kategorieë: InspirasieJou lewe

Kinderkanker: gevaartekens en hulp

Vertel ons meer van CHOC

Die CHOC Kinderkanker Stigting SA (die afkorting staan vir Childhood Cancer Foundation SA) is ’n nasionale organisasie wat in 1979 gestig is deur ouers van kinders wat met kanker gediagnoseer is. Hulle wou aandag gee aan die emosionele, finansiële en algemene swaarkry wat ouers en ander gesinslede ervaar en ook hulp bied aan kinders wat kankerbehandeling as buitepasiënt ondergaan. CHOC is gestig om hierdie ontberings te verlig. CHOC gee ondersteuning deur hul streekskantore en het akkommodasie-geriewe naby aan die staatsbefondsde pediatriese onkologie-eenhede in die metropolitaanse munisipaliteite van Kaapstad (Wes-Kaap), Buffalo City (Oos-Kaap), Johannesburg (Gauteng), Tshwane (Gauteng), eThekwini (KwaZulu-Natal), Mangaung (Vrystaat) en Nelson Mandelabaai (Oos-Kaap) en die hoofkantoor is in Rivonia.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Julle werk saam met die film, Nul is nie Niks nie, om bewusmaking oor kinderkanker te skep. Vertel ons meer hiervan.

CHOC was opgewonde om deel te wees van hierdie produksie deur Redhead. Pasiënte en oorlewendes by CHOC-huis in Gauteng kon die filmstudio besoek en ’n dag saam met die akteurs deurbring. Dit was ’n lekker dag vir hulle. Ons het die première van die film by die Ster-Kinekor-hoofkantoor gehou en het personeel en CHOC-vennote genooi om hulle bewus te maak van die rolprent asook van kinderkanker. Ons het ’n sosiale media-bewusmakingsveldtogt geloods om mense aan te moedig om na die film oor kinderkanker te gaan kyk. Ons “hoender van hoop” het ​​verskillende belanghebbendes besoek om meer bewustheid oor die film te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel CHOC gestig is om kinders met kanker te ondersteun, help julle ook hul ouers?

CHOC het ’n span maatskaplike- en hulpwerkers wat heeltyds psigososiale ondersteuning in die pediatriese onkologiewyke bied. Hulle lei gesinne en kinders deur die lang reis na herstel, dikwels in hul eie tale en met begrip van hul sosiale en kulturele agtergronde. In gevalle waar behandeling nie suksesvol is nie, verskaf CHOC ondersteuning in die rouproses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ouers en kinders word bemagtig om die impak van die diagnose en behandeling te hanteer en word tydens die proses ondersteun. As ouers beter begrip van, en insig in die siekte het, werk hulle beter saam met die behandelingspan en dit het ’n direkte impak op die suksesvolle voltooiing van die behandeling.

Baie kinders kom uit minderbevoorregte agtergronde en daar is ’n behoefte aan basiese benodigdhede, en in sommige gevalle ook voedingsondersteuning. CHOC verskaf sorgsakke aan alle nuut-gediagnoseerde kinders, asook kos, klere, ontspanningsaktiwiteite en vervoer na en van die hospitaal. CHOC bied ook, indien nodig, hulp met begrafniskostes.

CHOC sorg dat wyke se kantore gemaklik en kindvriendelik is. Dit sluit in dekor en voorsiening van ouderdomsgeskikte televisie, speletjies en speelgoed, met rus-areas en kombuise vir ouers. CHOC het ook Interactive Play ingestel, wat daarop gemik is om kinders te stimuleer terwyl hulle skool mis.

Hoe kan gesinne met ’n kind wat met kanker gediagnoseer is na CHOC uitreik vir hulp?

Hulle kan die CHOC-hulplyn skakel by 0800 333 555 of ons hoofkantoor by 0860 111 3500.

Hoe kan ander Suid-Afrikaners betrokke raak?

Ons vertrou op die vrygewigheid van korporasies en individue om ons belangrike werk te verrig om kinders met kanker en hul gesinne te help.

Mense wat wil help kan die webblad besoek en ons op verskillende maniere ondersteun.

Wat is die statistieke vir kinders met kanker in Suid-Afrika?

800/900 kinders word elke jaar met kanker gediagnoseer. In ontwikkelde lande is kinderkanker grootliks geneesbaar en is die algehele oorlewingsyfer tussen 70% en 80%, maar in Suid-Afrika is dit net ongeveer 50%. CHOC wil laasgenoemde syfer verbeter deur opleiding vir bewustheid vir vroeë opsporings. Vroeë diagnose bied ’n beter kans om genees te word en verhoog die oorlewingsyfer.

Is daar gevaartekens waaraan ouers aandag moet gee?

Saint Siluan se waarskuwingstekens vir vroeë diagnose van kinderkanker is:

SOEK – vroegtydig hulp as simptome nie weggaan nie.

OOG – Wit kol in die oog, nuwe blindheid, geswolle oogbal – gaan sien ’n spesialis.

KNOP – op die maag en pelvis, op die kop en in die nek, op die testes en kliere.

ONVERKLAARBARE – aanhoudende koors oor weke, gewigsverlies, bleekheid, moegheid, maklike kneusing en bloei.

PYN – in die gebeente, gewrigte, rug en maklike frakture.

NEUROLOGIESE SIMPTOME – verandering of agteruitgang in loop, balans en spraak, agteruitgang in mylpale, hoofpyn vir meer as ’n week met of sonder braking en vergrote kop.

HELP – bel 086 111 3500 of stuur ’n e-pos aan headoffice@choc.org.za

Hulplyn: 0800 333 555

Wat is die mees algemene kanker onder kinders?

In Suid-Afrika en wêreldwyd is die mees algemene kinderkanker leukemie.

Wat is jou, en CHOC, se boodskap vir kinders met kanker (en hul gesinne)?

Kinderkanker is nie ’n doodsvonnis nie, dit is geneesbaar en het ’n hoër geneesbare syfer wanneer dit vroegtydig opgespoor word. CHOC is daar om elke stap saam met jou te stap, ons is hier vir jou en ons hou meer as hoop lewendig.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.