kategorieë: KalenderOntspanning

rooi rose Koskuier 2018

rooi rose Koskuier 2018. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kom ons vier die einde van ’n jaar en kom ook sommer vroeg-vroeg in ’n vakansieluim! Kom kuier saam met rooi rose by ’n gesellige geleentheid waar ons heerlike kos, goeie wyn en goeie geselskap by ’n paar uitsonderlike restaurante gaan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Desember gaan ons die verskeie restaurante en hul heerlike kos in Lynnwood Bridge in Pretoria saam met ons lesers ontdek. Ons gaan eers ’n verwelkomingsdrankie skink en dan ’n voorgereg, hoofgereg én nagereg – elkeen met die perfekte glasie wyn – by drie verskillende restaurante geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ná die verwelkomingsdrankie sal jy by een van drie groepe aansluit (afhangende van die groep wat jy met jou bespreking gekies het) en saam met jou groep vir die verskillende maaltye in die onderskeie restaurante aansit.

Moenie wag nie. Kies die spyskaart wat jou verlei, bespreek jou kaartjie en kom geniet die aand saam met ons!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die vier restaurante wat deelneem

  1. Café Beyritz

Café Beyritz laat ’n mens aan ’n tipiese Europese bistro dink, maar met sy wortels stewig in Suid-Afrika. Hulle vier ons Afrika-erfenis met ’n reuse-hardekoolboom wat in die middel van die restaurant deur die plafon groei. Soos met enige goeie bistro, verander die atmosfeer deur die dag. Ontbyt en middagetes word deur sonskyn, musiek en ’n vrolike atmosfeer gekenmerk, terwyl die aande gekenmerk word deur sagte jazz-musiek wat ’n elegante aandete komplementeer.

  1. Stephnie’s

Stephnie’s is in 2011 deur die sakevrou Stephnie Stander begin. Die kos is ’n kombinasie van die tradisionele met ’n sweempie oorspronklikheid en ook invloede uit ander kulture. Die restaurant wil al jou sintuie streel met goeie kos, atmosfeer en uitstekende diens.

  1. TriBeCa

TriBeCa Coffee Company is in 1996 in Pretoria gestig en is ’n private groep maatskappye wat ’n toonaangewende koffieroosterfabriek besit. Hulle vervaardig koffiekapsules, besit meer as honderd koffiewinkels landwyd, wat vier TriBeCa-restaurante en drie Lucky Bread Cafés insluit.

TriBeCa Coffee Company is die kenners as dit kom by die rooster van koffie, die bestuur van koffiewinkels, stalletjies en restaurante en die verskaffing van heel geroosterde koffiebone en gemaalde koffiebone. TriBeCa Coffee Company bied ’n veelsydige spyskaart wat deur internasionale tendense geïnspireer is. Hulle wil net die beste koffie en heerlike kos aan klante voorsit.

   4. Tiger’s Milk

Bielieburgers, pizzas en yskoue biere is die uitskieters op ons spyskaart, maar dis nie volle verhaal  nie, daar is ook wonderlike opsies vir vegetariërs en veganiste, want almal moet mos eet, nie waar nie? Verbeel jou jy sit by ons, jy teug aan ’n yskoue Part Wolf of Tiger’s Milk Lager, jy smul aan iets heerliks en jy ontspan op die maat van lekker musiek en nog lekkerder geselskap om jou heen. Dis die Tiger-lewe – net goeie “vibes.” Die Tiger is altyd aan’t jag, so hou jou oë oop: Daar is dalk ’n Tiger’s Milk in jou buurt!

Spyskaarte en groepe

Groep 1

Verwelkomingsdrankies word bedien by Tiger’s Milk.

Voorgereg by Café Beyritz

Knoffel-en-tiemie slakke in kruiebotter gebraai en voorgesit met ‘n knoffel-en-tiemie roomsous en crostini.

Hoofgereg by Stephnie’s

Heel geroosterde forel van Dullstroom wat met wilde roket-en-vinkel-slaai en gestoomde groente voorgesit word.

Dadel-en-vy-hoender: Twee hoenderborsies (van vrylopende hoenders) bedek met rooi-uiemarmelade, tropiese vrugte en dadelblatjang en met ‘n speseryagtige romesco-sous voorgesit. Die gereg word met geroosterde mozzarella en amandels gegarneer en met saffraan-basmatirys voorgesit.

Nagereg by Tribeca

Sjokolade-bruintjie bedien met karamel en roomys.

Klassieke vanielje-crème brûlée.

Groep 2

Verwelkomingsdrankies word bedien by Tiger’s Milk.

Voorgereg by Stephnie’s

Vy-en-camembert: Gebraaide camembert bedien met wilde heuning, geroosterde okkerneute en ingelegde vye.

Gerookte-salm-en-beet-dauphiniose: Gerookte salm en sprietuie-roomkaas dauphiniose en krakerige kappertjiesade. Word met beetroomys voorgesit.

Hoofgereg by TriBeCa

Tribeca 550 g-T-been met jou keuse van aartappelskyfies, uieringe, dauphinoise-aartappels, geroosterde blomkool, geroosterde groente of ‘n slaai.

Nagereg by Café Beyritz

Kardamom-panna cotta – voorgesit met geposjeerde perskes in brandewyn, heuningkoek en bessie-sorbet.

Groep 3

Verwelkomingsdrankies word bedien by Tiger’s Milk.

Voorgereg by Tribeca

Tribeca-hoenderlewertjies

Blomkoolvlerkies

Hoofgereg by Café Beyritz

Umbriese verrassing: Gemarineerde eiervrug en swart sampioene met geroosterde soetrissies, parmesaan en roketblare wat met basiliekruid-en-peppadew-pesto en dennepitte bedek is.

Marula-eendborsie: Eendborsie in Amarula gemarineer en voorgesit met dauphinoise-aartappels, gepiekelde vinkel, karwysaad-tuile en amandel-en-lemoen-mousse, bedruip met Amarula-sous.

Nagereg by Stephnie’s

’n Verleidelike trio van Stephnie’s se bekende nageregte:

Tradisionele Suid-Afrikaanse melktert in ’n kraakvars soet kors.

’n Luukse skeppie tuisgemaakte vanieljeroomys met stukkies sjokolade-bruintjies en gesoute karamel.

Crème brûlée gegeur met lemoenskil en met bessies voorgesit.

Kom geniet die aand saam met ons!

Datum: Dinsdag 4 Desember 2018

Tyd: Registrasie vanaf 17:00. Die koskuier-uitstappie begin stiptelik om 18:00.

Drag: Stylvol-gemaklik

Plek: Lynnwood Bridge, Daventrystraat, Lynnwood Manor, Pretoria.

Koste: R400 per persoon (sluit verwelkomingsdrankie, driegangmaaltyd met uitsoekwyne, asook ’n lekker geskenksak in).

Bespreking: Bespreek jou plek by caxtonevents.co.za

Reëls & voorwaardes: Betaling moet binne 24 uur ná bespreking gemaak word. Besprekings sal bevestig word wanneer betaling ontvang word. ’n Kansellasiebedrag van 30% geld. Kaartjies is beperk (90 in totaal) en word verkoop op ’n eerste-kom-eerste-bedien grondslag vir die eerste 30 plekke wat per groep beskikbaar is. Vervoer na en van die geleentheid is nie ingesluit by die koste nie. Ongelukkig is geen ander vegetariese opsies beskikbaar nie.

Hoe om te bespreek

Vir meer inligting oor die rooi rose-koskuier by Lynnwood Bridge en om jou plek te bespreek besoek caxtonevents.co.za

Onthou om aan te dui in watter groep jy wil wees wanneer jy bespreek.

Meer oor Lynnwood Bridge

Lynnwood Bridge is ’n byderwetse inkopie- en leefstylsentrum in die hart van Lynnwood, Pretoria.

Die sentrum het alles wat kosliefhebbers begeer en het ’n gesellige uiteet-atmosfeer. Daar is ook ’n groot Woolworths-kosmark.

Die sentrum het uitstekende spesialiteitshandelaars en verseker dat klante bederf word met unieke keuses, gemak en vermaak. Daar is ’n eksklusiewe juwelewinkel, bruidswinkel, safari- en hengelwinkels, en die Atterbury-teater verseker dat kunsliefhebbers vermaak word. Die klante is ’n mengsel van die gevestigde plaaslike inwoners van die omliggende gebiede en die professionele beroepslui wat in die omgewing werk. Dit bied die perfekte sake- en ontspanningsomgewing.

Die sentrum se wenresep bestaan uit ’n goeie balans tussen eksklusiewe winkels, restaurante en vermaak wat verseker dat klante terugkeer.

Die sentrum is oop van 9:00 tot 18:00 van Maandag tot Vrydag; van 9:00 tot 17:00 Saterdae en Sondae en van 09:00 tot 15:00 op openbare vakansiedae.

Die Donkiestandbeelde

Gegrond, ongegrond I & II, Lynnwood Bridge, Pretoria (2011). Medium: Gegote brons | Foto’s deur Elizabeth Olivier-Kahlua

Gegrond, ongegrond I toon ’n vrou op ’n donkie. Die ruiter hou ’n vierkantige raam vas en ’n growwe materiaal en tekstuur is gebruik om die illusie van ’n boks binne die raam te skep. Die res van die beeldhouwerk is met ’n gladder materiaal geskep. Die teenstellende teksture help om die simboliek uit te beeld van ’n growwe, maar ingehoue innerlike self wat onderliggend is aan die afgewerkte uiterlike.

Gegrond, ongegrond II toon ’n sittende donkie. Die gedeelte in die boks is soortgelyk aan die vorige werk maar alles wat buite die boks is, is verfyn en in detail uitgebeeld.

Albei werke kan as anti-oomblikke beskou word as jy dit vergelyk met die tradisionele standbeeld van die “manlike held op die perd” wat die onbewustelike verbintenis dra van ’n groep berede soldate en as tipiese propaganda dien wat inherent aan die meeste openbare beeldhouwerke is. Die verwydering van enige sin van oorheersing verwys ook na die sin van elitisme in vandag se kunswêreld.

Die Koskuier gebeur in samewerking met:

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.