kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 27

Sag op die oog

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die spanne veeartse en Emily se kameraspan is heeldag doenig om die behandeling van renosterhorings op wildplase in die omgewing te doen. Gifstowwe wat nie skadelik is vir die renoster nie, maar wat die horing giftig maak vir menslike gebruik, word in die horings gespuit om stropers af te skrik. Die projek se oogmerk is om alle renosters in Suid-Afrika se DNA te versamel sodat renosters wat gestroop is deur hulle horings nagespoor kan word. Dit sal hopelik lig werp op die beweging van stropers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Herman se pa was reeds betrokke by die bewaring van renosters en sy kinders het die passie by hom geërf. Omdat hul plaas naby die Krugerwildtuin is, werk hulle al jare saam met bewaarders van SANParke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Liesl is bly Herman betrek Ludwig by die bedrywighede. Sy kan sien haar kind geniet homself.
Elke keer as hy saam met die helikopter terugkeer na die opstal, wat as basiskamp dien, lewer hy verslag oor die gebeure. Selfs Erna raak meegevoer deur die adrenalien van die bedrywighede. Emily betrek haar en Liesl gou by die administrasie van die dokumentêre program wat sy skiet om verslag te doen oor die proses.

“Merrie, kom vlieg ’n bietjie saam, ek wil jou gaan wys wat ons doen. Julle girls kan nie net hier by die huis rondlê nie.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Liesl weet al Herman vat nie maklik nee vir ’n antwoord nie. Ludwig por geesdriftig saam en dit is hy wat haar tydens die vlug inlig oor wat eintlik aangaan. Dit verbaas Liesl elke keer watter rustige uitwerking Herman op mens en dier het. Sy weet sy en haar kinders is nou op die regte tyd op die regte plek. Dit sou aaklig gewees het om by die huis te sit en tob oor Konrad.

“Wanneer het jy leer vlieg, Harry? ‘Horse Whisperer’, vlieënier …”

Harry lag lekker.

“Ek doen dit als om meisies te imponeer jong. Kyk net hoe het die girls geswymel oor Tom Cruise in Top Gun.”

“Hy was ’n vegvlieënier, Harry!”

“Hoor hier, daar skort niks met ons helikoptervlieëniers nie. Kyk my sexy donkerbril!”

“En die two tone hempie en en die denim shorts? Ek is seker Tom Cruise se bene is nie so harig nie! Nee wat, ons sal ’n bietjie aan jou voorkoms moet werk.”

Hessian-gordyne word gespan om die renosters in kleiner areas te jaag. Hulle word met verdowingspyle geskiet en dan begin die proses om die horing te behandel.

Liesl verkyk haar aan die vaardigheid waarmee die veeartse en kameraspan saam werk. Om Emily as regisseur in aksie te sien, is ’n belewenis.

“Geen wonder jou span noem jou Orkaan Emily nie. Jy is darem kwaai!”

“Nee man, dis nie kwaai nie, dis maar soos ons met mekaar praat onder druk. Vanaand in Harry se boma drink ons lekker saam ’n wyntjie en dan is al die spanning verby.”

Etenstyd kom sit Ludwig by haar.

“Ma, dis wat ek eintlik wil doen. Ek wil hier in die veld wees. Ek wil nie in Pa se voetspore volg nie. Ek weet hy voel BCom is die regte agtergrond vir my, maar ek versmoor daar tussen die boeke.”

“Boeta, ek verstaan jou passie, maar jy weet hoe jou pa voel. Kom ons wag tot hy terugkom, dan praat ons weer.”

“Gaan hy terugkom, Ma?”

Haar kind se woorde roep een van haar verse op. Hulle het nog geen idee hoe diep Konrad in die moeilikheid is nie. Die regstelsel in Dubai is streng. Die onsekerheid van die hele ding knaag aan haar.

“Ek wens ek het geweet wat op ons en jou pa wag. Ek weet nie meer wie om te vertrou nie. Ek gaan met ons ambassade daar begin onderhandel en wil na my uitstalling Dubai toe vlieg om te kyk of ek kan agterkom wat aangaan.”

“Ma kan nie! Is dit veilig? Ek gaan saam.”

“Ons sal sien, onthou jy skryf eksamen. Ons moet dinge so na aan normaal moontlik hou. Ons kan nie ons lewens nog verder deurmekaar krap nie. Doen wat jy moet doen.”

Emily kom opgewonde aangedraf. Johan het haar gebel met nuwe nuus oor die Isa in die hospitaal.

“Sy is skielik ontslaan. Vermoedelik oor Johan te veel begin rondkrap het. ’n Verpleegster het aan Johan beken hulle mag nie die pasiënt se wonde versorg het nie. Net die dokter het met haar gewerk. Johan twyfel nou of daar ooit ’n operasie was! ’n Vorige kollega van Bella sê sy kan onthou Bella het al met ’n plastiese chirurg ’n affair gehad. Sy kon ongelukkig nie die naam onthou of bevestig of die twee nog verbind is nie.”

“Hmm, lyk my die susters kan nie ander vroue se mans uitlos nie.”

Liesl is dadelik spyt oor haar bitter aanmerking voor Ludwig.

“Johan het by Isa se huis ’n draai gemaak. Als is toegesluit. Daar is net ’n wag by die hek wat geen woord wil spreek nie. Isa of Bella het skynbaar van die aardbol af verdwyn! En, in Dubai weet niemand ook waar die sogenaamde Bella Conradie tuisgaan nie.”

“Ek het besluit ek gaan na my uitstalling self Dubai toe. Ek wil Konrad sien en uitvind wat aangaan.”

“En ek gaan saam!”

“Ludwig wil ook saam. Ons kan nie almal gaan nie. Ek sal veilig wees. Ek gaan mos net my man in die tronk besoek?”

“Liesbet, moenie naïef wees nie. Isa het jou reeds probeer vermoor en sy is daar!”

Ludwig onderbreek hulle.

“Ja, en tannie Engela is ook vermoor! Ma gaan nie alleen nie!”

Liesl is verlig as die span aankondig dat hulle weer moet werk. Die besige program van die middag lei almal se aandag van Konrad af. Eers teen skemer land die helikopter die laaste keer.
Die vuur in die boma brand reeds.

“Toe meisies, gaan skrop julle skoon en sit lipstiek aan sodat ons ’n sundowner kan drink!”
Heila stamp Harry in die ribbe.

“En jy? Gaan jy jou snorre vir ons trim? En trek tog iets anders aan as daai verflenterde denim broekie!”

“Wat is dit vandag met julle almal en my voorkoms? Ek kan nie juis soos Tom Cruise lyk hier in die bos nie!”

“Is so my broer, maar ons gaan nou eet. Beskaafd langs ’n tafel met ’n wit tafeldoek. Ons verkies om dit in die geselskap van ’n ordentlike man te doen. Gaan trek jou mooi aan vir ons!”

Die vroue geniet dit om Harry in sy eie munt terug te betaal.

Na ’n salige bad en vars klere ry Liesl, Emily en die kinders terug opstal toe. Herman sit voor die klavier en speel rustige musiek.

Golden Oldies, het my ma dit genoem. In die dae voor TV het Ma elke aand vir ons gespeel.”

“Aitsa! Staan ’n bietjie op dat ons kan sien hoe jy lyk ou Harry!”

Emily bekyk Herman se kameelkleur chino’s en wit hemp van alle kante. Sy klap hom speels op die boud.

“Mmm nie sleg nie. Dit sal vir ons vroue se oog doen, of wat sê jy Liesl? Mens wil mos iets sag op die oog hê.”

“Maar dan is ek bly ek kan julle meisies ’n bietjie uithelp. Laat ek nou weer sien … Ludwig, hoe lyk die spul girls vir jou? Hoeveel uit tien sal jy vir elkeen gee?”

“Jou seksis! Ek wens iemand wil jou eendag vasvat!”

“Ai, ek ook Sussa, ek ook!”

Heila gee Harry weer ’n harde hou in die ribbes. Hy druk sy sus styf teen hom vas.

Harry se wit hemp vorm ’n mooi prentjie saam met sy roesbruin hare en sonbruin vel. Liesl staan stil na die prentjie van die broer en suster en kyk.

Hoekom is nie een van die twee ooit getroud nie? Herman is ’n gawe ou … en glad nie te onaardig nie.

Vanaand is hy sag op die oog.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.