kategorieë: GrimeringSkoonheid

Was jou grimeerkwassies reg

Stap 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kry ’n glasbeker met koue water en maak jou grimeersponsie of kwassie nat (jy kan dit ook onder ’n lopende kraan nat maak)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stap 2

Gebruik nou jou grimeer-skoonmaakmiddel en plaas ’n ertjiekorrelgrootte daarvan in jou hand. Vloeibare skoonmaakmiddels is effektief op kwassies wat lanklaas gewas is of op produkte wat moeilik uitwas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Stap 3

Druk nou die kwassie in die skoonmaakmiddel en werk die skoonmaakmiddel met jou vingers in die kwassie of sponsie in sodat dit skuim.

Stap 4

Spoel nou die kwassie of sponsie in die glasbeker af as jy water wil bespaar, of andersins onder lopende water. Spoel af totdat daar niks meer grimering uitvloei nie. Poeierbasis grimering was makliker uit as vloeibare grimering terwyl jel-oogomlyner, room-oogskadu en onderlaag dikwels vereis dat jy die kwassie of sponsie ’n tweede keer was en uitspoel.

Stap 5

Druk die kwassie of sponsie versigtig met ’n sneesdoekie of skoon handdoek droog. Druk nou die kwassie of sponsie met jou vingers terug in sy vorm want dit is die vorm waarin dit gaan droog word. Laat lê die kwassie op ’n plat oppervlak.

Wenke

  • Moenie jou grimeerkwassies in die son laat droog word nie – dit verswak die handvatsels en laat die gom mettertyd lostrek.
  • Moenie ’n kwassie in ’n beker laat droogword nie. Die vog sal in die handvatsel terugloop en die kwassie beskadig. Vog wat binne die kwassie agterbly, is ’n broeiplek vir bakterieë.
  • As jy jou kwaste net op jou eie gesig gebruik, hoef jy dit net eenmaal per week skoon te maak.
  • As jy ’n grimeerkunstenaar is, moet jy jou kwaste skoonmaak na elke persoon op wie jy dit gebruik het en moet jy dit gereeld ontsmet met mediese alkohol wat jy by ’n apteek kan koop.
  • Volg dieselfde skoonmaakstappe as hier maar vervang net die wasmiddel in sproeivorm met alkohol in ’n spuitbotteltjie.

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.