Resep deur Rediscover Dairy.
Bestanddele
Brood
- 250 g koekmeel
- 150 g mieliemeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel grasuie, fyngekap
- 3 suikermielies, van die stronk afgesny (of een blik heelpitmielies)
- 200 g cheddarkaas, gerasper
- 300 ml karringmelk of amasi
- 2 eiers
- 115 g botter, gesmelt
Atjar-botter
- 1 eetlepel mango-atjar
- 80 g botter, versag
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer ’n broodpan met bakpapier uit.
- Meng die meel, mieliemeel, bakpoeier, sout, grasuie, mielies en kaas in ’n bak totdat dit goed gekombineer is.
- Meng die karringmelk, eiers en gesmelte botter in ’n aparte bak en klits tot glad.
- Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel en giet die karringmelkmengsel daarin. Roer liggies totdat alles net-net gemeng is – moenie oormeng nie.
- Giet die beslag in die voorbereide broodpan en maak die oppervlak gelyk.
- Bak vir 50 minute.
- Terwyl die brood bak, berei die atjar-botter voor deur die botter vir sowat 2 minute te klits totdat dit lig en romerig is. Roer dan die mango-atjar by.
- Bedien die brood warm met die atjar-botter en ekstra kaas.
Lees ook: Gebakte appeltert
