kategorieë: Skoonheid

Meng jou eie aromaterapie-olies

Dis vinnig, maklik en heerlik om jou eie olies te meng. Dit sal jou huis en badkamer in ’n aromatiese koninkryk omskep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die vermenging van aromaterapie-olies is van die maklikste dinge om te doen, en die resultate is wonderlik. Jy het ’n bottel met ’n drupper en van jou gunsteling aromaterapie-olies nodig. Jy kan dit by die apteek en gesondheidswinkels koop en kan uit verskeie geure kies. Jy kan basis-olies soos druiwepitolie, avokado- of gousblom-olie kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Begin deur ’n aromaterapie-olie in ’n bak te drup (ongeveer vyf druppels). Voeg nou van die ander geure geleidelik by. Ruik voortdurend aan jou versnit tot jy iets kry wat perfek vir jou neus is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jou mengsel nie heeltemal reg is nie, kan jy weer begin. Dit is ’n leerproses wat jy dalk nie die eerste keer sal regkry nie. Sodra jou versnit reg is, verdun dit met jou basis-olie (nie aromaterapie olies). En giet in die bottel met drupper.

Kombineer ’n paar geure

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir ontspanning
– Kamille
– Laventel
– Sandelhout

Vir verjonging
– Mirre
– Patchouli
– Rosehip

Vir energie
– Basiliekruid
– Wierook
– Lemoen

Vir massering
– Bergamot
– Malva
– Ylang ylang

Dit is lekker om te eksperimenteer. Gebruik jou versnitte in die badkamer in ’n olie-brander of op jou vel as ’n parfuum. (Toets eers of jy allergies is daarvoor).

Dit kan heerlike geskenke vir vriendinne wees!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

5 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.