Kamers/Makers by Blaauwklippen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Kamers-span het ’n groot samewerkingsprojek met Reach for Recovery gehad, omdat Oktober ook Borskanker-bewustheidsmaand is. Hul veldtog was “Punch for pink” en ’n treffende uitstalling met tientalle pienk bokshandskoene het besoekers net ná die ingang verwelkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Kamers-span het ’n groot samewerkingsprojek met Reach for Recovery gehad, omdat Oktober ook Borskanker-bewustheidsmaand is. Hul veldtog was “Punch for pink” en ’n treffende uitstalling met tientalle pienk bokshandskoene het besoekers net ná die ingang verwelkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kamers/Makers het ook twee modeparades met borskanker-oorleweraars ten bate van Reach for Recovery gehou.

Besoekers kon vir die duur van die fees onder die reuse ou bome op die geskiedkundige landgoed met ’n glas wyn, gin, vonkelwyn of ander drankies ontspan en deur die stalletjiehouers se kreatiwiteit inspireer word, terwyl die kosstalletjies die mae volgehou het.

Die blomfeetjies Helene du Plessis en Annerine du Plessis, het almal se groen vingers laat jeuk en verseker dat baie plante verkoop is.
Die span van Koppieteefontein is van links die sanger Jak de Priester, Michelle Roux en Annette Liebenberg.

Verskeie pryse is aan die stalletjiehouers toegeken en deur René Groenewald, produk-ontwikkelaar en betrokke by innovasie by Woolworths, beoordeel. Beste Produk: NinaSkep leerprodukte; Beste Handelsmerk (Branding): Fieldbar; Innovasie-toekenning: Elmarie Berry; Spangees: Billynow; Beste stalletjie: @dorandkieobjects; Volhoubaarheidstoekenning: Crosspolynations weefprodukte en Beste Nuweling: Igoti  Décor.

Hetta van Deventer-Terblanche, die bekende koshistorikus en TV-persoonlikheid, klink ’n glasie Two in a bush rooibostee ysdrankie.

Channé Altun van Aile Handmade se interessante potplantrakkies was baie gewild.
Klere was een van die groot trekpleisters.
Blomme maak alles mooier.

As die lewe jou suurlemoene gee, drink ’n G&T of stal hulle net mooi uit op ’n sementhand van EatABit.
Veelkleurige vrugtebakke of muurbehangsels gevleg uit telefoondraad, kikker sommer enige vaal hoekie op.

Nell-Louise Pollock van Mending Threads noem haarself ’n Craftivist – iemand wat hul aktivisme deur handwerk demonstreer – en het tydens Kamers/Makers aan haar projek, ’n ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die vroue en kinders wat die afgelope jaar aan geslagsgebaseerde geweld gesterf het, borduur. Sy voltooi dié projek na ’n jaar op 25 November 2022, nadat sy dit verlede jaar op die eerste dag van die 16 Dae van Aktivisme-veldtog begin het.

Elmarie Berry, kosblogger en -stilis en ook skrywer van die kookboek, Kosbaar, het die Innovasie-toekenning ontvang.
Margot Saunders van Igoti Décor van Gqeberha het die toekenning vir Beste Nuweling ontvang.
Kunstenaars kon aan besoekers wys hoe hul kleurvolle kunswerke sorgsaam met die hand gemaak word.

Kamers/Makers bied waarlik iets vir elke smaak.
Die toekenning vir Beste Handelsmerk (Branding) is aan die oulike retro koelbokse, Fieldbar, toegeken.

Die interessante name van Therapeutix se kerse, het my oog gevang. Wie wil nou nie ’n kers met die woorde “Please resend with attachment” of “As per my previous email” of “It’s too people-y outside” op jou tafel sit vir lekker ete-gesprekke nie?

Die laaste Kamers vir 2022 word van 29 November tot 4 Desember by St. Davids School in Sandton gehou. Bespreek by webtickets of kry meer inligting by www.kamersmakers.com

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

13 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

16 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

20 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.