Ons pragtige voorbladvrou vir Julie 2015 en stylkoningin, Jackie Burger, deel haar geheime vir ’n stylvolle voorkoms.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hoe is jy grys sonder om oud te lyk?
Dit gaan vir my oor styl en selfbeeld. Ek was reeds in my vroeë dertigs grys (ek het my pa se silwerdos geërf!) en het sonder om te twyfel dit aanvaar en begin eksperimenteer met moderne haarstyle. My modestyl is uniek en ek het ’n positiewe en kreatiewe lewensuitkyk.
Hoe versorg jy jou hare?
Ek het ’n wonderlike haarstilis, Dawid Kriel van Institute Aesthetics in Somerset Wes, wat seker maak my hare lyk altyd goed versorg en glansend. Hy gebruik ’n silwer sjampoe om die kleur in stand te hou (grys hare kan gou ’n geel ondertoon kry). Ek was my hare slegs eenkeer per week om die natuurlike olies te stimuleer en kry maandeliks ’n behandeling en knip.
Het jy enige haarsnitte wat jy vind die beste werk by grys hare?
Dit hang af van jou haartekstuur. Ek het fyn hare en gee voorkeur aan style wat korter is (dit pas ook beter by my gesigsvorm). Maar dan gaan dit vir my nie oor my haarkleur nie, maar waarvan ek hou. Grys hare word met ouderdom geassosieer, net as ons dit toelaat.
En dan, hoe moet jy jou grimering dra as jy grys is?
Ek verkies minimalistiese grimering met aksente soos donker (veral rooi) lipstiffie en goed versorgde wenkbroue. Ek belê in goeie velsorgpatrone vir ’n natuurlike voorkoms.
* Lees ons volledige onderhoud met Jackie op bl. 16 van ons Julie 2015-uitgawe. Het jy al opgelet die ’nuwe’ gesigte op voorblaaie, loopplanke en in advertensies is, hoe sal ’n ou dit nou stel, nie so danig jonk, jeugdig of vars nie? Om die waarheid te sê, silwer en grys hare, plus ’n klompie opsigtelike plooie, beleef nou ’n mode-oomblik! Ons gesels ook met Gabi Rosenworth en Jenni Button.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.