kategorieë: ReisOntspanning

Kaapse draai: 10 hoogtepunte

1. Haas in Roelandstraat

By die ingang groet ’n groot sementhaas jou en die dekor bestaan uit ou leunstoele, skoolstoele en -bankies, koffietafels en sittafels. Agter teen die muur is ’n lang toonbank  waar varsgemaalde koffie by die sakkie gekoop kan word. Dit is ’n koffiewinkel, ligte middagete- of sommer net koek en teeplek. Die mooiste kuns word uitgestal en Tretchikoff-kussings, keramiek en leerware is altyd beskikbaar vir koop. Van fietsryers tot fietse lyfies versamel hier, maar vir besigheidsmanne is daar ’n lang tafel met glasafskorting waar groot planne bespreek kan word. Almal is welkom en as jy in een van die diep leunstoele wegsak, moet jy jouself inhou om nie voete-op-die-koffietafel te sit nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: facebook

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Truth Café, Roelandstraat

Letterlik ’n paar tree hoër op van Haas sit die beste koffiewinkel in die wêreld. Nee, dis nie ’n erge rek van die waarheid nie. Dit het die titel twee jaar gelede reeds gekry van die New York Times en is onlangs ook vereer deur ’n hele 10 minutelange insetsel op CNN.

Lees ook: Die wêreld se beste koffiewinkel in Kaapstad

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die tema is Steampunk – dis nou kelners met leervoorskote, pluiskeile, kantfrilletjies en outydse sakhorlosies, en ’n rastalok of twee. Die baristas het die kuns vervolmaak om koffie te maak met die beste bone en jou melkskuim kom in designer-prentjies. Die mooiste van alles is egter die hele koper en staal reuse koffiemeul-kontrepsie. Dit staan tot teen die dak en neem die helfte van die vertrek op. Gelukkig is daar nog volop plek vir tafels, kaal gloeiligte en outydse staalregalia. Die koffiesakke is hoog opgestapel in die agterste hoek en bone word daagliks vars gemaal.

Hier word ook  ontbyt en ligte middagetes bedien. Een maal ’n maand is daar ’n vintage kleremark in die aand. Net die besoekers alleen is ’n meestersgraad in menslike studies werd.

3. Grand Daddy Hotel, Langstraat

Die geheim is om teen sononder bo-op die dak te gaan skemerkelkies drink en die kroegman te vra om jou op ’n toer deur die Airstream-karavane te neem wat daar staan. Elkeen se dekor is volgens ’n tema, en as jy vir ’n nag wil inboek kan jy kies van Goue Lokkies tot Rock ’n Roll of Boeresjiek. In die somer is daar ook ’n opelug fliek en met Tafelberg langs jou, kan jy van die ou classics geniet.

Foto: granddaddy.co.za

4. The Stack, Weltevredenstraat, Tuine

Hierdie ou herehuis is vandag die Cape Town Club en om in die boonste onthaalareas ontvang te word moet jy lid wees van die eksklusiewe klub. Almal is egter welkom vir drankies op die stoep en in die restaurant. Sit onder die heerlike koel bome en bestel eksotiese skemerkelkies uniek aan The Stack. Vra vir ’n staptoertjie deur die gebou en verlustig jou in die juweelkleure van die sitkamers, oorspronklike kuns wat ook gereeld geruil word en neem ’n foto onder die bont buffelkop van rubberplakkies bokant die kaggel. Sluit die aand af met ’n gourmet ete in die restaurant en ’n looplikeurtjie in die onderste kroeg – eintlik te “grand” vir so ’n naam.

En nou vir something completely different maar… oooo so lekker!

Foto: thestack.co.za

5. Boeresjiek, Kiewietstraat, Okavango-afrit, Brackenfell Industriële gebied

Nee, moenie die rekenaar toeslaan nie, die lekkertes van die lewe lê dikwels opgesluit in die mees onwaarskynlike plekke.

Sonja Fourie se dekadente geskenke & koek-en-tee-plek is eintlik ’n “warehouse” vol outydse porselein, serpe, juwele, meubels, prente, blompotte en elke dekorstuk wat jy nooit eens geweet het jy MOET hê nie. Daar is ook die mooiste meters en meters uniek-gedrukte tafeldoeke, en elke week dek Sonja drie of vier nuwe tafeltemas vir spesiale vierings soos kombuistees of verjaardae.

Asof die dekor en huisware jou nie deurmekaar genoeg het nie, is daar ook ’n groot tafel vol koek en quiche met slaai. Elke koek lyk soos ’n skildery en selfs die kolwyntjies is amper te mooi om te eet. LW: amper …

6. Bistro Sixteen82, Steenbergpad, Tokai

Vat die M3 en mik in die rigting van Muizenberg. Verby Constantia en Tokai is die afrit na Steenberg Wynlandgoed met die heerlikste wyne, vonkelwyn en 1862 Bistro. Op ’n windstil dag sit jy op die stoep en tuur oor die wingerde, of andersins geniet jy bobaas cuisine in die restaurant. My persoonlike favourite is … allles op die spyskaart.

7. Kalkbaai-dekadensie

Om een plek hier uit te sonder is moeilik, maar ek het definitief ’n paar witbroodjies. Gepraat van brood: Olympia Bakkery het onpaar stoele en lendelam tafels, maar hier koop jy die heerlikste brode of smul aan wat ookal op die spyskaart is vir die dag.

Kalkbaai is besaai met quirky winkeltjies vol antieke boeke, ou LP’s, snuifblikkies, wierook en kopbeenkerse. Parkeer enige plek en maak seker jy stap die straat op en af.

’n Besoek aan Kalkbaai is ’n mors van tyd as jy nie by die hawe wag vir die vissersbote om in te kom en iets koop vir die kole nie.

Sluit die dag hier af met skemerkelkies by Cape to Cuba. Die kroeg se vloer het wit seesand en ’n stoepie wat reg langs die treinspoor hang. Stap deur na die restaurant en toets die reuse swaai in die middel van die vloer. Die dekor is vol helder stoele en over the top kristalkandelare. Teen die mure pryk ikone, en buite wag een van die dissipels jou in met sy sementkleed.

Cape to Cuba (foto: facebook)

8. Silo Hotel, V&A Waterfront

Vars gebou met vyfsterstatus en ’n dakkroeg met ’n 180 grade uitkyk op Tafelberg, die res van die hawe, en in die vertes stippellyngeboue van Bloubergstrand. Die Willaston Bar bied ligte etes met turkoois fluweelbanke en art deco-lampe. As jy vooraf bespreek, kan jy die dakkroeg natmaak met ’n skemerkelkie of selfs Dom Perignon.

9. Props to the Stars, Soutrivier

Oukei … hierdie is nou nie almal se geroeste koppie nie, maar as jy ’n kykie in die lewe van die filmwerêld wil hê, is dit die plek. Elke denkbare en kitsch prop wat nog ooit benodig is vir ’n filmstel of opvoering is hier te kry. By die ingang staan ’n vliegtuig, olifanttande en duisende rolle seemanstou. Binne is drie reuse sale vol opgestopte bokkoppe, geroeste winkeltrollies, plastiekvrugte en rakke vol bakke en huisgereedskap uit enige denkbare era.

10. First Thursdays – middestad Kaapstad

As jy dit so gelukkig tref om Kaapstad op die eerste Donderdag van die maand te besoek, is alle kunsgalerye oopgegooi vir die aand. Die middestad trek ’n feestelike baadjie aan en as jou voete seer geloop is, kan jy musiek en ’n Jelly Baby cocktail by die Tjieng Tjieng Bar geniet saam met die hipsters van die Kaap.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.