kategorieë: OuerskapJou lewe

Karstoeltjies en kinderlewens

Mandy Lee Miller is ’n Kaapse ma, skrywer, aanlyntydskrifeienaar en ma-weesblogger (sien foto bo saam met haar dogtertjie, Charlotte Rose.) Mandy Lee voel so sterk daaroor dat kinders veilig moet wees in ’n motor dat sy op 18 Julie ’n landswye veldtog van stapel gestuur het. Dit duur 67 dae.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die Nelson Mandela-stigting beskryf die viering van Mandela-dag as ’n geleentheid vir mense om te besef hulle het die mag om van die wêreld ’n beter plek te maak. Dis ’n oproep tot aksie. Ons veldtog, #CarseatFullstop, is in pas hiermee. Elkeen kan die boodskap op hule sosiale netwerke deel en, wie weet, dalk ’n jong lewe red!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die veldtog vra mense ook om hul ou karstoeltjies aan Car Seats for Kids te skenk.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk na die feite

Volgens Mandy Lee spreek die feite vanself. “Motorongelukke is die vierde grootste oorsaak van onnatuurlike sterftes onder Suid-Afrikaanse kinders. En motorstoeltjies verminder die risiko van ’n sterfte met 71% vir babas en 54% vir peuters!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Tog word net 15% van ons kinders op die oomblik in motors in stoeltjies gesit. Hoewel daar verseker mense is wat nie die duurste stoeltjies kan bekostig nie, is daar baie opsies op platforms soos Gumtree.

“As dit nog steeds te duur is, kan jy by die NPO Wheel Well’s Car Seat for Kids-veldtog aanklop. Hulle versamel karstoeltjies in enige toestand en herstel dié wat hulle kan.”

Het jy geweet?

  • Dis onwettig om in Suid-Afrika rond te ry met ’n klein kind wat “los” rondskud
  • Kinders moet met hul rug na die voorruit ry tot op ten minste vier jaar
  • Alle kinders onder 1.5m – kinders steek tussen die ouderdom van 10 en 12 jaar hierdie merk verby – behoort in ’n booster seat te ry. ʼn Sitplekgordel is ontwerp vir ’n volwasse man langer as 1.5m.

“Deel hierdie inligting oral waar jy kan,” sê Mandy Lee. “As een ouer dit sien en voortaan sorg dat ’n kind veilig vervoer word, het jy dalk ’n lewetjie gered!”

Meer inligting by

www.carseatfullstop.org

support@carseatfullstop.org

Facebook

Twitter

Daar is ook ’n nuusbrief waarop jy kan inteken

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.