JAN se nostalgiereis in die Franschhoek laventellande

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die inspirasie vir JAN Franschhoek kom uit die TV-program, JAN RSVP, wat op VIA gekyk kon word en wat op Showmax stroom. Die kulinêre ervaring word in ’n historiese kothuis, Veepos, reg in die middel van die Franschhoekvallei se skilderagtige laventellande aangebied. Die aand is ’n perfekte pasmaat van ’n nostalgiese storie met kos en voortreflike wyn, en gaste ervaar die verhaal deur Jan Hendrik se interpretasie van onthoukos uit ons jongdae.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jan Hendrik vertel dat hy in sy jonger jare altyd by die pragtige huisie in die laventellande by La Motte – wat van die pad sigbaar is – verbygery het. “Ek onthou ek het altyd gewonder hoekom dit nie ’n super eksklusiewe eetplek is nie. En hier is ons deur nou oop vir die kulinêre nuuskieriges.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hy beskou hierdie nuutste avontuur as ’n huldeblyk aan sy vroeë jare in die wynlande, toe hy besig was om sy vaardighede te slyp en die skoonheid van die omgewing te ontdek.

“My jare in die wynlande het so ‘n groot deel van my kulinêre en ontwerpopleiding gevorm dat ek nog altyd wou terugkom vir meer. Ek dink dit is soos om ‘n goeie wyn te drink. As jy eers ’n proe gehad het, wil jy aanhou om dit te geniet.”

Gaste arriveer by die historiese La Motte herehuis vir ’n glas vonkelwyn en word dan na die klein Veepos oorkant die pad vervoer. Die geboutjie is horingoud en met gedroogte kruie wat uit die dak hang, moerkoffie wat op die oop vuurherd prut en ou sepiafoto’s, kan jy jou verbeel dis op oupa en ouma se plaas donkiejare gelede.

Gaste word by die hek verwelkom en stap dan deur die laventellande na die historiese Veepos, waar die kulinêre ervaring aangebied word.
As mens so by die ruite uitloer en die laventellande buite sien en die groot boerpampoen in die vensterbank, kan jy jou verbeel jy is weer kind op ’n familielid se plaas.

Daar word hande in ’n waskom en beker gewas, voor die spys en drank bedien word. Daar is net een langtafel wat 16 gaste kan huisves en almal kuier oor en weer, soos in die ou dae, vertel Jan Hendrik.

Daar is net plek vir een langtafel waarby 16 gaste kan sit.
’n Lekker verfrissende drankie met boegoe en tuisgemaakte vrugtesap.

JAN Franschhoek neem gaste op ’n sensoriese reis wat bestaan uit bestanddele wat deur die berg en rivier geïnspireer is. Voor elke gang verduidelik een van die sjefspan wat die beduidenis van die dis is en met watter wyn dit geniet gaan word. Wanneer Jan Hendrik nie self in die land kuier nie, word die nostalgiereis voortgesit onder leiding van JAN Groep se uitvoerende sjef, Antro Davel en hoofsjef Anzette Klynhans.

’n Kaas-, neute- en vrugtetafel wat aan ’n antieke skildery herinner. Met ons aankoms was die helfte van die heerlikhede nog in voorbereiding en sou dié tafel uit sy nate bars teen die tyd wat ons by dié gang kom. more
Die spyskaart vir die aand verklap nie al die klein tussenin bederfies nie.

Die maaltyd wat ten tyde van ons besoek bedien is, het onder meer biltong Lamingtons, ’n braaibroodjie makrolletjie en bobotie jaffel choux as verwelkomingshappie met ’n glas Vin de Joie Rosé 2018; daarna forel-en-komkommer somerslaai met Pierneef Sauvignon blanc 2022; koolstoof roosterbrood consommé met koue botter en baba mosbolletjies met La Motte Chardonnay 2020; gevriesde appel, tête de moine, Bergrivier tilapia met skelvis-melk velouté met die JAN White Blend; kookkos met die Pierneef Syrah Viognier 2019; en pap brandsel, kaas en konfyt met die JAN Red Blend ingesluit.

As verwelkomingshappie peusel ons aan biltong Lamingtons, ’n braaibroodjie makrolletjie en bobotie jaffel choux met ’n glas Vin de Joie Rosé 2018.
Koolstoof roosterbrood consommé met koue botter en baba mosbolletjies is met La Motte Chardonnay 2020 geniet.

Die tameletjie meringue is met Boekenhoutskloof Noble Late Harvest Semillon bedien. Diegene wat nog plek gehad het, kon moerkoffie en mignardises geniet.

Die wyne van La Motte sluit die Vin de Joie Rosé 2018 en die La Motte Chardonnay 2020 in. Die Boekenhoutskloof Noble Late Harvest Semillon word saam met die nagereg bedien.

Kos te mooi om te eet. Die gevriesde appel, tête de moine en Bergrivier tilapia met skelvis-melk velouté, is met die JAN White Blend voorgesit.
Moerkoffie vir diegene wat na al die lekker eet nog ’n gaatjie het.

Jan Hendrik se restaurante sluit ook twee kulinêre afsetpunte in, die JAN Innovation Studio in Kaapstad en Klein JAN by Tswalu en Restaurant JAN in Nice, Frankryk.

Lees ook: Nuwe enkelmout whisky voltooi sirkel vir Nels

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

5 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

8 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

9 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.