kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is jy op datum met Diabetes?

Is jy op datum met Diabetes? deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 – 2 – 1 … Hier is goed wat jy dalk nie weet van diabetes nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 simptome van diabetes waarvan min mense weet

1 Party dae lyk alles dof

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Leesbrilletjie is mos normaal vir veertigplussers, nie waar nie? Dit is, sê prof. David Meyer van gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch. “Maar as alles – nie net leeswerk nie – skielik dof lyk, is diabetes ’n sterk moontlikheid.”

Hoe gebeur dit? “Hoë glukosevlakke trek vog in jou oë se lense in en laat hulle swel. Lig val nie meer presies op die retina nie en laat die beelde vir jou dof lyk. “Hier is ’n goeie leidraad: wanneer jou sig elke dag ewe swak is, skuil gewone veroudering daaragter. Dis diabetes as jy soms beter, soms slegter sien, veral ná jy soetgoed, ’n paar drankies of groot maaltye geëet het wat jou suikervlak opstoot.

2 Jou skouer is stram
Dit klink dalk vreemd, maar diabetes kan die oorsaak wees wanneer jy met ’n stywe skouer sit en uiteindelik met ’n gevriesde, heeltemal onbeweeglike skouer sukkel – ’n las waarmee een uit elke vyf diabete opgesaal sit.

Een van die jongste teorieë is dat vetjies om die maag – die soort vet wat aan diabetes gekoppel word – chroniese, laegraadse inflammasie sneller. Dit doen op allerlei onverwagse maniere skade, soos om letseltjies in jou are te veroorsaak met hartkwale as die uiteinde, of artritis … en jou gevriesde skouer.

3 Bloed as jy tande borsel
Bloei jou tandvleise, al borsel jy jou tande saggies? Moenie verras wees as jou tandarts vra wanneer laas jou bloedsuikervlakke bepaal is nie. Die verband tussen diabetes en inflammasie is hier ook die sondaar.

Wanneer jou tandvleis seer, rooi en opgeswel is en maklik bloei, wees goed vir jouself en laat toets jou, sommer by ’n apteeksuster.

Lees ook: Ken jy die verskil tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes?

2 terapieë waarvan jy moet weet

1 Laser

Bang vir blindheid weens diabetes? Dit was vroeër diabete se voorland maar sedert laserterapie ontwikkel is, kan alle diabete volgens prof. Meyer hul sig behou. “Diabetes beskadig die fyn bloedvate in die retina agter in jou oog, wat die retina mettertyd onherstelbaar beskadig en selfs heeltemal los laat trek en jy jou sig verloor. Maar deesdae, met die eerste tekens van skade aan die retina, span ons laserbehandeling in.”

Al wat jy moet doen is om elke jaar ’n oogondersoek te ondergaan – maklik, goedkoop en doeltreffend by oogkundiges soos Spec-Savers.

2 Jou eie biokinetikus
As ons oefening in ’n pil kon sit, het ons die heel beste medisyne vir diabetes gehad, sê Andrew Heilbrunn, senior biokinetikus by die CDE-sentrum in Johannesburg, ’n groep landswye klinieke wat in alle aspekte van diabetes spesialiseer.

“Diabete kry die beste resultate as hulle twee soorte oefening kombineer: Aërobiese oefening wat jou hartklop versnel en jou asem laat jaag sodat jy kan gesels maar nie kan sing nie, verlaag jou bloedsuiker dadelik.”

“Weerstandsoefening – enigiets wat jou spiere laat saamtrek en bou, soos joga, fietstrap, oefeninge op ’n fisiobal en allerlei oefeninge wat jy tuis kan doen, verlaag jou bloedsuiker 24 uur later en het ’n stadiger maar langer voordeel.”

’n Biokinetikus klink na ’n luukse maar as jy motivering kort, baie onfiks is, wonder waar om te begin en watter oefeninge vir jou sal werk, veral as jy met ou beserings sukkel, is dit ’n belegging in jou gesondheid.

Een wenk vir glasies klink

Verdun jou drankies

… Só sê Ria Catsicas, skrywer van The Complete Nutritional Solution to Diabetes. “Hoe langer die kuier, hoe moeiliker is dit om binne die veilige grense te bly – vir diabete én nie-diabete.

Hier is taktieke wat regtig werk:

  • Begin jou aand met ‘n glas opgekikkerde water – stil, borrel of gegeur met vars ment of suurlemoen, of bestel ‘n alkoholvrye shandy.
  • Verdun alles: wyn met soda (nie limonade nie); brandewyn, whiskey en rum met water, Coke Lite, cola tonic of soda; bier met Sprite Zero; vodka met Orange Bitters; en jenewer
    met suikervrye kinawater (tonic water).
  • Gooi nou ys by … en knipoog vir die beterweterige wynsnobs. Blokkies werk goed in wyn, brandewyn en whiskey, en gemaalde ys in bier.
  • Vermy vrugtesappe, siders soos Savanna, koelers, likeurs, aanjaers en soetwyn.

Kry hier nog inligting

Dieetkundiges: www.adsa.org

Biokinetici: www.biokinetics.co.za

Diabetesklinieke: www.cdediabetes.co.za of 011 712 6000

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.