kategorieë: InspirasieJou lewe

Jean Sharpe: slaan ouderdom ’n kishou

“Ek het verwag om iemand te ontmoet wat op 84 jaar op die afdraand was, maar boetie, was ek verkeerd! Dr. Sharpe het ’n energie uitgestraal wat jy by baie mense in hul dertigs nie vind nie. En haar pasiënte was vol lof vir haar kundigheid maar ook vir haar lewenservaring en empatie. Ek het ongeveer ’n uur met haar gepraat, maar haar lewensuitkyk en energie het my sedertdien bygebly. Sy het boonop in die tuig heengegaan – net soos sy dit self sou wou gehad het, vertel haar dogter. Sy gee voorwaar nuwe betekenis aan “lewe voluit” en haar onblusbare gees gaan sekerlik nog lank voortleef in die duisende babas wat sy in die lewe gebring het. Ek voel bevoorreg dat ek haar kon ontmoet het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

*Hier is ’n uittreksel uit die artikel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geniet jou werk

Dr. Jean Sharpe (84) is ’n praktiserende ginekoloog by die Sandton-kliniek en doen nog elke week operasies. Haar lewenswysheid en passie vir die lewe val jou dadelik op. Hier is iemand wat die spreekwoordelike wa deur die drif kan trek, dink ek toe ek haar die eerste keer ontmoet. Ek besef gou dit is nie net ek wat hierdie stil krag in haar opmerk nie.

“Ek het verbasend baie jonger pasiënte,” sê Jean. “Ek dink hulle voel dat hulle hul sake met my kan bespreek. Ek kyk holisties na my pasiënte, want jou hele liggaam beïnvloed immers die gedeelte waarop ek fokus. Pasiënte het soms net iemand nodig wat tyd maak om na hulle te luister. Ek het groot veranderinge beleef en daardie lewens-ervaring is belangrik wanneer jy met mense werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ja, die ouderdom is ’n uitdaging, maar ek glo solank jy aanhou om dinge te bly doen, bly dit by jou. Moet net nie ophou om iets te doen nie. Ek kan voel dat ek nie meer op ’n fisieke vlak kan doen wat ek voorheen gedoen het nie, maar my brein is net so aktief soos tevore.”

Uitdagings is nie vir haar vreemd nie. “Toe ek in die jare vyftig klaargemaak het, was daar bitter min vroulike ginekoloë. Dit was altyd ’n opdraande stryd om te wys dat ek net so goed soos die mans is. Selfs die verpleegsters het gevoel dat ek eerder op hul vlak as op doktersvlak tuishoort.

“Ek dink nie oor die toekoms nie. My familie leef meestal tot in hul negentigs. ’n Mens moet aanvaar dat jy ouer word, maar jy hoef nie jou dae in die hemel se wagkamer om te sit en niksdoen nie. Moet ook nie jou tyd mors deur te tob oor goed wat nog nie gebeur het nie. Wat probleme betref, glo ek as jy gister deurgesien het, sal jy vandag ook regkom, en die toekoms sal vir homself sorg.”

Hoe bly sy op datum met nuwe verwikkelinge in haar beroep? “Net soos enige ander dokter. Ons word verplig om ’n sekere hoeveelheid seminare by te woon en literatuur te lees wat punte tel.”

Haar beroep vereis dat sy op tegnologiese gebied ook bybly. Sy het ’n slimfoon (iPhone) en iPad en gebruik die internet vir haar werk. En blokraaie hou haar kop skerp.

Sy voel dalk dat sy nie meer so aktief soos voorheen kan wees nie, maar hierdie ouma van elf kleinkinders het in Enge-land provinsiale kleure vir tennis gekry (toe sy daar gespesia-liseer het) en het tot ’n paar maande gelede nog toegewyd tennis gespeel.

“Ek voel my een heup pla nou effens en ek wil nie dom wees en ’n slegte besering kry nie.”

Gelukkig swem sy steeds baie en het tot op tagtig nog gereeld perdgery. Sy reis graag saam met een van haar vier kinders en het vier jaar gelede saam met haar seun in Alaska gaan toer. Twee jaar gelede was sy in Griekeland.

Boonop is sy ’n geesdriftige fotograaf en behoort aan ’n fotografieklub. Dit kom goed te pas wanneer sy met een van haar passies, voëlkyk, besig is. En as sy meer tyd gehad het, sou sy graag wou leer gholf speel.

Intussen lyk Jean so gesond soos ’n vis in die water en gebruik geen medikasie nie.

“Nie eens vitamiene nie.” Boonop geniet sy haar werk en hoop om so lank as wat sy gesond is en dit nog goed kan doen, aan te hou. Toe haar man drie jaar gelede oorlede is, was haar werk haar anker.

“Ek sou verlore gewees het sonder my werk om my besig te hou.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.