kategorieë: KosLaekoolhidraat

Laekoolhidraat: Van kosskrywer to kosaktivis

Laekoolhidraat: Van kosskrywer to kosaktivis deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir byna twintig jaar al draai my werk om kos. Ek het resepte geskep, gemaak en gestileer vir elke geleentheid waaraan jy kan dink. En ja, ek hou van eet! Om aan die einde van ’n fotosessie aan al die heerlike geregte weg te lê is een van die lekkerste byvoordele van my werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe op aarde kon ek en my gesin dus verfynde koolhidrate uitsny? Dis mos ondenkbaar! Wie kan die lekkerste kos ter wêreld, soos eierbrood, croissants, koek en suurdeegbrood uitsny? En wie sal wil? Maar ondanks al die struikelblokke hét ons toe koolhidrate uitgesny en omarm ons nou ’n lewe wat gegrond is op egte kos wat min koolhidrate bevat.

Dit het ons ’n jaar geneem om daarby uit te kom, en dit was nie maklik om diepgewortelde gewoontes te verander nie, maar ons het dit gedoen en ons ervaar nou belonings wat ek nooit verwag het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

My boek, My Low Carb Kombuis, gaan oor ons reis, oor hoe ons ’n gesin geword het wat egte kos met lae
koolhidrate eet. As jy koolhidrate en verwerkte kosse uit jou dieet wil sny – en ek glo om verskeie redes dat ’n
mens dit moet doen – sal dié boek jou wys hoe om dit reg te kry. Dit sal jou inspireer, inlig en help om met die
veranderinge te begin wat groot voordele vir die res van jou lewe sal inhou.

Mense kyk met afgryse na my wanneer die waarheid oor die uitsny van koolhidrate insink. Kom ons wees eerlik: dit is moeilik om jou ’n lewe sonder kapokaartappels en tjips voor te stel. Mense vra versigtig wat ’n koolhidraat is en wat nie. Is aartappels ’n koolhidraat? Rys? Wat van koeskoes?

Ek belowe jou, dit is makliker as wat jy dink om sonder hierdie styselrige kos, wat dikwels nie veel voedingswaarde het nie, te leef.

Hierdie swaar stapelvoedsels is inderwaarheid dikwels vaal en smaakloos. Dit is al die vet, suiker, sout en geurmiddels wat bygevoeg word wat dit smaak gee. Glo my, ons gesin eet elke dag heerlike kos en ons voel nooit verkul of dat ons iets mis nie.

En as die kosredakteur van ’n tydskrif koolhidrate kan uitsny, kan jy ook!

Uittreksel uit My Low Carb Kombuis deur Vickie de Beer, uitgegee deur Quivertree.

Lees ook:

Maak ’n kopskuif oor koolhidrate

Skakel oor na ’n laekoolhidraat-leefstyl

Slaan koolhidrate ’n kishou

10 redes om ’n laekoolhidraat-dieet te volg

Praktiese wenke vir ’n laekoolhidraat-leefstyl

Wat jy van diabetes moet weet

Hoe lyk ’n laekoolhidraat-inkopietrollie?

Laekoolhidraat-vasvra

Kry lekker laekoolhidraatresepte hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.