Aandag alle passievolle tuiskokke wat wondere in ‘n kombuis kan verrig! Jou kans om op S3 (voorheen bekend as SABC3) se bekende MasterChef South Africa-verhoog te skyn, is hier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
As jou disse vriende en familie weer en weer laat opskep, kan dit jou teken wees dat jy ‘n kans staan om ons land se volgende kossensasie te word. Om nie eens te praat van die allemintige prys van R1 miljoen waarmee die wenner sal wegstap nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deelnemers moet Suid-Afrikaanse burgers ouer as 18 jaar wees, met geen vorige professionele sjef-ervaring nie. Al wat jy nodig het, is ‘n liefde vir kos, ‘n aanleg om onvergeetlike disse te maak, en ‘n begeerte om jou talent aan die nasie ten toon te stel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Om jou voorskoot in die ring te gooi, besoek die amptelike MasterChef South Africa-webwerf by www.masterchefsa.tv.
Die sperdatum vir inskrywings is 15 Maart 2024. Moenie hierdie geleentheid misloop om jou kulinêre vaardighede ten toon te stel en jou lewe dalk vir altyd te verander nie.
Twintig talentvolle deelnemers sal gekies word om die ikoniese MasterChef-voorskoot aan te trek en hul vaardighede in die kombuis ten toon te stel.
Onder bekende beoordelaars se oordeelkundige oë sal deelnemers opwindende uitdagings in die gesig staar deur bestanddele van die Pick n Pay-spens te gebruik om heerlike meesterstukke te skep.
Lees ook: ‘Dutch Baby’ met eksotiese sampioene & brosgebraaide spek
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.