kykNET se eerste hibriede Silwerskermfees skop volgende week af

Omdat dit gelyktydig by die Bay Hotel in Kaapstad se Rotunda én op die Silwerskermfees-webwerf plaasvind, kan fliekliefhebbers van regoor die land vanjaar saam fees vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Registrasiefooi

Die registrasiefooi vir die virtuele fees beloop R190 vir vier dae se puik plaaslike filmpremières. Die inkomste hieruit sal aan die Tribuo-fonds geskenk word, wat in die lewe geroep is om vermaakliheidskunstenaars wat as gevolg van die Covid-19-pandemie in finansiële nood is, by te staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Almal wat die fees virtueel wil bywoon, kan op die Silwerskermfees-webwerf registreer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Vanjaar se Silwerskermfees-program sluit nege rolprente in wat meeding om die gesogte Silwerskermfees-toekennings, asook sewentien kortfilms wat met die ondersteuning van kykNET en die Silwerskermfees vervaardig is.

Speelfims in kompetisie

Alhoewel die speelfilms in kompetisie tydens vorige Silwerskermfeeste uitsluitlik rolprente was wat hul wêreld- of Suid-Afrikaanse debuut by die fees gemaak het, sluit vanjaar se program ook rolprente in wat deur kykNET en M-Net befonds is, maar reeds in teaters of op DStv se BoxOffice vrygestel is omdat die fees weens Covid-19 uitgestel moes word. Dié drie rolprente is Kaalgat Karel, Klein Karoo 2 en vanjaar se amptelike Suid-Afrikaanse Oscar-inskrywing in die kategorie Beste Internasionale Film, Barakat.

Foto: Barakat

Die fees se hibriede speelfilmprogram tussen 23 en 26 Maart bestaan uit die volgende speelfilms:

Beurtkrag – 23 Maart om 17:30

Foto: Beurtkrag

Beurtkrag maak sy wêreldpremière by die fees. Vir dié blinknuwe speelfilm het die glanspaartjie Ivan Botha en Donnalee Roberts kragte saamgesnoer met regisseur Jozua Malherbe (Griekwastad) om die draaiboek van die gelyknamige 2015Silwerskermfees-kortfilm tot ’n vollengterolprent te verwerk.

Indemnity – 23 Maart om 20:00

Foto: Indemnity

Travis Taute se senutergende aksiefliek spog met ’n fantastiese rolverdeling met, onder andere, Gail Mabalane en Hlomla Dandala. En Jarrid Geduld lewer ’n kragtoer as ’n brandweerman wat op die vlug slaan wanneer hy van die moord op sy vrou verdink word. Indemnity het reeds op internasionale stroomdienste gehore gaande gehad en kritici het die puik kinematografie en spesiale effekte lof toegeswaai. 

Down So Long24 Maart om 17:30

Foto: Down So Long

Down So Long is ’n eksperimentele satiriese komedie-drama wat draai om Joseph Mabena. Hy woon saam met sy vrou en hulle uitgebreide familie in ’n oorvol huis in die informele nedersetting Hangberg, waar almal gedurig onder mekaar se voete is en almal alles van mekaar weet. Angie Mills (regisseur) en Damir Rodonic (vervaardiger) het die storie so outentiek moontlik vertel deur slegs van twee professionele akteurs gebruik te maak. Die res van die rolverdeling kom uit die Hangberg-gemeenskap.

Stiekyt – 24 Maart om 20:00

Foto: Stiekyt

’n Vorige Silwerskermfeeswenner Etienne Fourie, wat ná sy bekroning vir Die windpomp ook feesgehore bekoor het met Dis koue kos, skat en Liewe Kersfeesvader, is in die regisseurstoel vir dié riller. Stiekyt is vervaardig deur Homebrew Films, wat vir hul puik televisieprogramme bekend is.

Vlugtig25 Maart om 17:30

Foto: Vlugtig

Nes Beurtkrag is Vlugtig ’n verwerking van ’n Silwerskermkortfilm. Vir Vlugtig, die speelfilm, is dieselfde regisseur, Marinus Gubitz, aan die stuur van sake. Talle spelers wat in die kortfilm te siene was, is weer op die skerm, maar dié keer is die talentvolle Jane de Wet ook deel van die rolverdeling. Jane, bekend vir haar rolle in Showmax se The Girl from St. Agnes en kykNET se Spoorloos: Steynhof het in 2019 die Silwerskermtoekenning vir Mees Belowende Jong Ster vir haar spel in Griekwastad verower.

Gaia – 25 Maart om 20:00

Foto: Gaia

Gaia is die eerste ekologiese gruwelfliek in Afrikaans. Sedert dit by die hoog aangeskrewe South by South West-fees in die VSA in Maart verlede jaar gepremière het, het dié grensverskuiwende rolprent wêreldwyd lof in entoesiastiese resensies ontvang. Gaia het Variety se gesogte Top 15 Horror Movies-lys vir 2021 gehaal en is ook op die ign.com-top-13-lys en die Forbes-top-10 ingesluit. Gaia het verskeie internasionale toekennings by prestige-ryke filmfeeste opgeraap, insluitend die prys vir Beste Kinematografie by South by South West.

Loer in by die Silwerskermfees-webwerf vir volledige opsommings en die lokprente van dié rolprente.

Kortfilms in kompetisie

Vanjaar se kortfilms, wat deel vorm van die projek om jong filmmakers se talent te slyp, sluit films in ’n verskeidenheid genres in wat uiteenlopende temas verfrissend aanpak.

In ’n paar van die kortfilms op vanjaar se Silwerskermfees-program bevind karakters hulself op die verkeerde tyd op die verkeerde plek – altyd ’n goeie resep vir ’n sielkundige riller met ’n kinkel in die kabel. In Baber is dié donker plek ’n makabere barbierswinkel op die Kaapse Vlakte, waar die eienaar en sy dogter van plan is om meer as net ’n kliënt se hare te laat waai. Irshaad Ally van Suidooster-faam, wat die rol van die kliënt vertolk, is ook te sien in Verstikking – dié keer as ’n skatryk sakeman wat na ’n rooftog in ’n ondergrondse parkeerarea op ’n eienaardige manier wraak neem. In Aan/Af beland ’n doodgewone ou in die woonstel van sy bejaarde Duitse buurvrou waar alles beslis nie pluis is nie.

Ongewone aksiehelde is op ongewone missies in twee van die kortfilms en vir die eerste keer spog die fees met ’n post-apokaliptiese wetenskapsfiksie-kortfilm in Afrikaaps. Moorddadige masjiene maak jag op die laaste oorblywende mense in die Kaap in die grensverskuiwende My beskermer. Die ander aksiefilm is Nagvoël, wat gaan oor ’n superheld wat tikverslaafdes les laat opsê in die hoop om lid van die Suid-Afrikaanse Superheldliga te word.

Gesinsverhoudings veral dié tussen ouers en hul kinders word op ‘n vars, uiteenlopende manier benader  in Bennie Bingo, Bittersoet en Sporadies Nomadies. Ons praat hier van ‘n verlore seun wie se vreemde transformasie en gepaardgaande selfopgelegde stilswye ‘n familie se jaarlikse tradisie – ‘n bingo-kampioenskap – lelik beduiwel in ‘n sweet komedie-drama;  ‘n oupa met Alzheimers wat skielik by ‘n Kersete waar die ma reeds ‘n probleem het met haar seun se gay-romanse, skielik iets oor sy eie liefdeslewe onthou wat niemand weet nie; en ‘n sukkelende rocker-musopa wie se vervreemde matriekdogter noodgedwonge by hom aansluit op ‘n road trip

Foto: Bittersoet

Dan word swangerskap uit nuwe hoeke belig in Katvis en Skyn. In Katvis neem n paartjie n ongewone besluit wanneer die biologiese klok te vinnig begin tik, en in Skyn word n ‘n sukkelende kelnerin onkant gevang word met ‘n broodjie in die oond ná ‘n dronk aandjie en ‘n vreemdeling in haar bed.

Maar die liefde kan enige plek toeslaan – byvoorbeeld in ’n hangkas in n polisieman se huis,  soos in Twintig tone in n hangkas, of tussen twee eeueoue vampiere op die Kaapse Vlakte. Dít gebeur in Net ons. In Die Horries is daar geheime agente met die uitsluitlike missie om jou die horries te gee ná ’n nag se gefuif. Maar wat gebeur as ’n Horrie gevoelens ontwikkel vir ’n Horrie-kollega?

Vrywater speel af in ’n heel ander fantasie-ruimte. ’n Kolonie seewateraanbidders met eiesoortige rituele hoop op die vervulling van ’n langverwagte profesie. Maar dit berus alles op die optrede van ’n rebelse uitverkorene wat dalk eerder haar eie hart gaan volg.

In skrille kontras tot dié flieks word sosiale kwessies realisties aangespreek in films soos Bergie, Die groensone en Leemtes en leegheid. In Bergie word ‘n wetstoepassingsbeampte wat haweloses moet verwyder, gekonfronteer met die lyding van ander. Die groensone gaan oor ’n seun en sy bejaarde pa wat gedurende die grendeltyd saam in ’n woonstel vasgekeer is. In Leemtes en leegheid worstel ’n weduwee in haar 70’s met die dood van haar man.

Silwerskermfees program

Die volledige program vir die tiende Silwerskermfees is beskikbaar op www.silwerskermfees.co.za.

Lees ook: Nadia terug op kykNET

Hooffoto: GR Stocks vir Unsplash

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.