kategorieë: Bekendes

Kate Winslet: raakvatter

Kate Winslet speel nooit voorspelbare karakters nie; haar rolle is altyd uitdagend en inspirerend. Dis moeilik om ’n etiket om haar nek te hang. Sy speel altyd sterk vroulike karakters in verwikkelde situasies, en sy lyk formidabel op skerm. In die werklike lewe is sy vrolik en ontspanne, maar ’n raakvatter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wie is die morele kompas in jou lewe? Wie help jou om ’n beter weergawe van jouself te wees?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My seun Joe. Hy is net elf maar is ’n standvastige, kalm siel. As iets my pla, of as ek gefrustreerd is, sal hy sê: “Ma, bedaar. Alles sal regkom. Die dinge maak nie regtig saak nie. Gaan lê in ’n borrelbad.” Of “Wil jy hê ek moet jou voete vryf ?”

Soms wanneer ek advies nodig het, sal ek hom vra wat hy dink, en hy sal iets sê soos: “Goed, vertel my wat die probleem is. Wat is ons opsies?” As ek dit vir hom verduidelik, sal hy sê: “Wel, as jy dit so doen, kan dit vinniger gebeur, maar jy kan dalk voel jy het dit nie so deeglik gedoen soos wat jy wou nie.” Hy sal vir my die voordele en nadele van elke scenario gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En jou ander kinders?

My gesin is my lewe. Hulle hou my bestendig en gelukkig.

Twintig jaar gelede het jy in ’n klein fliek met die naam Titanic gespeel …

O, ja. Ek onthou (lag).

As James Cameron (die regisseur van Titanic) jou môre bel en vra of jy in die opvolg op Titanic sou speel, wat sou jy sê?

Nee, dit sal laf wees. Dit sal nie moontlik wees om ’n opvolg te maak nie (lag). Ek het darem al aan ’n trilogie gewerk (Divergent).Ek dink James is in elk geval te besig om dit te doen.

Wat is jou gunsteling-app op jou selfoon?

Ek het ’n tegnofobie. Ek breek selfone deur hulle net op te tel. Ek laat val gereeld my foon omdat dit voel asof ’n bom in my hand gaan ontplof. Ek hou van WhatsApp. Dis privaat en jy kan met groepe mense in verbinding bly – ek het ’n groot familie wat oral in die wêreld bly. Dit voel veilig om die app te gebruik. Ek hoop dit is!

Is jou kinders goed met rekenaars?

Hulle het nie rekenaars nie. Ons laat nie regtig rekenaars toe in die huis nie. My dogter, wat amper 15 is, het nou ’n iPhone gekry. Ek dink jy moet versigtig wees met tegnologie en kinders. Hulle raak nes grootmense so maklik “verslaaf ” daaraan. Ek wil hê hulle moet kinders bly en in die tuin speel. Dis ’n moeilike geveg vir ’n ouer, maar ek dink ons wen (lag).

Hoe voel jy oor mode?

Ek loop nou al die afgelope twintig jaar gereeld in ontwerpersklere op die rooi tapyt en was verbaas toe ek nou die dag besef hoe baie ek al oor mode geleer het. Ek is mal oor mooi klere, maar is een van daardie ma’s wat die kinders skool toe neem in haar oefenklere en teen drie-uur besef sy het steeds haar oefenklere aan (lag). Dis altyd lekker om New York toe te kom en weer my mooi klere aan te trek, want ek doen dit nie regtig by die huis nie.

Hoe bly jy gesond?

Ons bly in Engeland, net buite Londen naby die see. Daar is baie vars lug en dit maak ’n groot verskil aan ons lewensgehalte. Ek glo aan balans en ook glad nie aan eliminasiediëte nie. Sodra ek sê ek gaan ’n maand lank geen alkohol of suiker inneem nie, sal ek dadelik ’n glas rosé skink of ’n stuk koek eet.

Ek dink ’n mens moet leer om nie ’n vreemde verhouding met kos te hê nie. Dis vervelig en tydrowend om so te leef. Ek sal eerder saam met my seun ’n bal rondskop. Ek glo positiewe balans is die regte uitkyk. Dit hou my gelukkig. Ek drink baie water, maar ek dink dis omdat ek so baie vlieg. Ek hou nie regtig van water nie. Ek kry nou en dan ’n gesigbehandeling, maar dit gebeur al hoe minder. Ek het gister een gehad, en dit was die eerste keer in agt maande. Ek is nie goed met daardie soort goed nie (lag).

As jy iemand se assistent kon wees, wie sou dit wees? En as jy ’n assistent kon kies, wie sou jy kies?

Ek sou my dogter, Mia, as my assistent kies. Sy dink vooruit, is georganiseerd, verantwoordelik en bewus van alles wat om haar aangaan. Ek sou iemand soos Marlene Dietrich se assistent wou wees; iemand wat ’n uitsonderlike, maar ontwykende lewe geleef het. Sy was so ’n fassinerende, enigmatiese figuur.

Gebruik jy nog pen en papier?

Ek is altyd op soek na ’n pen of potlood (lag). Ek los orals notas. Notas vir my kinders, notas as ek moet weggaan. Ek hou ook daarvan om vir mense dankie- of verjaardagkaartjies te stuur. As ek ’n inkopielys of so iets op my iPhone maak, voel ek nie of ek dit ordentlik gedoen het nie.

Ek onthou dinge nie so goed as ek dit nie fisiek neerskryf nie. Wanneer ek lang stukke dialoog moet leer, toets ek myself deur dit uit my kop uit neer te skryf. Dis hoe ek weet of ek dit ken of nie. Dit werk beter as om dit op my selfoon te tik. Dus: Ek is ’n groot aanhanger van pen en papier.

Het jy ’n lewensfilosofie?

Nie regtig nie, maar ek glo dat die lewe kort is en jy weet nooit wat om die hoek op jou wag nie. Daarom maak ek die meeste van elke dag. Daar was tye in my lewe toe ek hard moes werk om die glimlag op my gesig te hou. Dis die moeilike tye wat my dankbaar maak vir my eie krag, vindingrykheid en positiwiteit. Ek glo daaraan om positief te wees.

Is jy ’n geduldige mens?

Nee, glad nie. Ek is baie ongeduldig. Ek wil hê alles moet nóú gebeur. Eintlik moes dit al gister gebeur het. Ek sal eerder drie uur vroeër vir iets opdaag as om in die verkeer te sit. Ek raak nie so ongeduldig met mense nie, wel met omstandighede, veral as ek weet ek kan dit vinniger doen. ’n Mens leef net een keer, daarom wil ek dinge gedoen kry. Met my kinders het ek al die tyd in die wêreld. Maar nie altyd vir ander mense nie. Ek is nie gemeen nie, ek is eintlik baie vriendelik (lag).

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.