kategorieë: Jou lewe

Jy kan van die rak afklim!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy kry lewensafrigters, finansiële adviseurs en loopbaanmentors. Ons het sinvolle raad by ‘n maatsoekafrigter of dating coach gekry oor wat jou meer selfvertroue en ’n groter kans op die aanknoop van daardie spesiale verhouding kan gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek soek nie vir jou ’n maat nie,” verduidelik sy. “Ek help mense om hul beste moontlike self te wees sodat hulle makliker iemand spesiaals kan ontmoet én ’n suksesvolle verhouding kan hê. Sodra kliënte die selfvertroue het om die afspraakspel op hul eie aan te pak, of redelik selfverseker voel in ’n nuwe verhouding, het ek my rol vervul.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter emosionele kwessies kan mense in die ontmoetingspel pootjie?

“Soms moet mense hul siening van verhoudings en mans of vroue heroorweeg omdat dit hul kans belemmer om iemand te ontmoet. “Party mense soek hulp maar is terselfdertyd nie bereid om te luister nie! Ek dink die oorsaak is die vrees dat selfs al bring jy veranderinge aan, mense steeds nie tot jou aangetrokke gaan voel nie. Jy kan net groei as jy jou eerlik afvra: ‘Hoe kan ek myself verbeter?’”

As ’n geregistreerde trauma-berader met ’n honneursgraad in sielkunde het Lu-Anne uitgebreide ervaring van verhoudingsprobleme. Hoewel sy op versoek verhoudingsadvies sal gee, is haar voorliefde “om ander te help sin maak van romantiese onderhandelinge in ons snel veranderende tye. Daar is ’n enorme behoefte aan dié soort hulp.”

Vrese en foute

Soms het die begrippe wat ons elke dag gebruik opheldering nodig. “Dating kan twee teenstrydige betekenisse hê. Dit kan na ’n paartjie in ’n eksklusiewe verhouding verwys, of meen jy gaan op afsprake, moontlik met verskillende mense. In my werk verwys dit na die tweede betekenis. Om die waarheid te sê, ek moedig mense aan om meer as een mens gelyk te sien tot hulle iemand ontmoet saam met wie hulle ál hul tyd wil deurbring. Vroue, veral, staar hulle maklik blind teen die eerste man wat aandag aan hulle gee.”

Benader mans en vroue hofmakery verskillend?

“Op die oog af, ja, maar mense verskil. Party vroue redeneer soos mans, terwyl daar mans is wat wonderlik sensitief is.

“As ek moes veralgemeen, sou ek sê mans vat langer om die kat uit die boom te kyk. Hulle sal baie tyd saam met ’n vrou bestee voor hulle hulle tot ’n ernstige verhouding verbind.

“Vroue beweeg baie vinniger. Ek dink ons is van nature geprogrammeer om vinnig te besluit of ons saam met iemand wil wees. Sommige meisies begin sommer op die eerste afspraak al aan doopname vir hul eersteling dink!”

Vroue het in verskillende lewensfases verskillende behoeftes in ’n verhouding: “In hul vroeë twintigs soek vroue iemand wat saam partytjie kan hou en in die winter saam DVD’s kan kyk. In hul laat twintigs en dertigs soek ’n vrou iemand met wie sy ’n lewe kan bou en kinders kan hê. Vroue bo veertig wat weer begin uitgaan, soek dikwels ’n geselskapsmaat en dalk ’n intieme verhouding. Hierdie vroue is meer geneig om te voel mans moet by hul lewenstyl aanpas, terwyl jong meisies makliker ’n kompromis aangaan ter wille van haar kêrel se behoeftes.

“Enige mens se grootste vrees is verwerping. Jy kan die kans op ’n besondere verhouding weens swak kommunikasie deur jou vingers laat glip, of omdat jy bang is die ander een voel nie dieselfde nie. Dis gewoon die vrees dat wanneer die nuwe maat jou beter leer ken, hy of sy nie meer sal dink jy is goed genoeg nie. As jy logies daaroor dink, is jy op soek na die één verhouding wat gaan uitwerk. Jy moet dus aanvaar dat die ander vroeër of later gaan doodloop en dit nie persoonlik opneem nie.”

Watter foute maak mense die meeste? Die 6 groot sondes is:

1 ’n Gebrek aan selfvertroue

As jy optree soos iemand wat die moeite werd is om te ken, voel ander aangetrokke tot jou.

2 Mense raak te gespanne

Dit gebeur veral met mans en laat die ander persoon ongemaklik voel. Aan die einde van die aand is albei ewe verward en onseker of dit goed afgeloop het.

3 Mense bespreek vorige verhoudings

Moenie! Die begin van ’n verhouding is wel soos ’n werksonderhoud: die ander party wil weet wat jy hulle bied, wat jy in ruil wil hê en waarom jy jou vorige werk verlaat het. Wanneer vorige verhoudings op ’n eerste afspraak ter sprake kom, raai ek mense aan om dit so kortliks moontlik te bespreek en dan oor iets anders te praat.

4 Party mense praat te veel oor hulself

Sommige vroue begin babbel omdat hulle senuweeagtig is. Dis in orde as daar soms ’n oomblik van stilte is. Vul dit met ’n glimlag!

5 Min mense weet hoe om ’n kompliment te aanvaar

Jy hoef net “dankie” te sê. Vermy “jy is laf” of “ag, dis nie waar nie”. So ’n reaksie toon ’n gebrek aan selfvertroue (wat onaan-treklik is) en hiermee sê jy inderwaarheid die ander een se mening is snert.

6 Vroue laat toe dat hul wêreld rondom die man begin draai en dan verander hulle

Dis ironies dat die vrou dan nie meer die een is op wie die man verlief geraak het nie. ’n Afspraak was suksesvol wanneer albei die aand geniet het, ongeag of hulle voel daar mag dalk meer as ’n vriendskap ontwikkel.

“’n Verhouding, weer, was ’n sukses as jy iets uit die verbintenis en die beëindiging daarvan geleer het. Ek glo dis eenvoudig om ’n sukses te wees op die afspraak-toneel – wees pret! Daar is genoeg waaroor mense bedruk voel. Wanneer hulle uitgaan, wil hulle by iemand opwindends wees wat hulle van al die stresvolle dinge laat vergeet.”

Dalk is selfvertroue die sleutelwoord. “Sommige vroue dink mans is so oppervlakkig dat sy soos ’n Victoria’s Secret-model moet lyk indien sy wil hê ’n man moet in haar rigting kyk. Ons gee die arme kêrels nie genoeg krediet nie! Hulle kyk na ’n vrou se styl, liggaamstaal, die wyse waarop sy optree en hoe sy haarself versorg. Jy kan mooi genoeg wees om ’n Victoria’s Secret-model te wees, maar Sannie die buurmeisie sal meer aandag trek as sy meer selfvertroue as jy het.”

Mense respekteer iemand wat hulself respekteer. “As jy positief voel oor die lewe en die liefde en jou beste self is, kom daar wonderlike geleenthede na jou kant toe. Niks sit makliker ’n huppel in jou stap nie as die wete dat jy begeerlik is.”

Lees ook: Swaai uit vir dié slaggate in jou verhouding

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: Verhoudings

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.