kategorieë: Ontspanning

Kanonkop se jongste Paul Sauer nou beskikbaar en Cab kom

Abrie Beeslaar, keldermeester by Kanonkop, sê: “Die diep robynkleur word aangevul deur ’n digte en saamgevlegte kompleksiteit van bewerkte grond, neutmuskaat, bouquet garni, met klassieke sederhout- en rooi- en swartvruggeure. Die wyn is afgerond met ’n elegante struktuur, en die netjiese tanniene skep saam met nuwe eikehout die perfekte agtergrond om die komplekse spektrum vruggeure ten toon te stel. Die nasmaak is tans jeugdig en lank.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Die bekende kanon op die R44 buite Stellenbosch het baie betekenis.

Indien dit reg gestoor word, sal hierdie wyn goed vir 20-25 jaar  verouder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy sê voorts die 2019-oesjaar omskep die uitdagings van die 2019-seisoen in ’n wyn wat gefokusde afronding uitstraal. Die oes in 2019 het steeds die uitwerking gewys van die Kaapse droogte, ten spyte daarvan dat die vorige winter met die eerste beduidende reënval in vyf jaar geseën was.

Die Paul Sauer 2019 se diep robynkleur word aangevul deur ’n digte en saamgevlegte kompleksiteit van bewerkte grond, neutmuskaat, bouquet garni, met klassieke sederhout- en rooi- en swartvruggeure.

Gaste het op die dag 11 wyne geproe: die Kanonkop Kadette Cape blend 2014 en 2019; die Kanonkop Pinotage 2006, 2012 en 2020; die Kanonkop Cabernet Sauvignon 2003, 2010 en 2018 (wat op 1 Oktober vrygestel word) en die Kanonkop Paul Sauer 2006, 2014 en 2019.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Altesaam 11 wyne is geproe.

Die plaas is regtig genoem na ’n koppie waarop ’n kanon in die 1700’s gestaan het wat gebruik is om mense van skepe se aankoms in die Tafelbaai-hawe te laat weet.

Abrie is maar die derde wynmaker in die landgoed se geskiedenis en vier vanjaar sy 21ste jaar op die plaas.

Hy sê toe hy in 2003 aangesluit het, was die Pinotage en Paul Sauer wyd bekend. “Die werk wat nodig was, was op die cabernet sauvignon en Kadette se wingerde. Die plaas se hele aanbieding moet van uitstaande gehalte wees, dit help nie jy maak goeie pinotage, maar die ander wyne is nie so goed nie.

“Ons het deur die jare baie werk gedoen om veral die cabernet sauvignon-wingerde se leeftyd te verleng. Baie peste en plae val dié wingerde aan.”

Abrie Beeslaar is maar die derde wynmaker in die landgoed se geskiedenis. Hier staan hy by skilderye van hom en sy twee voorgangers, Beyers Truter en Jan “Boland” Coetzee.

Hy het vertel dat Kanonkop by oop top-fermentasie bly en dis kenmerkend van die plaas. “Die grootste voordeel hiervan is die geweldige interaksie met die druiwe. Jy sien en ruik die druiwe. Jy kan die ekstraksie baie fyn bestuur. Dit laat ook baie suurstof in die wyn en dit help met goeie veroudering.

“Die balans en struktuur is ook kenmerkend van ons wyne, of dit jonk of oud is. Ons is bekend vir ons eikehout-veroudering en koop jaarliks 600 vate aan. Ons gebruik meestal Franse vate, maar koop  ook ’n bietjie Amerikaanse eikehout.”

Abrie vertel dat daar internasionaal toenemend na vroeg rypwordende variëteite gekyk word. Dis variëteite wat nie so blootgestel is aan uiterse klimaatswaaie nie. Pinotage is een hiervan. Dit hanteer ook stres beter.

“Ons is verby die stadium van wat ‘tipies’ pinotage is. Ons is nou by wat ’n goeie gehalte-rooiwyn is. Jonger pinotage kan baie oordadig en vertonerig wees. Ouer pinotage is baie meer geïntegreerd.”

Die geleentheid is met die proe van drie Paul Sauers afgesluit.

Abrie het vertel: “Paul Sauer-wingerde is op verweerde graniet-, Hutton- en Clovelly-gronde geplant, wat destyds geklassifiseer is as te swak vir wingerdverbouing en meer geskik vir weiding vir skape is. Gelukkig het oom Jan Boland Coetzee gesê ons is wingerd- en nie skaapboere nie.” Jan Boland was die eerste wynmaker op die plaas.

Paul Sauer, ’n Bordeaux-versnit, se 2019-oesjaar is pas vir verkope vrygestel, nadat dit vir twee jaar in eikehout verouder is.

“Elke jaar wat jy langer hier is, kan jy beter besluite neem op grond van wat jy die vorige jaar gesien het,” het Abrie afgesluit.

Die Kanonkop 2018 Cabernet Sauvignon word op 1 Oktober vrygestel.

Die Kanonkop 2018 Cabernet Sauvignon word op 1 Oktober vrygestel.

Woorde: Maryke Roberts

Foto’s: Clifford Roberts

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.