kategorieë: Skoonheid

Kate Winslet oor grimering en vroulikheid

Wat is jou skoonheidsroetine soggens en saans?
Soggens moet my skoonheidsroetine vinnig gebeur aangesien ek vroeg opstaan om die kinders betyds gereed te kry vir skool. Ek was gewoonlik vinnig met Lancôme se Mousse Éclat wat my vel vars en skoon laat. Daarna sal ek ’n klein hoeveelheid Visionnaire aanklad en onmiddellik Rénergie Multi-Lift (met SPF 15) aanwend.

Saans
was ek weer met die Mousse Éclat. Ek wend dan Rénergie Multi-Lift Redefining Beauty Lotion aan. Hierdie produk is slegs in Asië beskikbaar, of jy kan ’n vriendin vra om dit terug te bring van vakansie af. Laastens sal ek Rénergie Yeux Multi-Lift aanwend. Ek sal ook partykeer ’n klein hoeveelheid Absolute L’Extrait aanwend (dis elke keer ’n verwonderende oomblik).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe berei jy jouself voor vir die rooi tapyt?
Al drink ek oor die algemeen nie baie nie, sal ek ’n paar weke voor ’n rooi tapyt-funksie alkohol uitsny. Dieselfde geld vir sout. Dit kan jou oë baie pofferig maak! Ek probeer gewoonlik om vir ’n paar goeie gesigbehandelings te gaan. Ek eet ook ’n goeie ontbyt aangesien die gesellighede lank duur voordat jy enige kos kry!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe sal jy weelde beskryf?
Weelde of luuksheid is die tyd wat jy saam met jou geliefdes spandeer. Om te lag en aan te hou lag …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is op die oomblik jou luuksheid?
Die sosiale “in-lê” oor naweke!

Wat is jou definisie van elegansie?
’n Vrou wat selfvertroue en styl uitstraal sonder om te veel tyd voor die spieël deur te bring. Minimaal. “Less is always more.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat maak ’n vrou mooi en uniek?
’n Innerlike krag, ’n gevoel van wat sy in die lewe wil hê, die vermoë om dit alles bymekaar te bring en om alles vir almal te wees. Vroue is ongelooflik. Ons doen alles omdat ons kan, en omdat ons moet.

Hoe herstel jy van flugvlouheid?
Ek gaan slaap sodra ek die geleentheid kry en ek drink baie water. Maar, dit vat baie lank en dit word erger hoe ouer ek word!

Hoe sal jy jou karakter beskryf?
Ek het baie energie en ek kan nie stilsit nie. Ek is nuuskierig, ek is oop en ek is avontuurlustig.

Hoe sal jy jou styl beskryf?
Eenvoudig en sjiek (hopelik!) vir die rooi tapyt. In my daaglikse lewe dra ek baie serpe en stewels!

Waarsonder sal jy nie kan lewe nie?
My stem.

Wat is jou lewensmotto?
Ons het een lewe. Leef dit.

Jou grootste bron van persoonlike satisfaksie?
Om geboorte te gee.

As ’n vrou, wat is jou gunsteling herinnering?
Elke liewe Kersoggend …

Wat is jou gunsteling kleur?
Vir klere, swart. Vir die lewe, mentgroen.

Wie is op die oomblik jou gunsteling ontwerpers?
McQueen en Stella McCartney.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 days Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

3 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

3 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

3 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

3 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.