kategorieë: KalenderOntspanning

KANSA-tee Bloemfontein 2019

KANSA-tee Bloemfontein 2019. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

KANSA-tee Bloemfontein 2019 in samewerking met SPAR

KANSA-tee Bloemfontein 2019

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die jaarlikse KANSA-geldinsamelingsprojek wat rooi rose saam met verskeie merkwaardige borge aanbied, vier vanjaar sy 38ste bestaansjaar. Reeds meer as drie dekades al bied rooi rose ’n jaarlikse geleent-heid vir KANSA-ondersteuners en kankeroorwinnaars om hul solidariteit in die stryd teen kanker te toon.

Hierdie projek samel geld in vir kankernavorsing en be-vorder die bewusmaking van kanker, en deur aan tafel te sit by hierdie lieflike oggendtee in Bloemfontein, lewer jy ’n noodsaaklike bydrae.

Vanjaar kuier ons op die pragtige Monte Bello Estate met vermaak deur topkunstenaars.

Die gewilde skrywer Madelein Rust is vanjaar ons gasspreker. Borskanker is in 2015 by haar gediagnoseer en sy is deur ’n mastektomie, chemoterapie en bestraling. In daardie jaar het sy vir rooi rose ’n blog geskryf oor haar ervarings as kankerstryder, sy het leer tango, as motiveringspreker opgetree en haar derde spanningsverhaal voltooi.

Lees ook: Boekuittreksel uit Kanker Schmanker deur Madelein Rust

Foto: Verskaf

Die bekroonde sanger, liedjieskrywer en verhoogpersoonlikheid André Schwartz gaan ons gaste meevoer. Die slegte nuus van motorneuronsiekte (MNS) het nie sy moed of vurige persoonlikheid beïnvloed nie, maar hom eerder aangespoor om elke dag voluit te lewe en nog harder te werk om sy passie vir musiek uit te leef.

Lees ook: 5 simptome wat almal moet weet oor Motorneuronsiekte

Foto: Verskaf

Die bekende en gewilde televisie-aanbieder Rozanne McKenzie is die seremoniemeester en gaan sorg dat sake glad verloop. Dié aanbieder van onder meer Nuusdag, Nasie in Gesprek en Geldhelde het verlede jaar haar eie maatskappy, Rozanne McKenzie Media, gestig.

Foto: Verskaf

Jy kan wen!

Bring ’n rand of twee saam vir die lootjies wat jy op die dag kan koop. Daar is hope lekker pryse op die spel!

KANSA-tee Bloemfontein 2019

Meer besonderhede oor die KANSA-tee Bloemfontein 2019

Datum: Saterdag 14 September 2019
Tyd: 09h00 vir 09h30
Plek: Monte Bello Estate, Bloemfontein
Donasie: R220 per persoon wat deur ’n gasvrou uitgenooi word, of ’n tafel vir ander gaste dek
Tema: Blom in volkleur

Vir besprekings en inligting oor die verantwoordelikhede van ’n gasvrou, kontak HJ Botha by 082 9622 898 of Johan Weyers by 083 707 8007 / 051 444 2580. E-pos jweyers@cansa.org.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.