kategorieë: Ons menseBekendes

Ivan Zimmermann se groot vasbyt

Tour d’Afrique staan bekend as ’n uitdaging vir die gees, lyf en fiets. Ivan het deur tien lande gery. Sy tog het hom al langs die Nylrivier af, verby tempels, deur die Soendanese woestyn en die Bybelse landskappe van Ethiopië geneem. Hy het die ekwator in Kenia oorkruis en verby die legendariese Kilimanjaro, Malawi-meer, Victoria-watervalle en die buitewyke van die Kalahari en Namib-woestyn gery op sy tog tot by Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit was ’n lewensveranderende ervaring waaruit hy baie geleer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek het geleer met hoe min besittings mens eintlik gelukkig kan wees en hoe belangrik fisieke uitdaging is om gesonde selfvertroue te kweek. Ek het weereens besef dat dit belangrik is om nie op te gee nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy het ’n paar jaar gelede ’n laagtepunt bereik en sou toe nie kon droom dat hy ooit so ’n tog sou aanpak nie.

“Ek was toe nie positief genoeg nie en het ook nie die regte selfvertroue gehad nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit wat hom kilometer vir kilometer gedryf het, was sy passie om ’n verskil aan ander mense se lewens te maak.

“Ek het baie boodskappe van mense ontvang wat gesê het hoe geïnspireerd hulle is en dat hulle ook vasbeslote is om nooit tou op te gooi met wat hulle aanpak nie.”

Met so ’n lang moordende tog is dit vanselfsprekend dat jy teëspoed sal kry.

“Ons het hitte-uitputting in Soedan gehad. Ons het letterlik vir agt dae in 40 grade Celsius gery.

Ek het ook griep gekry in Kenia en ’n knie-besering het my die eerste week in Egipte gepla.

Die mooiste ervaring van die roete was die natuurskoon in Tanzanië.

“Dit en die kleur van Namibië was pragtig. Dit was natuurlik vir my ’n baie gelukkige oomblik die dag wat ek Suid-Afrika binnegery het.”

Hy sal beslis weer so ’n tog aanpak.

“Alhoewel, nie dieselfde roete nie. Die volgende een wat ek sal aanpak, is van Sjanghai na Istanbul.”

In die volgende maande wag ’n vol program vol motiveringspraatjies onder die titel: ‘Leaders never quit.”

*Ivan het sowat 5 000 blikkieskos ingesamel deur die, Can-a-Kilo, inisiatief. Lees meer hier: ivanzimmermann.com

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.