kategorieë: Ons menseBekendes

Karen Zoid oor haar jongste album

Karen Zoid het op Vrydag, 11 Augustus 2017 haar jongste album, Op Die Oomblik – Deel Een, op iTunes uitgereik. Sy het ook op 25 Augustus iets interessants uitgereik – dié album as visuele album. Dit sal vanaf 1 September 2017 ook in winkels beskikbaar wees. Karen is die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat so iets vervaardig. Ons het met haar gesels oor die nuwe album, wat die visuele album behels, en hoekom sy gereeld saam met haar vriende musiekmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waaroor gaan jou nuwe album en die liedjies wat dit bevat?

OP DIE OOMBLIK is die eerste deel van drie verskillende hoofstukke in my nuwe liedjieboek. Ek is tans baie geïnteresseerd daarin om oomblikke te probeer vasvang. Die lewe is so vinnig en ’n mens kan nie altyd byhou om alles te verwerk nie. Ek wil die oomblik vasvang al weet ek dit is onmoontlik. Ek wil dit beskryf en verken en ten volle ervaar. Dis nie net ons musiekwêreld wat in ’n ‘fast- track -enkelsnit-era’ is nie: die hele wêreld is eintlik ook. Iemand sê iets in Amerika en dit affekteer die hele Midde-Ooste. Oombliklik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy is die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n visuele album op iTunes vrystel. Vertel ons meer.

Die album bevat tematiese video’s vir elke liedjie en hierdie video-album kan dan van iTunes afgelaai word. Ek was verstom toe ek die eerste keer ’n visuele album van ’n internasionale kunstenaar op iTunes gesien het. ’n Mens het skielik toegang tot ’n hele ander wêreld op jou slimfoon waarin die songs hulle stories nou ook op ’n virtuele manier kan vertel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Visuele albums dateer so ver terug as The Beatles in die sestigerjare met A Hard Day’s Night. Dit het vanaf 2016 ’n meer gewilde manier geword om albums op te neem, danksy die feit dat aanhangers dit nou vinnig kan bekom deur middel van hul slimfone. Internasionale kunstenaars wat onlangs visuele albums uitgereik het sluit Beyoncé, Drake en Brad Paisley in.

Wat het jou laat besluit om dit te doen?

Ek het dadelik hiervan gehou en wou graag vir my aanhangers iets anders bied. Ons het baie tyd daaraan spandeer om hierdie visuele vertelling te verfilm. Ek het nog nooit so iets aangepak nie; dit was vir my en die Brainwave Produksie-span ’n groot avontuur.

Waaroor is jy die meeste opgewonde vir hierdie album?

Dit is my eerste Afrikaanse solo-album in ses jaar. Dit was vir my lekker om weer iets op my eie te doen.

Jy noem dat die lied, Vir Jou, ’n liefdeslied vir grootmense is, en dat mens eintlik eers ware liefde ken as jy al ’n paar myle saam geloop het. Wat het jy die afgelope ruk geleer oor die liefde, en hoe beïnvloed dit jou?

Liefde is ’n klaskamer. Party dae is jy die onderwyser en ander dae die student.

Het jou persoonlike lewe ’n groot invloed op hoe jy musiek skryf?

Natuurlik!

Aan die ander kant is die tweede liedjie wat jy vrygestel het, Dames en Here, baie “harder”. Waaroor handel dit en wat was jou inspirasies in dié liedjie?

My speech vir die Afrikaner in Suid-Afrika. Haha!

Waaroor handel Vonkelvrou?

Dis die verhaal van daai vrou wat ons almal ken …

Jy het die afgelope paar jaar met verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars gewerk: Francois van Coke, Khan Morbee, Zolani Mahola …

Om saam met vriende te kan speel en skryf is een van die grootste plesiere in my lewe. Dis ’n baie persoonlike en intieme ervaring en het nog altyd gelei tot verdieping in my verhouding met die betrokke persoon. ’n Mens maak jouself baie kwesbaar as jy sing so dis lekker as mens twee of meer is [lag].

Is daar enigiemand anders met wie jy graag ’n liedjie sal wil doen?

Daar is die heeltyd nog iemand.

Karen was ons voorbladgesig in April 2017. Loer hier agter die skerms.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.