kategorieë: ReisOntspanning

Kaapstad, Port Elizabeth en Durban: reis slim

Tydens die Desembervakansie raak Suid-Afrika se kusstede oorvol. Luane Lavery, handelsmerk-kommunikasiebestuurder van British Airways en kulula.com, het blink planne vir aktiwiteite en kuierplekke wat jou meer leefruimte kan gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Oorweeg dit om na jou bestemming te vlieg en daar ’n voertuig te huur. So spaar jy stresvolle ure agter die stuur, en kom jy meer uitgerus by jou vakansieplek aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kaapstad

Selfs wanneer julle met jul eie motor kus toe ry of een daar huur, gaan jy met verkeersopeenhopings te doen kry. Span die motor vir langer ritte in en gebruik openbare vervoer vir korter afstande. Die doeltreffende MyCiti blits-busstelsel in Kaapstad werk met ’n veegkaart (swipe card) en op die meeste roetes is daar elke vyf minute ’n bus. Anders as die stad se treinstelsel is die busse betroubaar en veilig, en die toegewese buslane verseker vinnige, maklike toegang tot uithangplekke en besienswaardighede soos die Bo-Kaap, Distrik Ses of die Kompanjie Botaniese Tuine; Kampsbaai, Llandudno, Seepunt en Big Bay se strande; en saans Mouille- en Groenpunt of Kloof- en Langstraat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op die meeste roetes is daar elke vyf minute ’n bus

Neem byvoorbeeld die bus na die V&A Waterfront en eet daar ontbyt. Besoek ’n strand, gaan na Melkbosstrand of Houtbaai vir middagete, neem vlieërski-lesse by Blouberg, en neem dan ’n bus na die Tafelberg-kabelkarstasie vir ’n skemerkelkie op die kruin (sien myciti.org.za)

As jy eerder self bestuur, kan jy uit lieflike, wêreldbekende roetes kies. Dink maar aan Chapman’s Peak, die Drive op die Atlantiese kusstrook, Clarens Drive op die Valsbaaikus, en die heropende M4-roete al langs die suidelike skiereiland na Simonstad en Kaappunt.

Port Elizabeth

Hier is talle aanloklikhede soos warm seewater, gasvrye mense en markte, maar bo en behalwe die populêre strande wag daar versteekte juweeltjies. Jy kan byvoorbeeld ’n dag by Sardiniabaai deurbring – swem, snorkel, en lekker rondlê. Weens die verskuiwende sandduine moet strandgangers ’n paar honder meter van die parkeerplek loop, dus mag daar minder mense wees as in die stad. Jy kan ook ’n deel van die Sacramento-staproete (of die volle roete) aandurf. Mik daarna vir die Cork Wine Garden in Walmer en beloon jouself met tapas en uitsonderlike kase, brode en vleise.

Durban

Nes Port Elizabeth is Durban se water heerlik warm, en baie Gautengers stroom hierheen vir die Kersvakansie. Dit beteken die paaie, winkelsentrums en strande wemel van mense. Oorweeg Luane se voorstelle:

  • Die Kwa-Zulu Natalse Kunsvereniging in Glenwood word as die provinsie se voorste kontemporêre kunsgalery beskou. Die sterk fokus op plaaslike kuns en ontwerp stimuleer die plaaslike kunsgemeenskap en die winkel bied handgemaakte ware wat hoë kwaliteit huis- en juweliersware, klere en speelgoed insluit. Die Arts Café bedien ontbyt en middagete (sien www.kznsagallery.co.za).
  • Die Umhlanga Strandmeer Natuurreservaat is net 26 hektaar groot, maar die tuiste van honderde dier- en voëlspesies. Daar is daagliks begeleide staptoere deur die woud na die duine en strand, en mooi piekniekplekke.
  • Giba Gorge naby Pinetown bied onder meer ’n bergfietsroete en roetes vir fiets- en perdry-entoesiaste. Loer in by die restaurant, die Stockville Rd Kitchen (sien gibagorge.co.za).
  • Noord sowel as suid van Durban is daar ’n hele verskeidenheid mooi strande. Probeer Blythedale-strand, Salt Rock, en Ballito-baai.
Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.