kategorieë: VelsorgSkoonheid

Kry ’n “jonger” nek

“Ons het ’n spiergroep genaamd die Platysmal-bande wat die buitenste vellaag en vet styf teen die onderliggende nekstrukture moet hou. Dit is die spiere en die vet wat net onder die vel geleë is wat die vel moet steun en wat dun raak as ons ouer word,” verduidelik dr. Alek Nikolic, ’n estetiese mediese praktisyn en stigterslid van die SA Allergan Medical Aesthetics Academy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Besoek www.skinmiles.com en www.dralek.co.za.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die vel op jou nek en decollete (van jou nek tot bo jou borste), is dun met ’n baie klein vetterige ondersteuning en verouderingsveranderinge sluit in ’n verlies van kollageen en elastien, verhoogde deurbloeding (are) en pigmentasie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tech-nek

Nog iets wat jou nek kan tref as jy ouer word, is “Tech nek”. Daar word vermoed dat die konstante vorentoe buiging van die nek as jy jou skootrekenaar, tablet of slimfoon gebruik, die nekvel en onderliggende ondersteuningstrukture oor lang tydperke oormatig strek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit lei tot vinniger veroudering en by jonger pasiënte kry jy nek-voue of plooie. Beide die nek en die decollete sal verouderingsveranderinge toon as die vel daaraan blootgestel word,” sê Nikolic.

Kry ’n jonger nek

Die beste tuisversorging is om jou vel teen die skadelike strale van die son te beskerm. Wend sondbrandmiddel met ’n hoë beskermingsfaktor aan die gesig en nek. As jy velsorgprodukte vir jou nek en die decollete koop, kies dié wat ryk is in antioksidante soos vitamien C. Kies ook bestanddele wat selgroei bevorder soos vitamien A of retinol. Dit sal jou nekvel gesonder laat lyk en voel en pigmentasie verwyder, fyn lyne verminder, hidrasie verhoog, kollageen stimuleer asook elastien-produksie verhoog.

Versorg jou nek en die decollete

Ons het  vier van die beste nek- en decollete anti-verouderingsprodukte getoets:

Clarins Restorative Neckline and Neck Concentrate (R1 100), bevorder ’n meer jeugdige vel en bied ’n elegante voorkoms op die kwesbare decollete en nek by vroue oor 45. Hierdie nie-olierige konsentraat verhoog die kwaliteit en tekstuur van die vel.

Gatineau Defi-lift 3D (R950), stimuleer elastisiteit en vermy die kreukel-voorkoms van ’n verouderde nek, keel en decollete.

PREVAGE Anti-aging Neck and Décolleté Firm & Repair Cream (R1045), bestaan uit ’n luukse formule met gevorderde idebenone-tegnologie en bevat ’n proteïen-herstelkompleks wat die droë, sensitiewe en kwesbare vel in die nek en decollete beskerm.

skinPhD Neck Firming Cream (R420), ’n wetenskaplik gevorderde Biomimetiese peptied en ultra-suiwer uittreksel uit alge help om die natuurlike produksie van kollageen te stimuleer.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.