kategorieë: ReisOntspanning

Vraelys: Wat is jou Cape Union Mart-avontuurstyl?

Kaapstad Toerisme het ’n opname oor binnelandse reis gedoen en 85% van die respondente het genoem dat hulle beplan om 2023 meer plaaslik te reis. Cape Union Mart het daarom hierdie vraelys opgestel om mense se persoonlikhede by hul ideale bestemmings te pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Odile Hufkie, Cape Union Mart se bemarkingsbestuurder, sê: “As avontuurkenners, wil ons graag mense help om emmerlysavonture te beplan. Ons vraelys vertel jou vinnig of jy ’n gemaklike avonturier, ’n buitelug-liefhebber of ’n adrenaliensoeker is. Ons pas dan jou belangstellings by plaaslike uitsoekbestemmings en moet-hê-benodigdhede.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter avonturier is jy? Voltooi die vraelys:

Watter tipe vakansie verkies jy?

  • A) Ontspan op die strand
  • B) ’n Padreis deur ’n provinsie
  • C) Om na aan die natuur te wees

Wat is jou persoonlike fiksheidsvlak?

  • A) Ek is nie so aktief nie en geniet daarom rustige aktiwiteite
  • B) Ek is redelik aktief, maar doen nie graag iets ekstreem nie
  • C) Ek is fiks en hou daarvan om myself uit te daag

Wat is jou gunsteling-buitelugaktiwiteit?

  • A) Om op die strand te lees of om langs ’n swembad by ’n wildreservaat te ontspan
  • B) Om op ’n staptog te gaan of om iets nuuts of eksoties te probeer
  • C) Fisieke aktiwiteite met hoë intensiteit, soos reksprong of rotsklim

Hoe voel jy oor kampering?

  • A) Dis nie my ding nie
  • B) Ek hou daarvan om in die buitelug tyd deur te bring
  • C) Kampering bring my nader aan die natuur

Sal jy ooit valskermspring?

  • A) Beslis nie
  • B) Dalk, maar ek moet veilig voel
  • C) Kom ons doen dit!

Wat is jou gunsteling-vakansiebestemming?

  • A) ’n Luukse oord
  • B) ’n Nuwe stad wat ek kan ontdek
  • C) Die wildernis met baie buitelugaktiwiteite

Is jy gemaklik met hoogtes?

  • A) Ek is baie bang vir hoogtes en verkies om op die grond te wees
  • B) Ek is gemaklik met redelike hoogtes, maar niks te ekstreem nie
  • C) Ek is gek oor die adrenalien wat hoogtes vir ’n mens gee

Wat is jou avontuurpersoonlikheid?

Die Reisavonturier (meestal A’s)

As jy Suid-Afrika as jou oester sien en dit graag wil ontdek, is jy ’n reisavonturier. Die beste deel daarvan om ’n reisavonturier in Suid-Afrika te wees, is dat min lande met ons land se natuurlike skoonheid kan meeding. Daar is van majestueuse berge en goue woestynlandskappe tot ongerepte strande vir warm, sonnige dae.

Waarheen jy kan gaan:

Jou aptyt vir die natuurskoon beteken dat jy gek sal wees na die Tuinroete, die Krugerwildtuin, of die Olifantkus.

Wat jy moet saamvat:

Verewig jou ervaringe met die DJI Mini 3 Pro Drone, wat lieflike video’s uit die lug en hoëresolusiefoto’s vir jou kan neem. Gebruik dit saam met sy slim beheerder (smart controller) vir goeie rotasiereeks vir vertikale skote en skote uit ’n lae hoek en hope ander kreatiewe geleenthede.

Vir die Gemaklike Avonturier (meestal B’s)

Jy is ’n Gemaklike Avonturier as jy nou en dan ’n buitelugavontuur soos ’n gesinskampering of ’n staptog saam met vriende geniet.

Waarheen jy moet gaan:

Daar is verskeie spogkamperingsplekke in Suid-Afrika waar jy die buitelug kan geniet, ’n tent kan opslaan en die natuur kan indrink. Avonturiers kan Port Beaufort se 52,8 km Walvistog  probeer of hulself met KwaZulu-Natal se Nandi Falls Loop uitdaag.

Wat jy moet saamvat:

“Dis opwindend om ’n staptog op een van ons land se avontuurroetes te beplan, maar dis belangrik dat stappers hulself met stewige en duursame skoene sal toerus wat van gehalte- en langdurige materiale gemaak word. Dit kan byvoorbeeld skoene soos die KEEN Women’s Targhee Mid Waterproof Hiking Boots of die K-Way Elements Men’s Nova Shoes insluit,” noem Hufkie.

Vir die Buitelug-avonturier (meestal C’s)

Buitelugavonturiers raak baie opgewonde oor ekstreme aktiwiteite. Hulle is dapper en skrik nie vir aktiwiteite, soos reksprong, valskermspring of kajakvaarte nie. Of jy jou uit ’n vliegtuig of van ’n brug af spring, jy is daar om dit te ervaar mits die regte veiligheidsmaatreëls geneem word.

Waar jy kan gaan:

Suid-Afrikaanse buitelugentoesiaste kan hul hartklop versnel deur van die Kloofing Suicide Gorge af te spring. Die naam sê reeds vir jou dat dit vir die vreeslose avonturiers bedoel is. Dit sluit ’n kombinasie van asemrowende staptogte en verpligte spronge van tot 14 meter hoog in.

As dit nie opwindend genoeg klink nie, kan jy ook Suid-Afrika se Wild Swing besoek. Dit is die wêreld se hoogste kloofswaai. Die 100 meter hoë swaai gee buitelugentoesiaste die hoogste, vinnigste en steilste swaaiervaring, terwyl hulle die prentjiemooi Oribi-kloof ervaar.

Wat jy moet saamvat:

Oorweeg dit om in toerusting en kleredrag van ’n hoë gehalte te belê om jou op jou avonture voor te berei. Bly warm in koue weer met baadjies soos die K-Way Men’s Doug Down en Women’s Robin Down. Kry genoeg water in op lang staptogte met die Stanley Classic Vacuum Flask.

Lees ook: Kaapstad nou op Norwegian Cruise Lines se skeepsvaart-roete

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

20 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.