kategorieë: Reis

Italië in SA

Ons was by Montecasino se eerste ‘Made in Italy’-fees, en dit was omtrent ’n fees! Aangesien Montecasino klaar soos iets uit Italië lyk, was dit die perfekte bestemming vir stalletjies om met hul ware te kom spog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My fees het die Vrydagmiddag begin. Na werk was dit ’n kort rit na Fourways waar ek by die Sun Square hotel vir die naweek ingeboek het. Die kamer is modern uitgelê met ’n pragtige uitsig oor Montecasino se Piazza. Ek loer by my venster uit en sien die lang wit tafels met sambrele wat reg staan vir gaste om te begin kuier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toe dit begin skemer word, was dit die perfekte tyd om te gaan stap. Stemme trek deur die lug en die klank van kinders wat by die fonteine speel, hang vrolik om my. My eerste stop was die La Marina Foods stalletjie waar luukse kosprodukte soos White Rock kaas met geglasuurde vye my asem weggeslaan het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Dolce Gabanna en Versace-meisies het met hul parfuummonsters gesorg dat ek ook Italiaans ruik. Aandetes was moeilik om van te kies, want die meeste van die restaurante het saamgespeel en ’n spesiale Italiaanse gereg aangebied (met ’n Peroni-bier natuurlik!) Ek het op ’n lekker filo- en halloumi-pastei van Die Contessa la Cucina se stalletjie besluit.

Elke middag en aand was daar ’n fliek wat op die groot skerm in die Piazza gespeel het om te sorg dat daar gratis vermaak vir almal was. Ek stap vrolik terug na my kamer toe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Na ’n lekker buffet-ontbyt by die hotel sluit ek aan by een van die baie kos-demonstrasies. Sjef Benny, (MasterChef SA-beoordelaar), Deena (wenner van MasterChef SA 2014), sjef Blake en sjef Kenny het ons geleer om gnocci, risotto, ratatouille en lekker skemerkelkies aanmekaar te slaan.

Die Dolce Gabanna en Versace-meisies het met hul parfuummonsters gesorg dat ek ook Italiaans ruik

Nog stalletjies wag vir my. Ek leer baie oor olywe, kruie, koue vleis en sangria van The Farm Nursery, In-Vino-Veritas en International Deli Distributors. Die eienaars is kenners en ek maak ’n nota om by hul winkels te gaan inloer wanneer die fees verby is. Tussen die restaurante was daar ’n kunstenaar wat spotprente doen terwyl verbygangers oor sy skouers loer om sy vordering te sien.

Na aandete by Ciao Baby Cucina besluit ek op ’n feesdrankie van Original Cocktails en kuier verder by die ander fliekgangers onder die sterre in die Piazza.

Sondagoggend word ek wakker en sien ’n koue grys dak van wolke buite my venster. Gelukkig kan mens binne Montecasino die gevoel van ’n warm sonnige dag kry as gevolg van die oulike binnenshuise versiering. Die Illy Coffee stalletjie het heerlike koffie en warm sjokolade wat my van binne af warm gemaak het. My laaste stalletjie vir die naweek was die gewilde C.Cremona & Sons kaas maatskappy wat vir die fees hulle kaas teen baie goeie pryse verkoop. ’n Lekker blok gouda en emmental spring sommer in my handsak en vra om saam met my huis toe te gaan.

Ek pak my tassie en maak reg om Italië te verlaat. Die Ferrari’s in die Piazza knipoog vir my, en binne ’n halfuur is ek weer terug by die huis.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.