kategorieë: Ontspanning

House of Suntory vang die wese van Japannese kultuur vas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die opskietgeleentheid is op die drie pilare van Suntory gegrond: WA (om in harmonie met die Japannese natuur te wees), Omotenashi (ervarings van Japannese gasvryheid en kultuur) en Monozukuri (Japannese vakmanskap). Hierdie geleentheid beloof ’n ervaring waar besoekers fisiek en digitaal in die wese van Japan as handelsmerk kan instap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Leefstylmeesterklasse oor die naweek

Vakmanskap is in die kollig met die leefstyl-meesterklasse, wat op ’n betekenisvolle wyse met die Japannese begrip van Monozukuri aansluit.

Verbeter jou begrip van Japannese vakmanskap en kultuur deur die eksklusiewe leefstylmeesterklasse by te woon, wat oor die naweek gehou word en om 11:00 begin. Elke meesterklas, wat 120 minute duur, sluit ’n watertandlekker proepasmaat-ervaring in. Die kaartjies vir hierdie Saterdag se meesterklas is teen R1 200 per persoon by https://qkt.io/Us8ygN beskikbaar.

Daaglikse handelsmerkproe-ervaring

Verdiep jou in die wêreld van Japannese plekke met ’n izakayastyl, wat daaglikse handelsmerk proe-ervarings bied. Dit sluit kos, jenewer- en whiskeypasmaats in. Die proe-ervarings sal op weeksdae (Dinsdag tot Vrydag) om 13:00 en 19:00 gehou word. Dit bied die perfekte geleentheid om die ware wese van Japannese geure te geniet.

Gryp die geleentheid aan om jouself in Japannese kultuur in Suid-Afrika te verdiep deur hierdie eksklusiewe House of Suntory-opskietgeleentheid by te woon, wat net sewe weke lank oop is! Met plek vir 12 mense om vir middag- en aandete aan te sit, is dit belangrik om jou kaartjie van R400 betyds te kry. Kry dit via Quicket (https://qkt.io/F3hGEn). Die deure vir die publiek open op 16 Maart.

As ’n ekstra bederf, ontvang gaste wat ’n bottel Roku, Roki of Hibiki vanaf WhiskyBrother in Hyde Park Corner koop, ’n gratis, pasgemaakte, Japanese furoshiki-geskenktoedraailap met hul aankope (terwyl voorraad hou).

Lees ook: Nuwe tydsgleuf vir kykNET se Bravo!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Nuwe karakter tref Arendsvlei soos ’n bom

Marissa Claasen vertolk die rol van Anna, wat al die pad uit Amsterdam vir Lee-Roy…

9 hours Gelede

Rolene Strauss deel haar storie oor MIV

Na die geboorte van haar eerste seun in 2017, het sy haar mediese studies voltooi…

1 day Gelede

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

1 day Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

1 day Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.