kategorieë: Ons menseBekendes

Julia Roberts: Sprankelend op 50

Julia Roberts: Sprankelend op 50 deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe het jy jou grootwordjare ervaar?
Ek dink ek het baie anders as vandag se kinders grootgeword. Ons het nie diep gesprekke met ons ouers oor gevoelens en emosies gehad nie. Daar was geen sosiale media nie. Ek dink ek sou eerder met my suster gepraat het wanneer ek ’n probleem by die skool gehad het. Etenstyd was nie soos vandag die geleentheid vir gesprekke nie. My ma het voltyds gewerk en ons was ’n groot gesin – daar was nie regtig tyd daarvoor nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vandag het ek die kans om die tyd om die tafel te gebruik as ’n geleentheid om vas te stel of daar enige kwessies is waaroor daar gepraat moet word. Ek dink dis belangrik dat jou kinders weet dat hulle enige tyd na jou toe kan kom wanneer hulle ’n probleem het. Soms wil kinders net hê dat iemand na hulle luister – jy hoef nie noodwendig emosioneel daarop te reageer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nicole Kidman het ook onlangs vyftig geword en gesê dit is ’n wonderlike tyd in haar lewe. Hoe het jy jou verjaarsdag gevier, en hoe voel jy in hierdie stadium van jou lewe?
Ek het dit saam met my gesin gevier, en ek voel steeds goed, maar ek verstaan nie hoekom vyftig so ’n groot ding is nie. Niemand het hulle daaraan gesteur toe ek 47 geword het nie (lag). Dis nie dat ek nie van blomme en gelukwensinge hou nie, maar ek voel nie dis nodig om diepe selfondersoek te doen net omdat jy vyftig word nie. Ek vier maar net elke jaar my tyd op moederaarde en fokus op die dinge waarvoor ek dankbaar is.

Is daar naas jou ouers nog mense wat jou werklik raaksien? Nie net jou uiterlike skoonheid nie, maar daardie innerlike menswees veral?
Ek dink dis wat goeie vriende vir mekaar beteken. Maar ek dink nie dit het gebeur toe ons kinders was nie. ’n Mens is geneig om dinge geheim te hou as jy jonk is, want jy voel ongemaklik met wie jy is. Namate ons ouer word en lewenservaring opdoen, word dit belangrik om ons diepste vrese en vreugdes met ons hartsmense te kan deel.

Is jy ooit geboelie?
Ja. Ek dink nie daar is ’n mens wat nooit op skool geboelie is nie. Ek dink die meeste mense is in een of ander stadium in hul lewe die slagoffer van ’n boelie.

Wat doen julle as ’n gesin om groener te lewe?
Ek dink dit is almal se werk om meer omgewingsvriendelik te wees. As ’n gesin van vyf probeer ons om minder vullis te genereer. Ons gebruik herbruikbare houers vir kosblikke en probeer om minder plastiek te gebruik. Dis deesdae maklik om klein goedjies te doen wat ’n verskil maak – jy moet net bedag wees daarop.

Binnekort sal jou kinders tieners wees. Hoe voel jy daaroor?
Ek is nie bang nie.

Ek sal nie bang wees nie.

Jy kan my nie bang maak nie! (lag)

Vanjaar is dit dertig jaar sedert ons jou die eerste keer in Mystic Pizza gesien het. Sou jy ooit kon droom dat jou loopbaan so suksesvol sou wees?
Ek is dieselfde meisie as dertig jaar gelede. Ek het net ’n mooier bloes aan – ek dink ek het ’n T-hemp by die Mystic Pizza-media-konferensie gedra (lag).

Ek dink nie enigiemand sou ooit kon droom dat my lewe so sou verloop nie. Ek is mal oor my werk en ek is dankbaar dat dinge so uitgewerk het.

Het jy ooit aan jouself getwyfel?
Nee, nooit nie. Al was my selfvertroue soms maar min, het ek het altyd gevoel dat ek op die regte pad is en dat dinge sou uitwerk.

Werkende ma’s voel dikwels skuldig, of voel dat hulle iets opoffer as hulle moet ophou werk. Het jy ooit so gevoel?
Ek was gelukkig genoeg om in ’n omgewing te werk waar my kinders saam met my werk toe kon gaan. Ek was 18 jaar lank in die bedryf voor ek kinders gehad het, en ek het gevoel dat ek die reg het om ’n ruk lank net ’n ma te wees. En ek is dankbaar dat ek die vryheid kon hê om by die huis te kon bly. Ek is mal daaroor om te kook en wasgoed te was. My probleme is nie noodwendig ander mense se probleme nie, maar ek is baie gelukkig dat ek die vryheid het om te kies wat ek wil doen.

Kyk jy graag televisie? Wat kyk julle?
Ons kyk baie sokker. Ons is Manchester United-ondersteuners. En ek is mal oor die Ozark– en The Handmaid’s Tale-reekse. Maar ek kyk gewoonlik soggens daarna, want ek kan nie ná so ’n reeks die TV afskakel en gaan slaap nie. My kop raas te veel van al die drama!

Wanneer laas het jy ’n kunswerk gesien of ’n boek gelees wat jou werklik geroer het?
Wonder was ’n fantastiese boek en die hele gesin het dit gelees. Ek was lank laas so beïndruk. Op die oomblik lees ek Little Fires Everywhere – dit is uitstekend! Ek is mal oor lees. Ek het soveel bewondering vir skrywers. Ek dink dit moet ongelooflik wees om voor ’n leë stuk papier te sit en ’n nuwe wêreld te skep.

Hoe ontspan jy?
My lewe is nie regtig so stresvol nie. Ek dink ek is goed daarmee om ’n balans te handhaaf. Ek hou daarvan om tyd saam met my gesin deur te bring, en dis lekker as ek nie te veel hoef rond te jaag nie – of dit nou sokkerwedstryde of te veel huiswerk is. Dis baie lekkerder om ’n boek te lees of ’n fliek te kyk.

Hoe goed is jy met tegnologie?
Ek is nie. Ek hou van papier. Ek hou nie eens daarvan as iemand vir my ’n PDF stuur om te lees nie. Ek is seker ouderwets. Ek sal eerder ’n brief skryf as ’n e-pos stuur.

Toe ek onlangs met George Clooney gesels het, kon hy nie ophou praat oor sy tweeling nie. Het jy vir hom enige ouerskapraad gegee?
Nee, hulle het nie my raad nodig nie, hulle weet wat hulle doen. Ek lag net wanneer ek sy stories hoor. Dit bring soveel herinneringe terug. Ek onthou daardie dae. Hulle was gereed hiervoor en ek kan nie aan beter ouers as George en Amal dink nie. Hulle kinders is baie gelukkig om in daardie huis te kan grootword.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.