kategorieë: Bekendes

Rachel McAdams: beginselvas

Rachel McAdams is ’n regte verkleurmannetjie. Op die skerm beeld sy dikwels die sterk, alledaagse vrou uit (Spotlight, True Detective) wat die werk gedoen kry. Maar sy kan net so maklik die glansryke godin speel (SouthPaw, Sherlock Holmes).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om te sê dat die fyn 37-jarige aktrise mooi is, is soos om te sê die lug is blou – dis voor die handliggend. Met onderhoude is sy nie skaam om kort rokkies te dra en haar voorkoms tot haar voordeel te gebruik nie. Sy vermy persoonlike vrae deur lang, ongevraagde antwoorde te gee oor die flieks waaraan sy werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy kon maklik die soetlief-titel by Julia Roberts oorgeneem het ná die fenomenale sukses van The Notebook, maar sy aanvaar nie rolle wat haar as ’n sekssimbool sou uitbeeld nie, anders as baie van haar tydgenote wat daarop staatmaak om sterstatus te bereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy iemand met wie jy kan praat as jy gestres of ongelukkig is?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek praat gewoonlik met my ma of my suster. Of met vriende. Maar ek is bewus daarvan dat my probleme nie so groot is nie. Daar is baie groter kwessies in die lewe wat ander mense nie onderkry nie. Ek probeer daarop fokus en dit help my nogal.

Glo jy ’n gesin moet saans saameet?

Ja, ons gesin het elke aand saamgeëet. Elkeen het sy spesifieke plek aan tafel gehad. Ek mis dit. Omdat ek so baie reis, eet ek baie uit. Die etenstafel is ’n goeie plek om meer oor die lewe te leer. Ek sien uit na vakansies wanneer ons weer kans kry om saam te eet. Wanneer ek by die huis is, kook ek graag vir mense.

Het jy ’n gunstelinggereg wat jy maak?

Ek is mal oor geroosterde hoender, dit lyk altyd indrukwekkender as wat dit regtig is. Dis nie moeilik nie, en mense hou altyd daarvan.

Hoe goed is jy met geheimhouding?

Ek verpes dit as iemand iets vir ander mense bederf. Wanneer ek draaiboeke lees, wil ek nie weet wie die ander akteurs is wat daarin speel, of wie die regisseur is nie. Ek wil nie deur enigiets beïnvloed word nie. Ek dink ek kan ’n geheim hou.

Jy bly in twee stede, Toronto en Los Angeles. Is dit moeilik om verhoudings te laat werk as jy baie moet reis?

My suster en van my beste vriende bly in Toronto, en ek voel soms of ek myself tussen die twee stede moet verdeel. Maar ek kry ook die beste uit albei wêrelde. Ek bly ses maande van die jaar in elke stad. My suster is pas getroud en ek kon ses maande lank saam met haar aan haar troue beplan.

Toe kon ek terugkom LA toe en weer my vriende hier sien. Gelukkig is mense altyd bereid om in LA te kom kuier. My ouers en my broer en sy vrou kom kuier gereeld. En danksy tegnologie is dit maklik om te gesels. Kanada is stil en rustig en dis goed om soms weg te kom van die gejaag van LA. Toronto is steeds my huis, dis waar my hart is.

Wat beteken dit vir jou om ’n sterk vrou te wees?

Ek dink ’n sterk vrou is gemaklik in haar eie vel. Sy kan met grasie en intelligensie leef en haar humorsin behou, maar altyd bly wie sy is.

Jou karakters is uiteenlopend, maar daar is altyd ’n innerlike krag wat deurkom. Waar kom dit vandaan?

Dis nie my bedoeling om die karakters sterk te maak nie.  Elkeen het haar eie probleme en moet iewers krag kry om aan te gaan en daardeur te kom. Die lewe is onvoorspelbaar. Vroue wat nie noodwendig sterk in ’n situasie voel nie, kan ’n goeie storie wees. My ma is ’n sterk vrou, maar sy is ook sag, kwetsbaar en vertroetelend. Ek dink dis waar ek geleer het hoe om sterk  te wees.

Oor watter eienskappe moet jou lewensmaat beskik?

Vriendelikheid, humor, buigsaamheid (lag). Nee, ek speel. Iemand wat avontuurlustig is.  Begin daar.

Is jy goed met geld?

My ouers het vir my ’n bankrekening oopgemaak toe ek baie jonk was. Ek het daarvan gehou om te sien hoe die geld groei wanneer jy spaar. Ek het selfs ’n gedeelte van my universiteitsgelde met my sakgeld betaal. Ek hou nie daarvan om angstig oor geld te voel nie, en het altyd ’n plan B.

Jy het in ’n vorige onderhoud oor jou passie vir tee gesels. Watter soort tee drink jy?

Ek kan heeldag oor tee praat (lag)! Maar ek sal nie. Toe ek klein was, het ons drie koppies tee per dag gedrink. My dokter het my aangeraai om eerder kafeïenvrye tee te begin drink. Dit was een van die hartverskeurendste dinge wat ek tot nog toe moes doen (lag). Gelukkig het ek ’n heerlike een gekry – wat baie moeilik was. Nou probeer ek aandele in die maatskappy koop omdat ek so baie daarvan drink (lag). Ek vat ’n sakkie tee oral met my saam.

Wat is die naam van dié tee?

Clipper Decaf. Ek is bang om mense daarvan te vertel, want ek wil nie hê hulle moet dit koop nie (lag). Dis regtig lekker. Dis ’n sterk, kafeïenvrye tee. En ek gooi baie melk daarby – “baba-tee” noem ’n mens dit.

Versamel jy iets?

Ek het baie goed wat sentimentele waarde het. Ek het pas die topverkoperboek The Life Changing Magic of Tidying Up gelees. Die skrywer sê jy moet aan alles in jou huis vat en jou afvra of dit jou gelukkig maak. Indien nie, moet jy daarvan ontslae raak. Ek het probeer, maar dis baie moeilik.

Ek het nog goed wat ek in my eerste toneelstuk gedra het, ook iets soos my ma se nagrok. Ek raak baie verknog aan goed. Ek is mal oor boeke. Die skrywer sê jy moet net ’n paar boeke hê, wat vir my ondenkbaar is. Ek kan my nie indink om my boeke weg te gooi nie. Maar ek werk daaraan. Ek het ook altyd baie plante om my. Ek hou daarvan om goed te laat groei.

Wie was jou rolmodel toe jy klein was?

Ek was mal oor ysskaats en het Elizabeth Manley bewonder. Ek onthou hoe ek wakker gebly het om te sien hoe sy die silwer medalje by die Olimpiese Spele wen. En sy het vreeslike verhoogvrees gehad. Ek kry dit ook soms. Daarom bewonder ek haar moed om aan te hou en haar ding te doen.

Aanvaar jy nee vir ’n antwoord?

As ek regtig in my mening glo, sal ek daarvoor veg. Ek sal vir nog ’n rondte teruggaan voor ek opgee.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.