kategorieë: HareSkoonheid

Kennerswenke vir gesonde hare

Wat is jou top haarwenk, die een belangrike “reël” waarsonder jy nie leef nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is uiters belangrik om ’n produk te gebruik wat beskerming bied teen hitte-stilering, veral as dit deel vorm van jou daaglikse roetine. Om in sulke gevalle nie ’n hitte-beskermer vir jou hare te gebruik nie, kan vergelyk word met die effek op jou vel wanneer jy vir drie ure in mid-Desember op die strand baljaar sonder sonblok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat lyk vir jou mooi by ’n vrou met lang hare?

Persoonlik is ek ’n groot aanhanger van die deurmekaar bolla hoog op die kroon – sag en romanties met ’n moeitelose en natuurlike voorkoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is die grootste haarfout wat ’n vrou kan maak?

Die meeste vroue verval in die gewoonte om hul hare dadelik met ’n borsel droog te blaas terwyl die hare nog sopnat is. Dit het egter ’n negatiewe effek op die haarskag omdat dit die hare uit hul natuurlike vorm rek, wat veroorsaak dat die hare hul elastisiteit, glans en volume verloor. Die beste stappe om te volg, is om die hare met die vingers tot so 80% droog te blaas en dan eers die borsel nader te trek vir finale stilering.

Wat is jou raad vir vroue met blonde hare?

Met blonde hare is een aspek uiters belangrik – behandeling! Blonde hare is ’n styl wat baie toewyding verg. Dit moet gereeld behandeling word om die hare aan te vul en dan natuurlik is dit bealngrik om ’n produk te gebruik wat sal help dat die kleur nie na ’n geel skakering vervaag nie.

Is daar tuisprodukte wat vroue kan gebruik vir sagter, gesonder hare?

Vir tuis-gebruik stel ek voor dat jy een keer per week opknapper vervang vir die gebruik van ’n masker. Maskers verhoog die hare se elastisiteit wat die hare sagter, blinker en met meer volume agterlaat.

Wat is die geheim vir ’n tydlose haarstyl?

Ek verkies die natuurlike, moeitelose voorkoms – vir beide mans en vroue. Stilleer-metodes waar meer natuurlike, sagte teksture gebruik word.cDie belangrikste effek van enige haarstyl is dat dit die persoon as geheel moet komplimenteer waar die haarstyl opsigself nie die hoof-aantrekking is nie maar eerder die kroon van ’n alreeds merkwaardige persoon.

Hier is ‘n lys haarbehandeling-aanbiedings vir ‘n welverdiende bederfsessie in die salon:

In Kaapstad:

Bederf jouself met ‘n was, ‘n Brazilian Gold Repair-masker en meer by Headmasters Group in Kenilworth.

Vind meer hier uit.

In Johannesburg:

Bederf jouself met ‘n haarbehandeling en stilerings-pakket, sowel as ‘n kleur-bewys by Classic Hair & Beauty Salon in Sandton.

Vind meer hier uit.

In Durban:

Bederf jouself met ‘n was, haarsny, behandeling en meer by Mode Hair & Beauty in Umhlanga.

Vind meer hier uit.

Lees ook: Bederf jouself hierdie Vrouemaand met spa-behandelings onder R 300

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.