kategorieë: InspirasieJou lewe

Jan-Herman Els: Swemmer met Downsindroom en elf wêreldrekords

Jan-Herman Els van Pretoria (16) is met Downsindroom én ’n passie vir swem gebore. Sy eerste swemafrigter, Elaine Smith, het sy talent raakgesien toe hy nog ’n kannetjie van vier was. Later is hy deur Lizette Botha afgerig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sedert Oktober 2013 word Jan-Herman by die Universiteit van Pretoria afgerig deur Neville Smith. Die eerste Northern Tigers Swimming-ouderdomsgroepgala waarin hy deelgeneem het, was teen niegestremde swemmers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Internasionale deelname

Toe Jan-Herman tydens ’n nasionale byeenkoms onder andere die Down Syndrome International Swimming Organization (DSISO) Junior Wêreldrekord vir 50 m rugslag geslaan het, het die deure vir internasionale deelname oopgegaan. Hy is genooi om die 2015 DSISO Europese Ope Swemkampioenskappe in Loano, Italië, in November 2015 by te woon.

Ten spyte van ’n fietsongeluk ’n paar maande tevore waarin hy sy sleutelbeen gebreek het, het hy ’n goue medalje in die 25 m-rugslag en ’n brons medalje in die 25 m-vryslag gewen. Hy was die jongste atleet by dié byeenkoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In Julie vanjaar (2016) het 1 000 atlete met Downsindroom 36 lande by die World Trisome Games 2016 in Florence, Italië, verteenwoordig. As 16-jarige was Jan-Herman die jongste lid van ons nasionale swemspan (foto hierbo) wat deur SASA-II (South African Sports Association for the Intellectually Impaired) saamgestel is.

In hierdie stadium is Jan-Herman die houer van elf Junior DSISO wêreldrekords, 14 Kortbad Afrika- en 12 Langbad Afrika-rekords!

’n Avontuur

Izelle en haar skoonma, Annemarie Els, het Jan-Herman na die Wêreldspele vergesel. “Die spanlede was twee-twee ingedeel in kamers,” vertel Izelle. “Jan-Herman het die spangees en vriendskappe ongelooflik baie geniet. Hulle is so bederf, met splinternuwe sweetpakke, swemdrag, heerlike etes en die pragtige hotel. Jan-Herman is lief vir kompetisie en ontwikkel vriendskappe met swemmers uit ander lande.

Jan-Herman en Izelle

“Dit was ontsettend warm, so hulle het ekstra hard geoefen en was ekstra uitgeput in die aande. Die dagprogram was baie druk en besig, met uitdunne in die oggende en finale in die middae tot aande. Selfdissipline is so belangrik, maar ons is dankbaar – hy kan heeltemal onafhanklik funksioneer, wat dit vir hom makliker gemaak het.

“Dit was vir my en my skoonma ’n enorme voorreg om dit mee te maak. Wanneer jy sien hoe hierdie kinders/volwassenes met Downsindroom álles insit en voluit deelneem, kry jy skaam oor jou eie ondankbaarheid. Hierdie atlete verdien elkeen die hoogste lof en eer, want die hoeveelheid tyd en konsentrasie wat hulle moet insit om op hierdie standaard te kan deelneem, is baie meer as dié van ’n normale persoon. Hulle is sulke eerlike en dankbare mense om by te wees. Ons het baie gelag en baie gehuil.”

Terug by die huis

Jan-Herman oefen ses dae per week. Sy swempad is ’n spanpoging tussen Izelle en Jan-Herman se pa, Andries, Izelle se ouers en die afrigter.

“Die intensiteit van sy oefentye kan baie druk plaas op ons as gesin, indien ons nie daarop fokus om ‘n balans te probeer handhaaf nie.”

Club 21

Izelle is die stigter en uitvoerende direkteur van Club 21 Learning Centre NPO in Pretoria. “Daar is op die oomblik 32 leerders, vanaf twee tot 17 jaar oud, elkeen met Downsindroom. Die sentrum is ’n absolute seën in ons lewe. ‘Skool’ is die hoogtepunt in Jan-Herman se lewe. Hy ‘behoort’, voel tuis, kan teen sy eie tempo en op sy eie vlak ontwikkel en weet dit is sy mense en ‘sy pêlle’, soos hy sê.”

Kontakinligting vir Club 21: tel: 071 682 0485; web: www.club21school.org Facebook: www.facebook.com/club21school

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.