrand nie.  Vroue het ’n stem. Ek leer my dogter dat mense nie in boksies geplaas word nie en dat geslagte nie gestereotipeer moet word nie. Sy kan ’n robotika-ingenieur, ’n motorwerktuigkundige of ’n mode-ontwerper word as sy wil. Maar geslagstereotipering gaan albei kante toe. Mans moet ook nie in boksies geplaas word nie. Individualiteit moet gevier word. Ons is (dankie tog) nie almal dieselfde nie.

Hooffoto: Joel Muniz vir Unsplash

Lees nog: Anys Rossouw oor die industrie van hoop

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.